Print Page | Close Window

Pote: Só knoop jy ’n Jaguar se stert

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7513
Printed Date: 23-May-2025 at 11:44pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Pote: Só knoop jy ’n Jaguar se stert
Posted By: Transvaal
Subject: Pote: Só knoop jy ’n Jaguar se stert
Date Posted: 21-Feb-2019 at 2:07pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/pote-so-knoop-jy-n-jaguar-se-stert-20190221%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/pote-so-knoop-jy-n-jaguar-se-stert-20190221

Speel vroeg die Jaguares se ondersteuners stil.

Die Bulle sal laat Saterdagaand (SA tyd) dié doel voor oë hê wanneer hulle in Buenos Aires teen die Suid-Amerikaners te staan kom in die Superreeks.

Pote Human, hoofafrigter van die Bulle, sê die skare in die Estadio José Amalfitani het al in die verlede gewys hulle kan ’n groot invloed op ’n wedstryd hê.

“As hulle ondersteuners agter die span begin staan en hulle raak opgesweep, speel die Jaguares met baie geesdrif en kom met alles vir jou. Jy moet ook die ondersteuners in toom hou.

“Hulle het verlede jaar toe ons daar gespeel het ná rustyd momentum gekry en ons van die veld af gespeel.”

Die Bulle is in daardie kragmeting uiteindelik met 54-24 afgeransel.

Ook die ander Suid-Afrikaanse franchises, die Leeus (35-49), die Haaie (13-29) en die Stormers (14-25), het in 2018 in die Argentynse hoofstad nederlae gely.

Die Bulle het trouens sedert die Jaguares se toetrede tot Superrugby in 2016 nog nooit in Buenos Aires gewen nie.

Human sê egter sy span het baie selfvertroue geput uit die sege oor die Stormers.

“Niemand het gedink dit sal so goed gaan nie.

“Ons het die regte spelpatroon teen die Stormers gehad en dit goed uitgevoer. Ons sal weer akkuraat en klinies moet wees.”

Die Bulle-kaptein, Lood de Jager, sê as hulle “kan aanhou om die belangrike dinge reg te doen, kan ons ’n moeilike span wees om te klop”.

“Ons het dit die afgelope naweek gesien, so ons weet wat die verwagtinge is Saterdag.”

Daar word reën voorspel en Human sê hulle is daarop voorbereid om meer takties te speel.

Handré Pollard, die Bulle se Springbok-losskakel, was Saterdag teen die Stormers ’n wedstrydwenner met sy skopvoet.

Selfs die heelagter Warrick Gelant het die Stormers ’n keer of wat laat omdraai en in hul halfgebied vasgepen.

“Dit sal nie ’n ontwrigting vir ons wees as dit op ’n taktiese tweestryd uitloop nie.

“Pollie (Pollard) is uitstekend op dreef en is in die stadium in ’n eie klas.”

Human sê die Jaguares sal ná hul tuisnederlaag in die eerste ronde teen die Leeus vuur en vlam wees om nie ’n tweede keer by die huis aan die verloorkant te wees nie.



Replies:
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 21-Feb-2019 at 2:23pm
Easy game man


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Feb-2019 at 2:24pm
Jammer dit skop so laat af...ek het maar gesukkel om wakker te bly vir die Leeus se wedstryd laas week so weet nie of ek die uithouvermoe gaan he om die een te maak nie....LOL!


Posted By: Rooibonte8
Date Posted: 21-Feb-2019 at 6:43pm
Dink die bulle gaan verloor



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net