Print Page | Close Window

Garth straks gou ’n Bul

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7269
Printed Date: 01-Jul-2024 at 2:22am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Garth straks gou ’n Bul
Posted By: Transvaal
Subject: Garth straks gou ’n Bul
Date Posted: 24-Jan-2019 at 5:27am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/garth-straks-gou-n-bul-20190123%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/garth-straks-gou-n-bul-20190123

Die oud-Haai Garth April sal ’n Bulle-kontrak kry as hy ’n mediese toets kan slaag.

Daar word verneem die 28-jarige April sal aanstaande week in Pretoria aankom nadat hy sedert verlede seisoen vir die Shining Arcs in Japan gespeel het.

Xander Janse van Rensburg, hoëprestasiebestuurder van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), het by navraag bevestig hulle kyk daarna om hul diepte op losskakel aan te vul.

Marnitz Boshoff sukkel steeds met ’n kniebesering en sal na verwagting eers in April vir die Bulle Superrugby-diens kan doen.

Die Springbok-losskakel Handré Pollard en Manie Libbok is die enigste ander losskakels in die franchise se groep.

April het met groot belofte op die toneel verskyn en die Suid-Afrikaanse A-span in 2016 verteenwoordig.

Hy was ook dikwels om die verkeerde redes in die nuus en was by die Haaie by meer as een geleentheid in die moeilikheid weens sy gebrekkige dissipline.

Die Bulle speel Saterdag op Loftus se B-veld in ’n losmaker teen die Leeus en aanstaande Sondag teen die Stormers in Kaapstad.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Jan-2019 at 5:28am
>>>Hy was ook dikwels om die verkeerde redes in die nuus en was by die Haaie by meer as een geleentheid in die moeilikheid weens sy gebrekkige dissipline.

So geen gevaarligte wat flikker nie?



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net