Print Page | Close Window

Bulle verras met Blitsbok op binnesenter

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7417
Printed Date: 23-May-2025 at 2:31pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulle verras met Blitsbok op binnesenter
Posted By: Transvaal
Subject: Bulle verras met Blitsbok op binnesenter
Date Posted: 07-Feb-2019 at 12:54pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-verras-met-blitsbok-op-binnesenter-20190207%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-verras-met-blitsbok-op-binnesenter-20190207

Daar is tien Springbokke en ’n klompie Blitsbokke in die Bulle se beginspan vir Saterdag se opwarmstryd teen die Haaie in Ballito.

Pote Human, die Bulle se hoofafrigter, het ’n span gekies wat in alle waarskynlikheid nie veel sal verskil van volgende week se opdrafspan vir die Superrugby-stryd teen die Stormers op Loftus Versfeld nie.

Jason Jenkins kry sy eerste kans nadat hy uit Japan teruggekeer het en is die kaptein, Lood de Jager, se slotmaat.

Human het verras deur Dylan Sage, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se Sewesspeler van die Jaar, op binnesenter te kies. Sage word eerder as ’n buitesenter beskou.

Rosko Specman, nog een van die Blitsbokke se uitblinkers in die 2017/2018-seisoen, is op linkervleuel gekies. Cornal Hendricks, ook ’n voormalige Blitsbok, sal op regtervleuel kans kry teen die Haaie.

“Ons het verlede naweek (teen die Stormers in Kaapstad) goeie tekens gewys en ek wil hê ons moet Saterdag teen ’n goeie Haaie-span daarop verbeter.

“Ek wil hê die spelers moet vir my wys hoe graag hulle in die beginspan wil wees aanstaande Saterdag,” het Human gesê.

* Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Jesse Kriel, Dylan Sage, Rosko Specman, Handré Pollard, Embrose Papier, Duane Vermeulen, Thembelani Bholi, Ruan Steenkamp, Lood de Jager (k), Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Matthys Basson, Conraad van Vuuren, Hanro Liebenberg, Paul Schoeman, Jannes Kirsten, Tim Agaba, André Warner, JT Jackson, Jade Stighling, Divan Rossouw.



Replies:
Posted By: Zibbie
Date Posted: 07-Feb-2019 at 4:02pm
sjoe . as dit hulle begin span gaan wees teen die stormers ..... 


Posted By: Leeubok
Date Posted: 08-Feb-2019 at 7:18am
Originally posted by Zibbie Zibbie wrote:

sjoe . as dit hulle begin span gaan wees teen die stormers ..... 

Dan?


Posted By: Zibbie
Date Posted: 08-Feb-2019 at 8:10am
dan is ek nie baie bekommerd oor dat die bulle ons gaan wen nie 



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net