The Lions next play Munster in Limerick, Ireland in the URC on 30 November 2024, kickoff is at 21:35 |
Rassie lees Stormers die leviete voor |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39865 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 12-Mar-2019 at 2:11pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/rassie-lees-stormers-die-leviete-voor-20190312
Asof dit nie erg genoeg by hulle spook nie, het die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, die Stormers se hoëprofiel-spelers verlede week – op ’n Springbok-beplanningskamp in Kaapstad – ook herinner dat hulle skandes gemaak het in hul Superrugby-wedstryd teen die Bulle op Loftus. “Rassie het vir ons ’n bietjie die leviete voorgelees en gesê dat ons nie ons hande opgesteek het of fisiek genoeg teen die Bulle was nie,” het die Stormers se Springbok-binnesenter, Damian de Allende, onthul. Die Stormers is in daardie wedstryd op 16 Februarie met 40-3 afgeransel, maar het sedertdien die Leeus en Haaie geklop. “Hy was baie beïndruk met ons inklimspel teen die Leeus en Haaie, maar het gesê dat ons elke week ons standaarde hoog moet hou. Hy eis dit van elke Suid-Afrikaanse span – of ons nou teen mekaar of ’n oorsese teenstander speel,” sê De Allende. “Rassie wil hê ons moet voorlangs oorheers en as Bokke op en van die veld af deur ons voorbeeld lei.” Eintlik was dit nie vir Erasmus nodig om eens die nederlaag teen die Bulle te noem nie. “Die ouens praat steeds daaroor, want dit maak steeds seer. Hopelik kan ons dinge regstel wanneer ons weer teen hulle speel,” sê De Allende. Vir eers is die Jaguares Vrydagaand op Nuweland in die Stormers se visier. Volgens De Allende besef die Stormers dat die Suid-Amerikaners, wat weens ongemaklike reisreëlings verlede naweek ’n verswakte span teen die Leeus laat speel het, Vrydagaand se wedstryd as ’n potensiële weg-oorwinning geoormerk het. “Ons beskou dit as ’n toetswedstryd, want ons gaan teen ’n span vol Argentynse toetsspelers speel. Dit gaan taai wees, maar ons het ’n hele paar Springbokke in ons span. Ek bedoel dit nie op ’n arrogante manier nie, maar daar is etlike ouens in ons span met baie internasionale ervaring,” sê De Allende. “Hopelik kan ons ewe fisiek as hulle wees, want ons weet watter soort aanslag ons kan verwag. Hulle het vir die wedstryd teen die Leeus 11 veranderings gemaak en in die skrums gesukkel, maar ons weet die Jaguares gaan met alles kom wat hulle het. Dit gaan vir ons voorspelers ’n toets wees. Hopelik kan ons daar ons man staan en selfs beter as hulle wees.” Wat die pleidooi vir ’n bietjie meer vindingrykheid op die aanval betref – die Stormers het tot dusver nog net twee drieë gedruk, minder bresse geslaan en minder veld as enige ander span in die reeks met die bal in hand gewen – is De Allende filosofies. “Almal wil hardlooprugby speel, maar ons moet die balans vind. Ons is tans op die wenpad. Dis sinloos om tien drieë te wil druk en dan te verloor,” sê hy. “Dinge sal in plek val sodra ons ons ritme op die aanval vind. As ons met lelike rugby wen, is dit goed so. Ons sal dit vat en dan ook daaruit leer. Die belangrikste ding is om te wen.” |
|
Leeubok
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
Post Options
Thanks(0)
|
"Dis sinloos om tien drieë te wil druk en dan te verloor,” sê hy."
Ek het nooit gedink ek sal so iets se nie, maar ek stem saam Duh Duh!
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |