Print Page | Close Window

Leeus nou ook sonder Marx

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7787
Printed Date: 05-Jul-2024 at 4:42pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Leeus nou ook sonder Marx
Posted By: Transvaal
Subject: Leeus nou ook sonder Marx
Date Posted: 21-Apr-2019 at 12:24pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-nou-ook-sonder-marx-20190421" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-nou-ook-sonder-marx-20190421

Die Leeus speel hul laaste Super-rugbywedstryd op hul oorsese toer sonder hul inspirerende Springbok-haker, Malcolm Marx.

Dié stewige Bok-haker word die vyfde lid van die Leeus-groep die afgelope klompie dae wat terugkeer Suid-Afrika toe. Hy volg kort op die hake van die hoofafrigter, Swys de Bruin (stres), die verdedigingsafrigter, Joey Mongalo (skuldigbevinding aan onsedelike aanranding), Courtnall Skosan (pa se siekte) en die jong losskakel Gianni Lombard (kniebesering).

Marx se terugkeer is om ’n ruskans te kry en die Springbok-protokol te volg.

Jan-Henning Campher is die nuwe haker wat hom by die span aansluit en hy sal waarskynlik op die plaasvervangerbank begin, met Sean Reynolds wat hom ook in Christchurch by die span sal aansluit as plaasvervanger vir Lombard.

Marx sal ’n verlengde rustydperk hê, deurdat die Leeus aanstaande week met hul terugkeer na Suid-Afrika ’n loslootjie sal hê.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net