Match 12 - Munster vs Lions
Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: United Rugby Championship
Forum Description: United Rugby Championship
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=11652
Printed Date: 21-Jun-2025 at 4:55pm Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com
Topic: Match 12 - Munster vs Lions
Posted By: Transvaal
Subject: Match 12 - Munster vs Lions
Date Posted: 01-Jan-2023 at 8:06am
Vrydag 6 Januarie 2023 in Ierland, afskop 21:35
Referee: Hollie Davidson (SRU, 5th league game) AR 1: Andrew Cole (IRFU) AR 2: Sam Holt (IRFU) TMO: Sam Grove-White (SRU)
Munster: 15. Mike Haley, 14. Shane Daly, 13. Malakai Fekitoa, 12. Rory Scannell, 11. Liam Coombes, 10. Ben Healy, 9. Paddy Patterson, 8. Alex Kendellen, 7. John Hodnett, 6. Jack O'Donoghue (c), 5. Gavin Coombes, 4. Jean Kleyn, 3. Roman Salanoa, 2. Diarmuid Barron, 1. Josh Wycherley. Replacements: 16. Scott Buckley, 17. Dave Kilcoyne, 18. Stephen Archer, 19. Cian Hurley, 20. Jack O'Sullivan, 21. Conor Murray, 22. Dan Goggin, 23. Patrick Campbell
Leeus: 15. Quan Horn, 14. Stean Pienaar, 13. Henco van Wyk, 12. Marius Louw (c), 11. Edwill van der Merwe, 10. Jordan Hendrikse, 9. Morne van den Berg, 8. Emmanuel Tshituka, 7. Emile van Heerden, 6. Jarod Cairns, 5. Darrien Landsberg, 4. Ruan Venter, 3. Asenathi Ntlabakanye, 2. PJ Botha, 1. JP Smith. Replacements: 16. Michael van Vuuren, 17. Morgan Naude, 18. Ruan Smith, 19. Willem Alberts, 20. Sibusiso Sangweni, 21. Andre Warner, 22. Gianni Lombard, 23. Manuel Rass.
|
Replies:
Posted By: TunaLion
Date Posted: 01-Jan-2023 at 9:55am
Al die wedstryde begin "moet wenne" word as ons in die Top 8 wil eindig en aangesien ons nog twee games teen SA spanne oor het waar ons heeltemaal mentally weer gaan uitmekaar val.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 01-Jan-2023 at 5:52pm
Top spanne het 'n goeie balaans klavier draers (vasty vyf) en kalavierspelers (losvoor- en agterspelers). Ons het dalk genoeg van die eerstes, maar beslis te min van die tweede groep.Ons groot probeleme le tussen die losvoorspelers en die binne agterspelers.
Tussen ons flanke en agstemanne is net Tshituka en 'n fikse Kriel op standaard. Venter is 'n baie belowende fisiese slot (beslis beter as die twee wat Saterdag diens gedoen het), maar as flank, moet hy leer dat hy nie heeltyd deur en oor opponente kan stormramp nie.
Cairns, is soos Sengweni, 'n speler wat sy alles gee, maar min impak het. Ons moes al lankal belowende jong "loosies" soos JC Pretorius, Renzo du Plessis en Izan Esterhuizen blootstelling gee.
Agterlangs, is daar 'n paar vaardige bestendige jong spelers soos Hendriks, Lombaard en Horn, wat goed kan skop en hulle deel bydrae op verdediging, maar nie een van hulle sou ek klasifiseer as 'n impak-wedstrydwenners nie.
Ons kort beslis versterkings in die middeveld. Marius Louw se stampkar taktiek werk somtyds teen kleiner spanne, maar is veels te een-dimensioneel teen top spanne. Miskien vir eers Henco van Wyk saam met Stean Pienaar in die middeveld in span en sien hoe dit werk.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Jan-2023 at 7:06am
ons was 5de op die log voor die twee ramp wedstryde, nou 11de. Gaan taai wees om weer in die top 8 te kom
|
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 02-Jan-2023 at 7:12am
Munster het die laaste ruk hul voete begin vind... ons sal goed moet wees of nog 'n pakslae wag.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Jan-2023 at 7:21am
Hulle het gister gewen teen Ulster, by Ulster
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 02-Jan-2023 at 6:01pm
Sien die toerspan het weer n paar name by die huis gelos..
|
Posted By: monster
Date Posted: 03-Jan-2023 at 6:14am
Sien Emile van Heerden (slot) is nou ook by die Leeus van die Sharks
Sien hy is Fritz van Heerden se seun … wie van julle kan nog die kaal naeler se tekkel onthou op Fritz van Heerden in n Currie beker semie finaal WP teen Vrystaat
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Jan-2023 at 6:21am
Hopelik 'n stap in die regte rigting, ons is baie dun op slot
|
Posted By: Simba
Date Posted: 03-Jan-2023 at 9:20am
Geseënde en voorspoedige 2023 aan almal!! Hoop ons LEEUS begin weer wen. Die STORMERS het ons goed opgeneuk. Wat vir my uitgestaan het was hul onderteunende spel. Daar was altyd 1 of meer ondersteuners saam met die baldraer. Dis hoe die LEEUS onder ACKERS gespeel het. Hoekom het ons Afrigters dit nog nie opgetel nie? Ons storm een een vorentoe sonder ondersteuning want almal sprei uit in die agterlyn. Intussen tackle hulle die baldraer en dadelik sak DEON FOURIE oor hom en wen die strafskop voordat die ondersteuning daar kan uitkom! DYAMANI het in die wye kanaal gespeel soos wat hy by die LEEUS gedoen het en wat JACO KRIEL altyd doen. Daai 2 het soos SPRINGBOKKE gelyk. Ons het ook geweet dat hulle goeie aanvallende rugby speel soos wat die LEEUS voorheen gedoen het maar ons bly die bal in hulle keelgatte afskop. Ons agterlyn hardloop so skuins en word telkens teen die kantlyn vasgedruk en wen selde enige veld. Waar is die ouens wat die lyn reguit maak? Kan ons AFRIGTERS nie die wedstryde behoorlik analiseer nie en kyk wat doen die ander goed en reg en implimenteer dit dan by ons nie? Weet iemand dalk waar is Tiaan Swanepoel?
------------- db
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Jan-2023 at 9:34am
Stem saam oor die skopwerk, dis vreeslik dom om die bal op die Stormers se agterste 3 te skop en dan te wag dat hulle op jou afhardloop, jy smeek om driee af te staan
|
Posted By: Lion1986
Date Posted: 03-Jan-2023 at 10:47am
Dit is maar irriterend om te sien dat die ander spanne slim rugby speel soos die 2016-2018 Leeus en ons speel soos die Stormers van daai tyd.
Ons agterlyn het hope potensiaal. Ons taktiek is maar stupid.
|
Posted By: OomPB
Date Posted: 03-Jan-2023 at 12:49pm
monster wrote:
Sien Emile van Heerden (slot) is nou ook by die Leeus van die Sharks
Sien hy is Fritz van Heerden se seun … wie van julle kan nog die kaal naeler se tekkel onthou op Fritz van Heerden in n Currie beker semie finaal WP teen Vrystaat
|
Ek sal daai een nooit vergeet nie. 
|
Posted By: monster
Date Posted: 03-Jan-2023 at 1:43pm
OomPB wrote:
[QUOTE=monster]Sien Emile van Heerden (slot) is nou ook by die Leeus van die Sharks
Sien hy is Fritz van Heerden se seun … wie van julle kan nog die kaal naeler se tekkel onthou op Fritz van Heerden in n Currie beker semie finaal WP teen Vrystaat
|
Ek sal daai een nooit vergeet nie.  [/QUOTE
Ek het gedink Oom PB sal daai onthou ….. baie rugby ondersteuners reken daai kaal naeler het WP die Curriebeker gekos
|
Posted By: OomPB
Date Posted: 03-Jan-2023 at 5:34pm
monster wrote:
OomPB wrote:
[QUOTE=monster]Sien Emile van Heerden (slot) is nou ook by die Leeus van die Sharks
Sien hy is Fritz van Heerden se seun … wie van julle kan nog die kaal naeler se tekkel onthou op Fritz van Heerden in n Currie beker semie finaal WP teen Vrystaat
|
Ek sal daai een nooit vergeet nie.  [/QUOTE
Ek het gedink Oom PB sal daai onthou ….. baie rugby ondersteuners reken daai kaal naeler het WP die Curriebeker gekos |
Verseker. Ek kan n verloor op die ken vat maar daai een het my geroer.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 04-Jan-2023 at 1:33pm
Hollie Davidson aangewys as skeidsregter
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 04-Jan-2023 at 2:42pm
Transvaal, sal jy asb vra wat die storie is met Schoeman as jy kans kry by die volgende media sessie?
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 04-Jan-2023 at 2:51pm
Posted By: Transvaal
Date Posted: 04-Jan-2023 at 4:28pm
Chatting to Julian Redelinghuys and Jaco Kriel on 4 January 2023 https://youtu.be/J2k9eOLcU3k%20" rel="nofollow - https://youtu.be/J2k9eOLcU3k
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 04-Jan-2023 at 4:40pm
Ruben Schoeman en Tiaan Swanepoel altwee besering vry op die oomblik en hulle oefen saam met die spelers by die huis wat nie op die toer is nie
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 04-Jan-2023 at 7:03pm
Transvaal wrote:
Ruben Schoeman en Tiaan Swanepoel altwee besering vry op die oomblik en hulle oefen saam met die spelers by die huis wat nie op die toer is nie |
Verstaan nie wat die storie is met Ruben nie.
|
Posted By: Red_Machine
Date Posted: 05-Jan-2023 at 12:02am
Simba wrote:
Geseënde en voorspoedige 2023 aan almal!! Hoop ons LEEUS begin weer wen. Die STORMERS het ons goed opgeneuk. Wat vir my uitgestaan het was hul onderteunende spel. Daar was altyd 1 of meer ondersteuners saam met die baldraer. Dis hoe die LEEUS onder ACKERS gespeel het. Hoekom het ons Afrigters dit nog nie opgetel nie? Ons storm een een vorentoe sonder ondersteuning want almal sprei uit in die agterlyn. Intussen tackle hulle die baldraer en dadelik sak DEON FOURIE oor hom en wen die strafskop voordat die ondersteuning daar kan uitkom! DYAMANI het in die wye kanaal gespeel soos wat hy by die LEEUS gedoen het en wat JACO KRIEL altyd doen. Daai 2 het soos SPRINGBOKKE gelyk. Ons het ook geweet dat hulle goeie aanvallende rugby speel soos wat die LEEUS voorheen gedoen het maar ons bly die bal in hulle keelgatte afskop. Ons agterlyn hardloop so skuins en word telkens teen die kantlyn vasgedruk en wen selde enige veld. Waar is die ouens wat die lyn reguit maak? Kan ons AFRIGTERS nie die wedstryde behoorlik analiseer nie en kyk wat doen die ander goed en reg en implimenteer dit dan by ons nie? Weet iemand dalk waar is Tiaan Swanepoel? | daai Dyamani forward pass try was vir my die heel beste, die naai die Leeus agenda is duidelik vir almal
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 05-Jan-2023 at 10:58am
Red_Machine wrote:
daai Dyamani forward pass try was vir my die heel beste, die naai die Leeus agenda is duidelik vir almal |
Die Sharks game was vir my ene gewees waar ons baie "offside" was, maar die kere waar hulle ons gerush het was daar verseker n paar manne offside wat nooit gecall was nie. Die ander ene van die Sharks game was daar was min of geen ruck penalties omtrent nie, die ouens kon aankarring en kon nie een keer voordeel kry uit hulle wat dit stadig gemaak het nie.
Op die agenda, ek dink nie daar is ene nie, maar dit is duidelik daar word steeds baie goed gemis en die span met momentum en n beter track rekord trek voordeel uit van die calls. Ek onthou ook hoe van die kapteine kan gesels met die ref, dan gebeur dinge, maar ons manne val op dowe ore. Ons gaan moet leer die ref manage.
|
Posted By: OomPB
Date Posted: 05-Jan-2023 at 12:34pm
Red_Machine wrote:
Simba wrote:
Geseënde en voorspoedige 2023 aan almal!! Hoop ons LEEUS begin weer wen. Die STORMERS het ons goed opgeneuk. Wat vir my uitgestaan het was hul onderteunende spel. Daar was altyd 1 of meer ondersteuners saam met die baldraer. Dis hoe die LEEUS onder ACKERS gespeel het. Hoekom het ons Afrigters dit nog nie opgetel nie? Ons storm een een vorentoe sonder ondersteuning want almal sprei uit in die agterlyn. Intussen tackle hulle die baldraer en dadelik sak DEON FOURIE oor hom en wen die strafskop voordat die ondersteuning daar kan uitkom! DYAMANI het in die wye kanaal gespeel soos wat hy by die LEEUS gedoen het en wat JACO KRIEL altyd doen. Daai 2 het soos SPRINGBOKKE gelyk. Ons het ook geweet dat hulle goeie aanvallende rugby speel soos wat die LEEUS voorheen gedoen het maar ons bly die bal in hulle keelgatte afskop. Ons agterlyn hardloop so skuins en word telkens teen die kantlyn vasgedruk en wen selde enige veld. Waar is die ouens wat die lyn reguit maak? Kan ons AFRIGTERS nie die wedstryde behoorlik analiseer nie en kyk wat doen die ander goed en reg en implimenteer dit dan by ons nie? Weet iemand dalk waar is Tiaan Swanepoel? | daai Dyamani forward pass try was vir my die heel beste, die naai die Leeus agenda is duidelik vir almal |
Wie is die naai? 
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Jan-2023 at 1:52pm
Span opgedateer in die eerste pos
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 05-Jan-2023 at 2:08pm
Nee rerig, ons gaan gestamp word soos nooit tevore nie. Vir wat spaar ons van die ouens, ons moet elke game probeer wen? Munster gaan dalk ons nie ernstig vat nie.. wie weet..
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Jan-2023 at 2:13pm
Kyk ons kan die refs blameer vir hier en daar 50 50 calls wat nie na ons gaan en ek is ook skuldig daar voor, maar as ek na die Stormers game se driee teen ons kyk:
1) Willemse drie -> Hier was (3) Ntlabakanye (aka ou dikkes) glad nie in die mood om regtig te tackle en sodoende hook line and sinker geval vir Willemse se goeie dummy. Weet nie hoe ons iemand anders as ons self hier kan blameer?
2) Briljant rolmaal drie van die Stormers waar ons rolmaal defence ook baie below par was vir hierdie vlak. Wie moet ons hier anders as ons self blameer?
3) Du Plessis se drie -> Hier het (7) Ruan Venter nie sy werk as pillar defence gedoen nie en ons defence was sodoende uitgevang. Weet nie hoe ons iemand hiervoor anders as ons self kan blameer?
4) Davids se eerste drie -> Hier het Manual Rass (wat doen hy op hierdie vlak) nie genoeg gedrift op defence en veroorsaak dat Henco Van Wyk twee mense moes probeer keer (terwyl sy man eintlik die vleuel was) en sodoende het hulle deur gehardloop.
5) Davids se tweede drie -> ja sure, die pass lyk forward, maar as mens heeltyd so jou gat besig is om te sien in 'n game, gaan die calls maar teen jou gaan. Ons was op daardie stadium anyway al 26 - 8 agter met hulle wat boer op ons lyn. Horn moes ook nie die tackle daar gemis het nie, Davids het hom ver te maklik gestep.
6) Die laaste drie was net sad en hulle vinnige bal net te vinnig vir ons. Die halfhartige tackle poging van (5) Pieter Jansen van Vuren was pateties, al was dit naby aan die einde van die game.
So weet nie hoe daar 'n agenda teen ons is nie, hierdie laas week se Stormers game was ons net nie goed genoeg nie.
Dieselfde met die Springbok fans wat altyd kla oor die ref, is daar eintlik geen agende. Kyk op enige gegewe naweek na 'n game en daar gaan heel waarskynlik bad calls wees teen een span, dit is maar ongelukkig hoe rugby deesdae is. Ekt ten minste oor die laaste paar maande begin vrede maak daarmee na die laaste Lions vs Stormers game.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Jan-2023 at 2:14pm
Dalk teiken ons van die ander wedstry7de vir 'n wen. Ek raai hulle dink eerder 'n wen teen Connacht is meer waarskynlik, en hulle soek seker ook punte in die Challenge cup teen die Dragons
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Jan-2023 at 2:19pm
Ek wil net noem dat daar groot fout is met ons aanval, ek dink Ricardo Loubscher kom nie die mas op as aanvals afrigter nie en geen nuwe idees na die tafel bring nie. Hy rig ook nie die basies af van balretention nie, wat grootendeels hand aan hand gaan met aanval, want as jy nie die bal kan beskerm en one of runners het, gaan jy nerens kom.
Tweedens rig Albert van den berg ook nie veel uit met die forwards in algemeen nie.
Die enigste afrigters wat op die stadium iets uit gerig kry is seker Jacque Fourie op verdediging (die flaters in die laaste game was soos bo nie sy skuld, maar eerder spelers wat nie die mas opkom nie en halfhartig weer begin speel) en Julian met die skrums.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Jan-2023 at 2:25pm
Transvaal wrote:
Span opgedateer in die eerste pos |
3 Asenathi Ntlabakanye 5 Darrien Landsberg 6 Jarod Cairns 23 Manuel Rass
Van die span hoort in my opinie die boonste 4 spelers nie op die vlak nie, alhoewel ek nog nie te veel van Cairns gesien het nie. Ek sou ook eerder weer met Lombard begin, voel of ons aanval beter was toe hy begin het in die begin van die seisoen.
Ek wens net die ouens sal weer met HART begin speel, want dit is die ooglopendste verskil wat ek kan sien tussen nou en die begin van die seisoen.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Lionsinpta
Date Posted: 05-Jan-2023 at 3:19pm
TunaLion wrote:
Transvaal wrote:
Span opgedateer in die eerste pos |
3 Asenathi Ntlabakanye 5 Darrien Landsberg 6 Jarod Cairns 23 Manuel Rass
Van die span hoort in my opinie die boonste 4 spelers nie op die vlak nie, alhoewel ek nog nie te veel van Cairns gesien het nie. Ek sou ook eerder weer met Lombard begin, voel of ons aanval beter was toe hy begin het in die begin van die seisoen.
Ek wens net die ouens sal weer met HART begin speel, want dit is die ooglopendste verskil wat ek kan sien tussen nou en die begin van die seisoen.
|
Ntlabakanye speel goeie wedstryde deesdae, Willemse kan enige vaste 5 speler om hardloop as dit kom 1-teen-1. Ntlabakanye het 'n ook 'n paar groot tekkels in gesit.
Landsberg, weet nog nie, sal kyk hoe vorder hy.
Cairns, hel was sy eerste wedstryd gewees. Met 'n span wat die hele tyd agter toe speel sal jy ook nie veel van eerste vertoning hê nie.
Ras, bietjie af ja, sal toe gee.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Jan-2023 at 3:32pm
Munster: Mike Haley,
Shane Daly, Malakai Fekitoa, Rory Scannell, Liam Coombes, Ben Healy, Paddy
Patterson, Josh Wycherley, Diarmuid Barron, Roman Salanoa, Jean Kleyn, Gavin
Coombes, Jack O'Donoghue (CAPT), John Hodnett, Alex Kendellen Replacements: Scott Buckley,
Dave Kilcoyne, Stephen Archer, Cian Hurley, Jack O'Sullivan, Conor Murray, Dan
Goggin, Patrick Campbell
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Jan-2023 at 3:46pm
Sewe van die Munster begin XV het teen ons gespeel laas jaar in Maart op Ellispark toe ons met 2 punte gewen het 23-21
|
Posted By: Lion1986
Date Posted: 05-Jan-2023 at 4:44pm
Ek verstaan nogsteeds nie wat Ras op die vlak soek nie. Hy is nie selfs n currie cup speler nie. Ek dink nogsteeds ons moet vir Xamlashe permanent by die leeus kry. Sodat mens Henco ook kan spaar vir wedstryde.
Het gedink Emile van Heerden is n slot. Wil graag sien hoe hy doen.
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Jan-2023 at 7:28pm
@Lionsinpta - Wat my gepla het van die Willemse drie was nie dat Ntlabakanye gebeat was met skill of pace nie, hy was gebeat agv te min effort in my opinie. Ja, hy is n beter speler as laas jaar, maar sy fiksheid is nie op standaard en sy houding op sulke gevalle ook nie. Ja, n mens kan stry al het hy probeer, sou hy steeds gebeat word deur Willemse, maar hel, hoekom daag mens dan op vir die game as jy nie eers gaan probeer nie. Dit is waar ek voel met sulke spelers dat die span sonder hart weer begin speel en ook waar die coaches praat van ons is mentally af teen die ander SA spanne.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 05-Jan-2023 at 7:28pm
Snaaks dat Jaco Kriel nie speel in dir wedstryd nie het gedink hy sou kaptein wees
|
Posted By: OomPB
Date Posted: 06-Jan-2023 at 3:40pm
Lyk na n nag naweek vir al ons spanne. Net die Bulle kan wen, die anders gaan swear kry.
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 06-Jan-2023 at 4:58pm
OomPB wrote:
Lyk na n nag naweek vir al ons spanne. Net die Bulle kan wen, die anders gaan swear kry. |
Die Dragons verbaas ons dalk..
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 6:13pm
Ek dink nou weer net die Leeus het n tawwe game. Die res behoort te wen.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Jan-2023 at 6:37pm
Sharks het 'n B span gekies, kan boomerang
|
Posted By: OomPB
Date Posted: 06-Jan-2023 at 6:49pm
WEATHER There are tricky conditions forecast for Munster v Lions in Cork on Friday. While it will be a mild 10C, there's a strong likelihood of rain, and winds of between 20-30km/hr are expected. Ulster and Benetton will have far easier conditions in Treviso, temperatures of around 9C, and a dry afternoon predicted.
The worst of the weekend's weather will be in Galway for Connacht v Sharks, where plenty of rain is forecast on Saturday, as well as winds of up to 40km/hr
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 6:55pm
Transvaal wrote:
Sharks het 'n B span gekies, kan boomerang |
Eish, ek't dit misgekyk, maar ek sien dit is steeds nie n slegte span wat hulle gekies het nie. Gaan dan ook maar n taai game wees.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Lion1986
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:03pm
Krappies kos ons baie op die oomblik
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:08pm
Lion1986 wrote:
Krappies kos ons baie op die oomblik |
Hendrikse nog meer. As jou span se 9 en 10 onder par is, gaan jy sukkel.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:22pm
Wat gaan dit vat vir ons om te leer om ons eie lynstane op 'n gereelde basis te wen??
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Lion1986
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:22pm
Defnitief. Lynstane bly ook maar n probleem.
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:22pm
Lynstane }^{%]^ in lynstane!!!!!!!!!!
Nee rerig enigste kanse gee ons weg.. rerig waar. Word wakker liewe #*{^\£!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:23pm
Dit kos ons baie hierdie seisoen dus ver :( :( :(
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:25pm
Ja wat dit was baie swak, met daai wind moes ons hulle vaspen in die hoekies, kyk maar hoe doen hulle dit nou in die 2de helfte met ons
|
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:25pm
Ons kry vordeel dan skop Hendrickse die bal weg, ek dink daai skrum naby musnter se doellyn was baie naby aan n straf drie
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:27pm
Ntlabakanye irriteer my ook grensloos. So stadig op verdediging en lyk of hy nooit lus is vir enige fisiese aktiwiteit. Weet nie wat enigiemand in hom kan sien nie, en dit is sad, want hy is beter as laas jaar maar steeds so swak, so wat sê dit van hom.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:28pm
gertjie0000 wrote:
Ons kry vordeel dan skop Hendrickse die bal weg, ek dink daai skrum naby musnter se doellyn was baie naby aan n straf drie |
Weet nie hoekom ons nommer agt die bal daar opgetel het nie? Selfs hul kommentators sê hy moes dit net in hou en dit sou straf drie en geel kaart vir hulle wees.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Lion1986
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:28pm
Die 8 en 9 moet seker maak hul hou die bal in die scrum. Dis komminikasie. Anders gaan jy nie die straf drie kry nie.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:28pm
Wel hy red ons in die skrums, terwyl Ruan Dreyer beseer is het ons nie 'n beter opsie nie
|
Posted By: valie
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:29pm
Ons is nog in die game, maar ons speel in hulle hande in en asons die bal het is ons een een en lyk nie gemaklik nie. 3 strafskoppe in skop afstand wat ons pale toe kon gaan. Die telling kon netsowel 12 - 9 gewees het. Lynstane sal altyd moeilik wees in die toestande. Thsituka is ook nie n 8 nie. Ons mis vir Horne. Ek sou eerder die game met Warner begin het. Krappie sukkel in die nat weer
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:30pm
Transvaal wrote:
Wel hy red ons in die skrums, terwyl Ruan Dreyer beseer is het ons nie 'n beter opsie nie |
Daar moet beter opsies iewers in SA wees.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:31pm
Ons spelers maak die fout om te dink jy kan die bal hardloop in die nat weer, jy kan nie, met die wind is die beste taktiek om die ander span vas te pen in hulle 22. Ons was ongelooflik naief takties. Ek dink nie Munster gaan dieselfde fout maak nie, res van die wedstryd gaan seker in ons 22 wees
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:33pm
Transvaal wrote:
Ons spelers maak die fout om te dink jy kan die bal hardloop in die nat weer, jy kan nie, met die wind is die beste taktiek om die ander span vas te pen in hulle 22. Ons was ongelooflik naief takties. Ek dink nie Munster gaan dieselfde fout maak nie, res van die wedstryd gaan seker in ons 22 wees |
Ek stem. Voel of ons spelers baie foute maak agv min ervaring in hierdie omstandighede. Maar ek stem met Valie, dink ons is nog in die game en dink ons kan dit nog vat, ons moet net wakker skrik. Maar ek is moontlik ook baie naief.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: valie
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:34pm
TunaLion wrote:
Ntlabakanye irriteer my ook grensloos. So stadig op verdediging en lyk of hy nooit lus is vir enige fisiese aktiwiteit. Weet nie wat enigiemand in hom kan sien nie, en dit is sad, want hy is beter as laas jaar maar steeds so swak, so wat sê dit van hom.
| Ek dink weer hy speel glad nie so sleg nie. Hy skrum solid en het al weer n paar groot hits ingesit.
|
Posted By: Lion1986
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:34pm
op n positiewe noot lyk Emile van Heerden nogals fisies
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:35pm
Lombaard is op!!!! YEAH!
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:40pm
Lion1986 wrote:
op n positiewe noot lyk Emile van Heerden nogals fisies |
Ja, hy lyk nie te sleg so ver nie.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:45pm
Posted By: Lion1986
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:45pm
Span lyk nogsteeds of hul deur n laerskool afriger afgerig word. Baie dom taktiek.
|
Posted By: valie
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:47pm
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:50pm
Munster doen presies soos Transvaal gesê het, speel slim en skop na die hoeke.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:50pm
Om nie daar uit te skop nie, rerig!!!
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:52pm
Minus Henco. Daar het ons dit.
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:54pm
Die sad ding is dat as ons net ordentlik kon aanval, nie dom foute maak soos nie uitskop met strafskoppe en ons lynstane kon wen, dan ook van so paar passassiers ontslae raak, kan ons 'n goeie span wees. Maar kom baie neer op swak afrigting en bestuurskeuses.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 10:54pm
Anyway, lekker aand vir julle manne. Ekt genoeg gesien :(
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: valie
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:09pm
Ek hoop regtig nie ons het die bank gebreek om vir Landsberg te koop nie. Hy het my nog niks impress nie.
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:12pm
Nee rerig? Ons gee die bal elke keer net terug
|
Posted By: Lion1986
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:14pm
Landsberg en Rass is seker 2 van die swakste spelers in die kompetisie
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:19pm
Wat n getjommel. Nie gevoel of ons ver weg was nie, maar daar het ons dit 30 punte verskil!!!!
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:25pm
Om met 5 groenietjies in jou pak te begin is gekkigheid (Dit terwyl Ruben Schoeman by die huis moes bly). Ek sal verskil met bostaande kommentaar, en se dat wat ek gesien het Ntlabakanye een van ons beter spelers op die aand was(goed geskrum, hard gewerk op verdediging, en die enigste een wat 'n omkeerbal kon bewerkstellig).
Met die stadige bal, wil mens nie te hard op die agterlyn wees nie, maar dis nou hoeveel wedstryde waar ons absoluut planloos op aanval was. Hendricks en Louw was weer swak op die aanval.
|
Posted By: valie
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:26pm
Die afgelope 3 games moes ons elke keer amper dubbeld die hoeveelheid tackles maak as die ander span. Geen span kan so speel nie. Ons game management is die swakste wat ek in n lang tyd gesien het. Ons speel die heeltyd vanaf 9 na n voorspeler, en so voorspelbaar dat ons elke keer agter die voordeellyn gevang word. Hierdie manne se confidence kan nie tans baie hoog wees nie, en die beseringslys groei eksponensieel.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:30pm
En niemand het dit sover gese nie maar 9 se diens was vir my baie swak in die wedstryd, sy aangee was almal baie stadig en nie altyd akkuraat nie
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:33pm
En stem saam dat Ntlabakanye goed was, hy het 'n paar monster tackles ingesit in die 2de hgelfte, 'n bal op ons doellyn omgekeer, en verseker iets daarmee te doen gehad dat ons 6 skrum strafskoppe gekry het
|
Posted By: Lion1986
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:36pm
Kyk die spelers kies hulself nie en hul kies nie die taktiek nie, die Lions is maar planloos. Op aanval isoleer ons onsself. Ons taktiek is dom. Lynstane, kom sonskyn of reën, dis pateties. Ons Hakers sukkel met ingooie. Landsberg was n grap
Ons het darem n paar goeie jong spelers, maar ons kort dringend n hoofagrigter met n plan.
|
Posted By: Red_Machine
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:39pm
Louw het die seisoen baie goed begin maar is nou amper 0 op n kontrak
|
Posted By: Lion1986
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:42pm
Kyk voel jammer vir Louw. Van den Berg het die hele agterlyn onder druk gesit met sy aangee.
Cash get letterlik gesê Louw is daar om hul oor die voordeellyn te kry met stampkar rugby. Na so halwe seisoen gaan jou liggaam begin ingee.
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:52pm
Grootste probleem is die stadige kwaliteit bal wat ons voorlangs aan die agterlyn verkaf.
Teen die Sharks en die Stormers span ons twee ou stadige lomp slotte op vinnige velde teen dinamiese opposisie. Vanaand span ons 'n klomp onbeproefde slotte en flanke in nat toestande teen fisiese opponente.
Kyk, ons is agterlangs swak, maar geen agterlyn of skakelpaar sou vordering maak met dis stadige bal in nat toestande wat ons vanaand in gespeel het nie.
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Jan-2023 at 11:59pm
emiel1 wrote:
Om met 5 groenietjies in jou pak te begin is gekkigheid (Dit terwyl Ruben Schoeman by die huis moes bly). Ek sal verskil met bostaande kommentaar, en se dat wat ek gesien het Ntlabakanye een van ons beter spelers op die aand was(goed geskrum, hard gewerk op verdediging, en die enigste een wat 'n omkeerbal kon bewerkstellig).
Met die stadige bal, wil mens nie te hard op die agterlyn wees nie, maar dis nou hoeveel wedstryde waar ons absoluut planloos op aanval was. Hendricks en Louw was weer swak op die aanval.
|
Ek gaan met jou moet stry, sy bal steel was die aanvaller terloops tot stilstand voor hom gekom, hyt nie baie hard daar gewerk nie, maar al moet ek dit vir hom dan gee was die res van sy game swak. Ek kan jou seker 7 snips gee van die eerste helfte alleen waar hy lui op verdediging was, maar ek verwag seker net te veel van ons spelers om bietjie hussle te wys.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 07-Jan-2023 at 12:01am
Ek sal toe gee dat hy wel dalk iets offer in die skrums, maar dit is al, jammer ouens.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 07-Jan-2023 at 12:11am
Ons pak is voorlangs totaal fisies oordonder vandag, al agt van hulle. Hulle voorspelers het meer vaardigheid vertoon as ons agterspelers.
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 07-Jan-2023 at 12:12am
Emile van Heerden het 31 tackles gemaak, dit is vrek baie vir jou 1ste game
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 07-Jan-2023 at 12:17am
Stats is baie interessant vir die game. Minder strafskoppe as hulle afgestaan, maar net 34% gebied gehad. Soos Tvl gesê het, ons het glad nie die kondisies gespeel nie. Takties was ons weer swak.
220 tackles teenoor 123. 91% tackle success, wat eintlik nie te swak is nie.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 07-Jan-2023 at 12:20am
Ek sonder nie enige jong speler uit vir die nederlaag nie. Ek wys vinger vir die bestuur. As jy jong spelers wil blootstelling gee, doen dit geleidelik tussen ervare spelers in die "prime" van hulle loopbaan . Sonder Nothnagel en Schoeman is ons uiters dun op ervaring in die tweede ry. Alberts en Janse van Vuuren doen dit nie op hierdie vlak nie.
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Jan-2023 at 9:03am
Cash moet gaan. So eenvoudig soos dit. Al het ons nie die kwaliteit spelers soos die sharks of bulle nie, dit wat ons wel het word ook nie reg bestuur nie. Dit help nie men's kyk verby die hoof afrigter na die onderskeie hulp afrigters nie. Cash is verantwoordelik vir hierdie k*k wat ons elke nwk opdis!
|
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 07-Jan-2023 at 1:40pm
valie wrote:
TunaLion wrote:
Ntlabakanye irriteer my ook grensloos. So stadig op verdediging en lyk of hy nooit lus is vir enige fisiese aktiwiteit. Weet nie wat enigiemand in hom kan sien nie, en dit is sad, want hy is beter as laas jaar maar steeds so swak, so wat sê dit van hom.
| Ek dink weer hy speel glad nie so sleg nie. Hy skrum solid en het al weer n paar groot hits ingesit. | Stem ... hyt 'n goeie wedstryd gehad.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-Jan-2023 at 2:06pm
Chatting to Lions coach Ivan van Rooyen after URC match vs Munster on 6 January 2023 (Audio only) https://youtu.be/KK6Nj_AwUS8%20" rel="nofollow - https://youtu.be/KK6Nj_AwUS8
|
Posted By: valie
Date Posted: 08-Jan-2023 at 10:00pm
My vraag is: Het ons regtig die spelers om op die vlak mee te ding en die kompetiie te wen? Ons beste 3 spelers het ander weivelde gaan soek, en nie een van hulle haal die beginspan by hul nuwe unies nie, terwyl hulle 3 (Simelane, Vincent en Sadie) toe hul by ons was, seker die eerste 3 name was wat die afrigter neergeskryf het. Ek dink ons afrigtingspan het n ambulans job gekry, want enige span wat nie ten minste 4 of 5 spelers het, wat deel van daai land se internasionale groep is nie, gaan altyd sukkel om ver te kom in die kompetisie.
|
Posted By: valie
Date Posted: 08-Jan-2023 at 10:08pm
Ek sien ook die Cats argument begin weer kop uitsteek. Die Leeus sal moet besef hulle franchise is in die moeilikheid as die verkeerde ou bu SARU besluit dis n goeie idee. Ek dink die Leeus moet Ellispark verkoop en erens op n meer toeganklike, meer onderteunersvriendelike stadion speel. As ons naweek vir naweek sulke swak opkomste by ons tuis games het, gaan dit nie lank wees voor daai kan wurms weer oopgemaak gaan word nie, ek bedoel watse waarde voeg ons tans rerig toe tot Suid Afrikaanse rugby?
|
Posted By: Lion1986
Date Posted: 09-Jan-2023 at 8:28am
Jy kan die All Blacks vir Cash gee en hul sal teen Namibia verloor
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 09-Jan-2023 at 8:58am
Lion1986 wrote:
Jy kan die All Blacks vir Cash gee en hul sal teen Namibia verloor |
Ek stem saam hiermee. Cash is nou al baie lank die hoof afrigter. Hier en daar het ons periodes wat ons regtig goed speel en 'n paar goeie wenne kry, maar nes 'n mens dink die Leeus is nou terug, volg die een pakslae na die ander.
Ek gee nie om as ons verloor teen spanne soos die Sharks wat 'n huidige of ex springbok in amper elke posisie het nie. Maar daar is regtig baie ander spanne wat ons teen verloor wat ons kan wen.
|
Posted By: Lion1986
Date Posted: 09-Jan-2023 at 9:27am
Meeste van ons wenne kom maar van spelers wat indviduele goed doen. Ons scrums is goed en ons verdediging is meestal goed. Dit kan mens aan Redlinghuys en Fourie gee.
Maar ons aanval's plan is pateties. Ons skop goeie bal weg. Ons is swak op ons exits, swak in die lynstane. Mens moet werk.aan die spelers om hul eie vaardihede beter te maak. Hendrikse maak dieselfde foute nou al vir die laaste 2 jaar, n goeie afrigter ontwikkel sulke spelers.Cash se spankeuses is ook meestal swak. Weet hy wat n fetcher is?
Kry n hoofagrigter, kry iemand met n goeie aanval's plan. EK glo nogsteeds. Kry hakers, kry slotte(Van heerden het darem lus gelyk, maar dis nog vroeg), begin dalk net n fetcher.
|
|