Print Page | Close Window

Bulle oorweeg kunsgras vir Loftus

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7571
Printed Date: 18-Jun-2024 at 3:48pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulle oorweeg kunsgras vir Loftus
Posted By: Transvaal
Subject: Bulle oorweeg kunsgras vir Loftus
Date Posted: 01-Mar-2019 at 8:08am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-oorweeg-kunsgras-vir-loftus-20190228%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-oorweeg-kunsgras-vir-loftus-20190228

Afgesien van die stryd om finansiële oorlewing, moet die besluitnemers by Loftus Versfeld boonop ook besluit hoe om dié “bejaarde” stadion te moderniseer.

Dit word selfs in die vooruitsig gestel dat dié stadion in Pretoria se bestaande grasoppervlak met kunsgras vervang word.

Die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) het in sy jaarverslag vir 2018 beklemtoon dat die “uitdagings van instandhouding” aangepak moet word om te voorkom dat die stadion se lewensduur nie drasties verkort word nie.

Dit kan uiteindelik daartoe lei dat die heiligdom van die Blou Bulle nie meer aan die vereistes voldoen om gasheer te speel vir rugby- en sokkerwedstryde nie.

Hugo Kemp, die Bulle se stadionbestuurder, sê die grasoppervlak moet opgegradeer word sodat daar meer wedstryde op Loftus gespeel kan word.

Hoewel die gras mooi lyk, moet ons deurgaans werk aan die oppervlak doen en het die grond ’n versadigingspunt bereik.

“Ons het nog ’n grondveld, wat in vergelyking met byvoorbeeld die Kaapstad-stadion outyds is.

“Hoewel die gras mooi lyk, moet ons deurgaans werk aan die oppervlak doen en het die grond ’n versadigingspunt bereik.

“Die risiko is daar dat ons iewers vorentoe probleme gaan kry.”

Kemp sê ’n kunsgrasveld is ’n droom van die Bulle.

“Jy gaan dan ’n rugbywedstryd op ’n Saterdag hê en die volgende dag ’n sokkerwedstryd kan aanbied.

“Ek dink dit is die pad vorentoe, gegewe die watersituasie in ons land. Dit is wel nie so eenvoudig nie.

“Al die kenners met wie ons al gepraat het is bekommerd oor hitte in Suid-Afrika. Hulle is nie oortuig dat kunsgras die hitte sal kan hanteer nie.”

’n Ander oorweging is om in ’n sogenaamde hibriede grasoppervlak – ’n kombinasie van gras en kunsgras – te belê.

Voor daar ’n besluit oor die veld geneem kan word, moet daar grootskaalse instandhouding gedoen word.

Volgens die BBRU se verslag moet daar “betonrehabilitasie” en werk aan die staalstrukture gedoen word.

“Die stadion kos baie geld. ’n Mens moet onthou dat die hoofpaviljoen in 1977 gebou is. Dít is in die stadium die groot prioriteit,” sê Kemp.

Daar gaan ook nuwe kragopwekkers geïnstalleer moet word, veral in die lig van Eskom wat nie kan waarborg dat hy gedurende wedstryde elektrisiteit kan verskaf nie.

Loftus se elektrisiteitstelsel moet opgegradeer word, die spreiligte moet nuwe gloeilampe kry en die grootskerms moet vervang word.



Replies:
Posted By: Leeubok
Date Posted: 01-Mar-2019 at 11:16am
Is dit dan nie genoeg as 15 bulle elke naweek op die veld kak nie?? Tongue


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 01-Mar-2019 at 11:42am
LOLLOL


Posted By: Blou
Date Posted: 01-Mar-2019 at 7:07pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Is dit dan nie genoeg as 15 bulle elke naweek op die veld kak nie?? Tongue
LOLLOLLOL



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net