The Lions next play Munster in Limerick, Ireland in the URC on 30 November 2024, kickoff is at 21:35 |
Garth straks gou ’n Bul |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39864 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 24-Jan-2019 at 5:27am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/garth-straks-gou-n-bul-20190123
Die oud-Haai Garth April sal ’n Bulle-kontrak kry as hy ’n mediese toets kan slaag. Daar word verneem die 28-jarige April sal aanstaande week in Pretoria aankom nadat hy sedert verlede seisoen vir die Shining Arcs in Japan gespeel het. Xander Janse van Rensburg, hoëprestasiebestuurder van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), het by navraag bevestig hulle kyk daarna om hul diepte op losskakel aan te vul. Marnitz Boshoff sukkel steeds met ’n kniebesering en sal na verwagting eers in April vir die Bulle Superrugby-diens kan doen. Die Springbok-losskakel Handré Pollard en Manie Libbok is die enigste ander losskakels in die franchise se groep. April het met groot belofte op die toneel verskyn en die Suid-Afrikaanse A-span in 2016 verteenwoordig. Hy was ook dikwels om die verkeerde redes in die nuus en was by die Haaie by meer as een geleentheid in die moeilikheid weens sy gebrekkige dissipline. Die Bulle speel Saterdag op Loftus se B-veld in ’n losmaker teen die Leeus en aanstaande Sondag teen die Stormers in Kaapstad. |
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39864 |
Post Options
Thanks(0)
|
>>>Hy was ook dikwels om die verkeerde redes in die nuus en was by die Haaie by meer as een geleentheid in die moeilikheid weens sy gebrekkige dissipline.
So geen gevaarligte wat flikker nie?
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |