Print Page | Close Window

Al kry Leeus pak, is Swys trots op sy ‘welpies

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7811
Printed Date: 07-Jul-2024 at 12:48pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Al kry Leeus pak, is Swys trots op sy ‘welpies
Posted By: Transvaal
Subject: Al kry Leeus pak, is Swys trots op sy ‘welpies
Date Posted: 26-Apr-2019 at 7:05pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/al-kry-leeus-pak-is-swys-trots-op-sy-welpies-20190426" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/al-kry-leeus-pak-is-swys-trots-op-sy-welpies-20190426

Al moes hy hier uit Suid-Afrika op televisie kyk hoe sy span met 36-10 deur die Crusaders verslaan word in hul Superrugby-kragmeting, was die durf wat die welpies van die Leeus gewys het, vir Swys de Bruin ’n riem onder die hart.

“Die ouens het baie guts gewys en aangehou tot die einde. Dit was ’n goeie leerskool vir die jong manne gewees.

“Ons sal aanhou werk en hergroepeer vir hierdie laaste deel van die Super-seisoen,” het De Bruin gesê.

Hy is verlede week weens mediese redes terug na Suid-Afrika. Stres is by hom gediagnoseer en sedert sy terugkeer, kry De Bruin professionele hulp vir hierdie toestand.

“Ons het twee sagte drieë in die eerste helfte afgestaan en toe weer twee vroeg in die tweede helfte. Tog het die ouens enduit bly veg en nooit tou opgegooi nie,” sê hy.

Ivan van Rooyen, wat in De Bruin se afwesigheid in Nieu-Seeland die leisels geneem het vir die kragmetings met die Chiefs en die Crusaders, voel dit sal van groot belang wees as die jongelinge in die span iets geleer het uit hierdie nederlaag in Christchurch.

“Ons het vanaand (Vrydag) ’n 21-jarige en ’n 22-jarige in ons voorry gehad wat teen basies die All Blacks te staan gekom het. As hulle iets wys geword het en ervaring kon opdoen, is dit vir my baie opwindend en dien ’n wedstryd soos hierdie beslis ’n doel,” vertel Van Rooyen. Hy het verwys na die jong plaasvervangers, Nathan McBeth en Jan-Henning Campher.

“Dit was ’n moeilike aand vir ons en hierdie is ook ’n baie moeilike plek om te kom speel. Dit is die soort van span (Crusaders) wat as jy foute teen hulle maak, laat hulle jou daarvoor boet.

“Ek is ook die tipe afrigter wat dinge vierkant in die oë kyk en konfronteer en ek wil leer uit sulke ervarings,” sê hy.

Die agtsteman en kaptein, Kwagga Smith, wat die leisels by die beseerde Warren Whiteley oorgeneem het vir dié wedstryd, voel hulle het ’n aantal kanse gehad, maar dit nie benut nie.

“Ons moet leer om meer te fokus. Hulle het sake in die skrums ontwrig en dit moeilik daar vir ons gemaak. Daardie afdeling van die spel was eintlik morsig,” reken Smith, wat ’n besielende vertoning gelewer het en die Leeus se uitstaande speler was.

Danksy die verrassende sege van verlede Vrydag oor die Chiefs, keer die Leeus darem nie met leë hande terug huis toe nie en het hulle vier uit ’n moontlike 15 ligapunte gekry in Australasië.

Hulle het volgende week ’n loslootjie, voordat die Waratahs uit Sydney die daaropvolgende Saterdag (11 Mei) op Ellispark gepak word.

Puntemakers:

Crusaders 36 (17): Drieë: Braydon Ennor, Sevu Reece (2), George Bridge (2). Doelskoppe: Richie Mo’unga (4). Strafdoel: Mo’unga.

Leeus 10 (3): Drie: Ruan Combrinck. Doelskop: Elton Jantjies. Strafdoel: Jantjies.



Replies:
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 27-Apr-2019 at 7:14am
Ons vierde Australasië toer-wedstryd was eintlik die een teen die Sunwolwes.. dis hoekom ons en die sharks korter toere het die jaar. Dus het ons eintlik 9 punte op toer gevat terwyl die stormers net 5 gevat het. Die sharks het reeds 5 (Sunwolwes) en het drie toer-wedstryde oor en die bulle se vier toer-wedstryde lê nog voor. Ons is beter geposisioneer as wat mense besef, maar ons sal waarskynlik so vier van ons laaste 6 wedstryde moet wen om te kwalifiseer. 


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 27-Apr-2019 at 9:24am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Ons vierde Australasië toer-wedstryd was eintlik die een teen die Sunwolwes.. dis hoekom ons en die sharks korter toere het die jaar. Dus het ons eintlik 9 punte op toer gevat terwyl die stormers net 5 gevat het. Die sharks het reeds 5 (Sunwolwes) en het drie toer-wedstryde oor en die bulle se vier toer-wedstryde lê nog voor. Ons is beter geposisioneer as wat mense besef, maar ons sal waarskynlik so vier van ons laaste 6 wedstryde moet wen om te kwalifiseer. 
Nie so daaraan gedink nie, t.o.v die toer. Ek glo as ons 5 van ons laaste 6 games wen sal ons 'n tuis kwart-eind kry.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-Apr-2019 at 11:33am
Ek is nie te bekommerd oor die uitspeel rondtes nie. Hopelik sal ons dit maak, maar ons almal weet hierdie is nie n kampioen span nie. Sal nooit die saders in NZ gaan klop nie. Ek wil net he ons moet nou aanhou wen en die beste SA span bly


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 27-Apr-2019 at 12:40pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ek is nie te bekommerd oor die uitspeel rondtes nie. Hopelik sal ons dit maak, maar ons almal weet hierdie is nie n kampioen span nie. Sal nooit die saders in NZ gaan klop nie. Ek wil net he ons moet nou aanhou wen en die beste SA span bly
Ja, ons moet ons coference wen, dan wen ons darem iets, al beteken dit nie veel...


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 27-Apr-2019 at 2:59pm
Om die uitspeel-rondtes te haal beteken baie vir die Unie en is belangrik vir borge. Emirates borg verval hierdie jaar.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net