Print Page | Close Window

Leeus-lostrio: Varkhonde of skouperde?

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7470
Printed Date: 23-Jun-2024 at 9:50pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Leeus-lostrio: Varkhonde of skouperde?
Posted By: Transvaal
Subject: Leeus-lostrio: Varkhonde of skouperde?
Date Posted: 16-Feb-2019 at 7:38am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-lostrio-varkhonde-of-skouperde-20190215%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-lostrio-varkhonde-of-skouperde-20190215

Blitsig, beweeglik en vaardig is hulle gewis, maar die Leeus se ligte lostrio moet Saterdag in Buenos Aires bewys hulle is fisiek genoeg om die Jaguares se swaargewig-agttal aan bande te lê.

Swys de Bruin, die Leeus se breier, het besluit om Marnus Schoeman en Hacjivah Dayimani as sy flanke saam met die kaptein en agtsteman, Warren Whiteley, in sy lostrio vir dié stryd in te span.

“Dit is jammer dat Kwagga (Smith) uit is met ’n kniebesering,” het De Bruin vroeër vandeesweek oor sy lostrio gesê.

“Ons het nietemin ’n uiters beweeglike lostrio. Marnus kom in vir Kwagga en hy het ons al in die verlede goed gedien. Warren en Hacjivah is albei blitsvinnig.”

Dít is weliswaar so, maar hulle kom te staan teen ’n lostrio van Javier Ortega Desio, Rodrigo Bruni en Pablo Matera – ’n uiters fisieke kombinasie.

Die Leeus sal dus geen ander keuse hê as om die wedstryd vinnig te maak nie, want in ’n loopgraaf-stryd, kan hulle beswaarlik bekostig om betrokke te raak.

Onder die vaste vyf, wriemel dit ook nie juis van die swaargewigte nie. Buiten nou natuurlik die ysterhaker Malcolm Marx.

Die slotte – Rhyno Herbst en Marvin Orie – is albei ook beweeglike spelers. Hul teenstanders, Tomas Lavanini en Guido Petti, is albei meer varkhond as skouperd.

Die Leeus kon die Jaguares nog nooit in Argentinië klop nie en daar is ’n verskeidenheid redes daarvoor. In 2016 het hulle ’n B-span soontoe gestuur, terwyl die Jaguares ook werklik ’n taai teenstander in hul agterplaas is.

Vanjaar kom die twee spanne in albei se eerste wedstryd van die seisoen daar teen mekaar te staan, so dit is ietwat moeilik om te voorspel wat gaan gebeur.

Die Jaguares het ’n gevestigde span, terwyl die Leeus strydrosse soos Franco Mostert en Ruan Dreyer verloor het.

Aan die ander kant, het opwindende jongelinge soos Dayimani baie om te bewys. Dié 21-jarige kantman kan een van die vondste van die jaar wees, as hy kan voortbou op sy puik Curriebeker-vertonings.

* Jaguares: Joaquin Tuculet, Bautista Delguy, Matias Orlando, Jeronimo de la Fuente (k), Ramiro Moyano, Joaquin Diaz Bonilla, Gonzalo Bertranou, Javier Ortega Desio, Rodrigo Bruni, Pablo Matera, Tomas Lavanini, Guido Petti, Santiago Medrano, Agustin Creevy, Mayco Vivas. PLAASVERVANGERS: Julian Montoya, Juan Pablo Zeiss, Enrique Pieretto, Matias Alemanno, Marco Kremer, Martin Landajo, Juan Cruz Mallia, Matias Moroni.

* Leeus: Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Nic Groom, Warren Whiteley (k), Hacjivah Dayimani, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Rhyno Herbst, Carlu Sadie, Malcolm Marx, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Frans van Wyk, Jacobie Adriaanse, Ruan Vermaak, Robert Kruger, Dillon Smit, Wandisile Simelane, Ruan Combrinck.

Skeidsregter: Mike Fraser.

Assistent-skeidsregters: Brendon Pickerill en Rasta Rasivhenge.

TV-skeidsregter: Santiago Borsani.

Afskop: 23:35 (SS 1).



Replies:
Posted By: GoLions
Date Posted: 16-Feb-2019 at 7:46am
8 Javier Ortego Desio - 1.93, 102 kg
7 Rodrigo Bruni - 1.85m, 110 kg
6 Pablo Matera - 1.93, 99 kg
5 Tomas Lavanini - 2.01m, 130 kg
4 Guido Petti - 1.94m, 108 kg
3 Santiago Medrano - 1.85m, 112 kg
2 Agustin Creevy - 1.81m, 110 kg
1 Mayco Vivas - 1.86m, 121 kg
Pack weight: 892 kg
Backrow: 311 kg
Tight 5: 581 kg

8. Warren Whiteley - 1.93m, 110 kg
7. Hacjivah Dayimani - 1.88m, 98 kg
6. Marnus Schoeman - 1.78m, 96 kg
5. Marvin Orie - 1.98m, 104 kg
4. Rhyno Herbst - 1.98m, 120 kg
3. Carlu Sadie - 1.80m, 125 kg
2. Malcolm Marx - 1.88m, 114 kg
1. Dylan Smith - 1.81m, 102 kg
Pack weight: 869 kg
Backrow: 304 kg
Tight 5: 565 kg

Hacjivah is blykbaar sterker as wat mens dink, "dead lift" omtrent dieselfde as Marx in die Gym

https://youtu.be/DezpRr1T2FU?t=603" rel="nofollow - https://youtu.be/DezpRr1T2FU?t=603


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 16-Feb-2019 at 9:22am
Sukkel om te glo Whiteley weeg 110kg, maar Whiteley is wel verbasend sterk in kontak vir 'n lenige ou.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Feb-2019 at 1:41pm
Hy is lank so kan glo hy weeg 110, ek was al 94 en hy is heelwat langer as ek



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net