Print Page | Close Window

WP-hoofborg ontken gerugte oor Treu

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7310
Printed Date: 23-Jun-2024 at 3:46am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: WP-hoofborg ontken gerugte oor Treu
Posted By: Transvaal
Subject: WP-hoofborg ontken gerugte oor Treu
Date Posted: 29-Jan-2019 at 1:18pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wp-hoofborg-ontken-gerugte-oor-treu-20190129%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wp-hoofborg-ontken-gerugte-oor-treu-20190129

Die Westelike Provinsie Rugbyunie se hoofborg, DHL, het sy verbasing uitgespreek oor mediaberigte dat hy sy borgskap kan onttrek indien Paul Treu nie die trekpas gegee word nie.

“DHL is ’n toegewyde borg en vennoot van die WP en Stormers. Ons bly in gesprek en hou aan om die WP te ondersteun om ’n platform vir sukses te kan skep. Dis ons onderneming aan spelers en personeel,” het Megan Roper, DHL Express se hoof van bemarking vir die sub-Sahara-streek, gesê.

“Alle spanbestuur- en spelerkwessies val binne die mandaat van WP Rugby.”

Treu, verlede jaar een van die Stormers se hulpafrigters, het ná verlede jaar se mislukte Superrugby-veldtog uit ’n vergadering met die WP se direkteur van rugby, Gert Smal, en Stormers se afrigter, Robbie Fleck, gestap.

Hy het glo gesê dat hy “moeg daarvoor is om sleg behandel te word en dit nie meer gaan vat nie”.

Hy het later ’n verslag saamgestel waarin hy aangevoer het dat daar in die Stormers-opset teen hom gediskrimineer is. ’n Onafhanklike ondersoek deur ’n regsfirma het egter bevind dat sy bewerings ongegrond was.

Sedertdien is Treu se rol in die unie ’n netelige saak met onduidelikheid oor wat hy vorentoe gaan doen. Dit het ook ’n verdelende kwessie in die WP geraak.

Intussen blyk sprake van ’n staking deur spelers oor Treu se voortgesette betrokkenheid ook onwaar te wees. Die spelers het Maandag geoefen en daar was ook nie Sondag ’n noodvergadering deur senior spelers oor die kwessie soos elders berig is nie.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net