Current log - 2019
Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7467
Printed Date: 22-May-2025 at 2:02pm Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com
Topic: Current log - 2019
Posted By: Transvaal
Subject: Current log - 2019
Date Posted: 15-Feb-2019 at 12:45pm
Team | P | W | L | D | F | A | PD | TF | TA | BP | Points |
---|
Crusaders | 16 | 11 | 2 | 3 | 497 | 257 | 240 | 73 | 31 | 8 | 58 | Hurricanes | 16 | 12 | 3 | 1 | 449 | 362 | 87 | 60 | 46 | 3 | 53 | Jaguares | 16 | 11 | 5 | 0 | 461 | 352 | 109 | 60 | 38 | 7 | 51 | Brumbies | 16 | 10 | 6 | 0 | 430 | 366 | 64 | 65 | 49 | 8 | 48 | Bulls | 16 | 8 | 6 | 2 | 410 | 369 | 41 | 42 | 50 | 5 | 41 | Sharks | 16 | 7 | 8 | 1 | 343 | 335 | 8 | 40 | 39 | 7 | 37 | Chiefs | 16 | 7 | 7 | 2 | 451 | 465 | -14 | 63 | 59 | 4 | 36 | Highlanders | 16 | 6 | 7 | 3 | 441 | 392 | 49 | 60 | 53 | 6 | 36 | Lions | 16 | 8 | 8 | 0 | 401 | 478 | -77 | 53 | 64 | 3 | 35 | Stormers | 16 | 7 | 8 | 1 | 344 | 366 | -22 | 34 | 46 | 5 | 35 | Rebels | 16 | 7 | 9 | 0 | 393 | 465 | -72 | 56 | 61 | 6 | 34 | Waratahs | 16 | 6 | 10 | 0 | 367 | 415 | -48 | 46 | 54 | 6 | 30 | Blues | 16 | 5 | 10 | 1 | 347 | 369 | -22 | 45 | 47 | 8 | 30 | Reds | 16 | 6 | 10 | 0 | 385 | 438 | -53 | 50 | 59 | 4 | 28 | Sunwolves | 16 | 2 | 14 | 0 | 294 | 584 | -290 | 34 | 85 | 4 | 12 |
|
Replies:
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 27-May-2019 at 7:39am
Persoonlik dink ek nie dis doom and gloom nie. Ons almal het geweet hierdie gaan 'n baie moeilike jaar wees en tog het ons span kompeterend gebly. Die meeste van ons het voor die seisoen gesê die groep sal goed doen om die uitkloprondtes te haal en dit is nog op die tafel. Ja ons moet SA spanne kan klop en ons het nog twee kanse om dit te doen.. twee wedstryde wat ons kan wen (ons begin goed lyk op die aanval). Die sharks het twee lang-afstand onderskep drieë gedruk wat die verskil was op die ou end. Behalwe vir die eerste 20 minute teen die sharks het ons goed gespeel en dit sonder Marx, Whiteley, Ross en met Sadie op die bank. Ons behoort ook die meeste van hierdie groep oor te dra na volgende jaar (met klomp oukies wat dan super rugby ervaring onder die belt het), anders as die sharks en die bulle wat geweldig baie kwaliteit spelers gaan verloor. Ons moet darem die groter prentjie ook kan sien. Laastens sal dit baie help met die onderhandelinge vir 'n nuwe borg as ons die uitspeelrondtes kan haal (al is dit in 8ste plek), net om te wys dat die Leeus nie gaan weggaan nie.. ons gaan 'n faktor bly.
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-May-2019 at 7:46am
Goue leeu ek weti hoe jy so positief kan bly nie. Ons het die Stormers, Hurricanes en Bulls oor. Op huidige vorm sal ons nie die stormers of hurricanes wen nie. Bulls miskien maar ek twyfel. Daar is gewys ons kannie teen fisiese spanne speel nie, en die bulls gaan ons ook dalk ore aansit in daai aspek. So daar is 'n groot moontlikheid dat ons NIE die uitspeel rondtes gaan haal nie.
En ek is nie so seker dat ons die meeste van die groep gaan behou nie. Ek sal baie bly wees as ons doen, maar ek dink 'n klomp senior ouens gaan aanbeweeg
|
Posted By: valie
Date Posted: 27-May-2019 at 7:49am
Goue Leeu wrote:
Persoonlik dink ek nie dis doom and gloom nie. Ons almal het geweet hierdie gaan 'n baie moeilike jaar wees en tog het ons span kompeterend gebly. Die meeste van ons het voor die seisoen gesê die groep sal goed doen om die uitkloprondtes te haal en dit is nog op die tafel. Ja ons moet SA spanne kan klop en ons het nog twee kanse om dit te doen.. twee wedstryde wat ons kan wen (ons begin goed lyk op die aanval). Die sharks het twee lang-afstand onderskep drieë gedruk wat die verskil was op die ou end. Behalwe vir die eerste 20 minute teen die sharks het ons goed gespeel en dit sonder Marx, Whiteley, Ross en met Sadie op die bank. Ons behoort ook die meeste van hierdie groep oor te dra na volgende jaar (met klomp oukies wat dan super rugby ervaring onder die belt het), anders as die sharks en die bulle wat geweldig baie kwaliteit spelers gaan verloor. Ons moet darem die groter prentjie ook kan sien. Laastens sal dit baie help met die onderhandelinge vir 'n nuwe borg as ons die uitspeelrondtes kan haal (al is dit in 8ste plek), net om te wys dat die Leeus nie gaan weggaan nie.. ons gaan 'n faktor bly. | Dis hoe ek ook voel. Ek dink net daar was te veel mense wat verwag het ons gaan hierdie jaar, ten spyte van die feit dat ons meer as die helfte van ons pak voorspelers verloor het, net aangaan waar ons laasjaar opgehou het. Mens moet ook realisties wees.
|
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 27-May-2019 at 7:51am
Glas half vol Leeubok.. glas half vol. Ons is 'n moeilike span op die Park en het nog nooit geskrik vir Loftus nie. Ek back maar net ons manne. Ons speel op die oomblik beter rugby en dit lyk nie of die spelers reg is om op te gee nie, so hoekom doen die ondersteuners? Twee uit drie wenne behoort ons in die laaste 8 te kry. Dink jy regtig dis onmoontlik??
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-May-2019 at 7:55am
valie wrote:
Goue Leeu wrote:
Persoonlik dink ek nie dis doom and gloom nie. Ons almal het geweet hierdie gaan 'n baie moeilike jaar wees en tog het ons span kompeterend gebly. Die meeste van ons het voor die seisoen gesê die groep sal goed doen om die uitkloprondtes te haal en dit is nog op die tafel. Ja ons moet SA spanne kan klop en ons het nog twee kanse om dit te doen.. twee wedstryde wat ons kan wen (ons begin goed lyk op die aanval). Die sharks het twee lang-afstand onderskep drieë gedruk wat die verskil was op die ou end. Behalwe vir die eerste 20 minute teen die sharks het ons goed gespeel en dit sonder Marx, Whiteley, Ross en met Sadie op die bank. Ons behoort ook die meeste van hierdie groep oor te dra na volgende jaar (met klomp oukies wat dan super rugby ervaring onder die belt het), anders as die sharks en die bulle wat geweldig baie kwaliteit spelers gaan verloor. Ons moet darem die groter prentjie ook kan sien. Laastens sal dit baie help met die onderhandelinge vir 'n nuwe borg as ons die uitspeelrondtes kan haal (al is dit in 8ste plek), net om te wys dat die Leeus nie gaan weggaan nie.. ons gaan 'n faktor bly. | Dis hoe ek ook voel. Ek dink net daar was te veel mense wat verwag het ons gaan hierdie jaar, ten spyte van die feit dat ons meer as die helfte van ons pak voorspelers verloor het, net aangaan waar ons laasjaar opgehou het. Mens moet ook realisties wees. |
Meer as die helfde? Wie het ons nog verloor behalwe vir Sous, Dreyer en Van Rooyen?
Ouens ek weet ons het al tot vervelens toe hieroor gestry, maar ons sit weer met 'n baie goeie voorry en goeie loosies. Ons agterlyn het amper geensins verander nie, behalwe vir Rohan wat weg is (en hy het elkgeval min op 12 gespeel laasjaar). Die enigste probleem areas vir my is slot en scrummie (as Ross nie speel nie).
Mens kannie verwag om elke jaar oor te begin as jy 'n paar spelers verloor het nie. In daai geval gaan ons NOOIT erens kom nie, want ons SAL elke jaar 'n paar ouens verloor.
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-May-2019 at 7:57am
Goue Leeu wrote:
Glas half vol Leeubok.. glas half vol. Ons is 'n moeilike span op die Park en het nog nooit geskrik vir Loftus nie. Ek back maar net ons manne. Ons speel op die oomblik beter rugby en dit lyk nie of die spelers reg is om op te gee nie, so hoekom doen die ondersteuners? Twee uit drie wenne behoort ons in die laaste 8 te kry. Dink jy regtig dis onmoontlik?? |
Haha goed vir jou goue leeu
Ek gee nie op nie, en ek het nie gese dis onmoontlik nie. Soos julle is ek ook maar net realisties. Om te gaan van 2-3 jaar onoorwonne teen SA spanne tot 0 uit hoeveel ookal ons nou al gespeel het is 'n swaar pil om te sluk
|
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 27-May-2019 at 8:38am
Leeubok wrote:
Goue Leeu wrote:
Glas half vol Leeubok.. glas half vol. Ons is 'n moeilike span op die Park en het nog nooit geskrik vir Loftus nie. Ek back maar net ons manne. Ons speel op die oomblik beter rugby en dit lyk nie of die spelers reg is om op te gee nie, so hoekom doen die ondersteuners? Twee uit drie wenne behoort ons in die laaste 8 te kry. Dink jy regtig dis onmoontlik?? |
Haha goed vir jou goue leeu
Ek gee nie op nie, en ek het nie gese dis onmoontlik nie. Soos julle is ek ook maar net realisties. Om te gaan van 2-3 jaar onoorwonne teen SA spanne tot 0 uit hoeveel ookal ons nou al gespeel het is 'n swaar pil om te sluk | Ek stem saam dat dit 'n bitter pil is om so teen die ander SA spanne te verloor. Hopelik sal dit verander oor die komende weke.
|
Posted By: Niela
Date Posted: 27-May-2019 at 8:59am
@Leeubok
Jy is 100% reg, ons het die jaar nie so baie ouens verloor nie, maar ons het oor die laaste 3 jaar BAIE top spelers verloor en ons diepte is nie meer so goed nie. So dis either die ou wat start wat nou weg is, of die backup dis die issue.
Ons forwards veral het baie diepte verloor.
Ek kan n span kies van ouens wat ons nie meer het nie, wat meeste ander spanne sal wen, en die majority is in die laaste 2 jaar weg.
1. Van Rooyen 2. Akker vd Merwe 3. Dreyer 4. Ferreira 5. Mostert 6. Kriel 7. Tecklenberg 8. Ackermann 9. De klerk 10. Ashlon Davids 11. Volmink 12. Mnisi 13. Janse van Rensburg 14. Stokkies Hannekom 15. Jaco vd Walt
Nog forwards wat weg of beseer is.
Corne fourie Lourens erasmus (En ons het major issues op slot, so on Sous en Makou te verloor was critical) Julian Redlinghuis Steph De Witt. Ruaan Lerm
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 27-May-2019 at 9:01am
Voorry spelers wat ons laasjaar verloor het: Dreyer Van Rooyen Sous Ferreira (Kriel - al was hy heel seisoen beseer laasjaar)
Voorry spelers wat meeste games vanjaar beseer was: Whiteley Brink Dylan Smit
Dan by daardie lys was die volgende spelers ook moes hier en daar rus of was beseer van die voorspelers: Kwagga Marx Orie
Dit is almal senior spelers van die voorry wat ons verloor het of vir baie games nie kon kies nie. Ek dink ek mis ook een of twee van die "klein" besering kategorie spelers. Maar ja, dit is taamlik baie ontwrigtings oor die tydperk van een seisoen. En dan moes ons ook nog Marx probeer noodgedwonge bloei as kaptein wat ek seker is ook n rol gespeel het.
Maar als bygesê, as ons nog twee games wen, het ons dieselfde aantal wenne as laasjaar, wat 9 was.... Die enigste verskil is ons wat seak doen in ons konferensie wat die ander spanne bo ons geplaas het daar.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-May-2019 at 9:30am
Ons het baie spelers verloor ja, daaroor stry ek nie. Maar my punt is, kyk na ons span wat elke naweek speel. Dit is 'n goeie mengsel van ervaring en jong talent. Ons agterlyn is basies onveranderd, maar tot so week of 2 gelede heeltemal planloos en kon amper nie 'n drie koop nie. Voorlangs het ons weer 'n goeie voorry wat baie spanne domineer. As Marx nie speel nie het ons Jonker, en Coetzee wat om een of ander rede nie gekies word nie. Sadie was 'n helse goeie leenkoop gewees. Onder die loosies het ons steeds 4-5 baie goeie spelers op wie ons kan staatmaak.
Die probleme le vir my op slot en scrummie (as Ross nie speel nie). En daar blameer ek wieookal daai kopies gedoen het, want hulle het beslis 'n kat in die sak gekoop met Groom, Orie en Lewies.
Om terug te kom na die punt wat ek wil maak, die span is/moet beter as wat hul tans doen
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 27-May-2019 at 9:53am
Leeubok wrote:
Ons het baie spelers verloor ja, daaroor stry ek nie. Maar my punt is, kyk na ons span wat elke naweek speel. Dit is 'n goeie mengsel van ervaring en jong talent. Ons agterlyn is basies onveranderd, maar tot so week of 2 gelede heeltemal planloos en kon amper nie 'n drie koop nie. Voorlangs het ons weer 'n goeie voorry wat baie spanne domineer. As Marx nie speel nie het ons Jonker, en Coetzee wat om een of ander rede nie gekies word nie. Sadie was 'n helse goeie leenkoop gewees. Onder die loosies het ons steeds 4-5 baie goeie spelers op wie ons kan staatmaak.
Die probleme le vir my op slot en scrummie (as Ross nie speel nie). En daar blameer ek wieookal daai kopies gedoen het, want hulle het beslis 'n kat in die sak gekoop met Groom, Orie en Lewies.
Om terug te kom na die punt wat ek wil maak, die span is/moet beter as wat hul tans doen |
Ek stem LB, ten spyte van alles speel ons nie goed genoeg nie. Ons het die spelers om ons konferensie te wen, maar iets werk nie. Die hoeveelheid kere wat Orie 1ste receiver is en vir EJ reg agter hom pass en dan hardloop almal skuins, en dan is die verdeging op ons, en dan verloor ons 10 meter, en dan is ons geisoleerd, en dan staan ons 'n strafskop af is skokkend. En almal staan vlak en almal staan stil, en dan kom iemand teen 'n skerp hoek van die nader kant van die veld af gehardloop, reguit in dieselfde ruck vas. Dis alles snert, en dit gebeur die heeltyd. Dis swak afrigting. Dit het niks met spelers verloor uit te waai nie. Die helfde van die spelers probeer hul gatte af om iets te maak uit niks nie, die ander helfde weet nie wat aangaan nie. En die 2 groepe ruil rolle met elke ruck.
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 31-May-2019 at 2:06pm
Eish, ons moet wen om net gelyk te trek met die bulls, en dan hoop die sharks kry geen punte nie.
|
Posted By: Tiny
Date Posted: 31-May-2019 at 2:10pm
Ons het slegs 2 bonus punte so die naweek moet ons maar die punte vat as ons kan.
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 01-Jun-2019 at 9:13pm
Hel maar dis n snaakse seisoen! Die saders bo aan die log het maar net 2 wenne meer as ons.
|
Posted By: valie
Date Posted: 02-Jun-2019 at 8:19am
Leeubok wrote:
Hel maar dis n snaakse seisoen! Die saders bo aan die log het maar net 2 wenne meer as ons. | Ja. Die verskil is hulle het 3 draws
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 02-Jun-2019 at 9:14am
valie wrote:
Leeubok wrote:
Hel maar dis n snaakse seisoen! Die saders bo aan die log het maar net 2 wenne meer as ons. | Ja. Die verskil is hulle het 3 draws | Jip, hul het net 2 verloor en ons 6
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 1:39pm
Log opgedateer na Vrydag se 2 wedstryde
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 09-Jun-2019 at 6:51am
log opgedateer met 1 rondte oor
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 10-Jun-2019 at 8:16am
So hoe lyk die uitspeel permutasies op die oomblik? Hoeveelste moet jy wees om die Brumbies in die quarters te speel?
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Jun-2019 at 8:18am
Brumbies gaan 2de of 3rde eindig, meer waarskynlik 3rde, so dan wil jy 6de eindig om hulle te speel
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 10-Jun-2019 at 8:23am
As ons die bulls klop gaan ons 5de eindig.. Maar as ons verloor is daar nog 'n kans dat ons heeltemal kan uitval. Ouens sal maar alles moet insit om te wen, en dan moet ons maar travel.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Jun-2019 at 2:11pm
log opgedateer, ons le 8ste, maar 1 punt sal ons bo die 2 spanne bo ons skuif
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 14-Jun-2019 at 2:20pm
Transvaal wrote:
Team | P | W | L | D | F | A | PD | TF | TA | BP | Points |
---|
Crusaders | 16 | 11 | 2 | 3 | 497 | 257 | 240 | 73 | 31 | 8 | 58 | Hurricanes | 15 | 11 | 3 | 1 | 420 | 338 | 82 | 56 | 43 | 3 | 49 | Jaguares | 15 | 10 | 5 | 0 | 409 | 342 | 67 | 52 | 36 | 6 | 46 | Brumbies | 15 | 9 | 6 | 0 | 390 | 339 | 51 | 59 | 46 | 7 | 43 | Bulls | 15 | 7 | 6 | 2 | 362 | 342 | 20 | 35 | 48 | 4 | 36 | Chiefs | 16 | 7 | 7 | 2 | 451 | 465 | -14 | 63 | 59 | 4 | 36 | Highlanders | 16 | 6 | 7 | 3 | 441 | 392 | 49 | 60 | 53 | 6 | 36 | Lions | 15 | 8 | 7 | 0 | 374 | 430 | -56 | 51 | 57 | 3 | 35 | Stormers | 15 | 7 | 7 | 1 | 335 | 354 | -19 | 34 | 44 | 4 | 34 | Rebels | 16 | 7 | 9 | 0 | 393 | 465 | -72 | 56 | 61 | 6 | 34 | Sharks | 15 | 6 | 8 | 1 | 331 | 326 | 5 | 38 | 39 | 7 | 33 | Waratahs | 16 | 6 | 10 | 0 | 367 | 415 | -48 | 46 | 54 | 6 | 30 | Blues | 15 | 5 | 9 | 1 | 323 | 340 | -17 | 42 | 43 | 7 | 29 | Reds | 15 | 6 | 9 | 0 | 358 | 398 | -40 | 47 | 53 | 4 | 28 | Sunwolves | 15 | 2 | 13 | 0 | 284 | 532 | -248 | 32 | 77 | 4 | 12 |
|
So, as ons wen eindig ons 5de. As ons met 'n BP verloor, skuif ons bo die chiefs en highlanders in, maar die wenner van stormers en sharks skuif bo ons in - so 7de. As ons gladnie 'n BP eers kry nie val ons heeltemal uit.
Het ek dit reg?
|
Posted By: Niela
Date Posted: 14-Jun-2019 at 2:42pm
Yes 100%
So ek sal eerder wil 7de wees.
Die probleem is , die Bulls sal waarskynlik ook eerder 7de wil wees. Sal interessant wees om te sien hoe speel 2 spanne wat eintlik eerder sal wil verloor.
wat ook NB is.
As ons 7de is : Saders vs Chiefs Jags vs Lions Brumbies vs stormers/sharks Canes vs Bulls.
Die semi final is predetermined so
Die Canes bulls wenner , speel teen die Saders wenner.
die Lions jags wenner , speel teen die Brumbies wenner.
Dit is n moerse verskil daar.
Ons kan even die Chiefs op ellis park in die final speel ,LOL
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 14-Jun-2019 at 3:18pm
Ok net om dit maklik vir myself te maak: QF1: 1 v 8 QF2: 4 v 5 QF3: 2 v 7 QF4: 3 v 6
Ons kan net 5de of 7de eindig. Ek sou se om 5de te eindig en die brumbies te speel is mos baie beter as om Arg toe te gaan.
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Jun-2019 at 4:16pm
Het ek ietsie gemis? Is die konferensie wenners nie verseker van een van die top 3 plekke nie? So Hurricanes is dan 4de...
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Jun-2019 at 4:20pm
1 Crusaders (Q) 16 11 3 2 240 58 2 Jaguares (Q) 15 10 0 5 67 46 3 Brumbies (Q) 15 9 0 6 51 43 4 Hurricanes (WC) 15 11 1 3 82 49 5 Bulls (wc) 15 7 2 6 20 36 6 Chiefs (wc) 16 7 2 7 -14 36 7 Highlanders (wc) 16 6 3 7 49 36 8 Lions (wc) 15 8 0 7 -56 35 9 Stormers 15 7 1 7 -19 34 10 Rebels 16 7 0 9 -72 34 11 Sharks 15 6 1 8 5 33 12 Waratahs 16 6 0 10 -48 30 13 Blues 15 5 1 9 -17 29 14 Reds 15 6 0 9 -40 28 15 Sunwolves 15 2 0 13 -248 12
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Jun-2019 at 7:54am
Finale log opgedateer, ons is 9de en klaargespeel in 2019
The following teams qualify for the playoffs: Quarter Final 1: Crusaders vs Highlanders Quarter Final 2: Jaguares vs Chiefs Quarter Final 3: Brumbies vs Sharks Quarter Final 4: Hurricanes vs Bulls
|
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 16-Jun-2019 at 9:19am
Op die ou end was daardie wedstryd wat die Crusaders en Highlanders nie gespeel het nie en elkeen toe twee punte gekry het die verskil tussen ons en agtste plek. Nie dat dit pret sou gewees het om nou Christchurch toe te vlieg vir 'n slagting nie. Dalk kan ons hierdie jaar ordentlik slyp voor die Curriebeker en skerp wees wanneer dit begin (anders as die laaste drie jaar).
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 16-Jun-2019 at 1:24pm
Ons het die 8ste meeste driee gedruk en het die 2de meeste driee afgestaan.
Let that sink in.
Gemiddelde driee gedruk per wedstryd
2019- 3.31 2018- 4.81 2017- 5.40 2016- 4.73 2015- 2.06 Gemiddelde driee afgestaan per wedstryd 2019- 4.00 2018- 3.44 2017- 1.80 2016- 2.80 2015- 2.56
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: Puttertjie
Date Posted: 16-Jun-2019 at 3:32pm
Die klomp driee wat ons in die laaste 10 minute teen die Jaguares in Jhb afgestaan het, het ons ook 'n bonuspunt gekos (en dan Seconds se beslissings teen ons op Nuweland).
|
|