Print Page | Close Window

Match 10 - Sharks vs Lions

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: United Rugby Championship
Forum Description: United Rugby Championship
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=11648
Printed Date: 23-Jun-2025 at 1:33pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 10 - Sharks vs Lions
Posted By: Transvaal
Subject: Match 10 - Sharks vs Lions
Date Posted: 19-Dec-2022 at 6:22am
Friday 23 December in Durban, kickoff at 5pm

Referee: Aimee Barrett-Theron
AR1: Stephan Geldenhuys
AR2: Paul Mente
TMO: Marius van der Westhuizen

Sharks: 15. Boeta Chamberlain, 14. Werner Kok, 13. Lukhanyo Am, 12. Rohan Janse van Rensburg, 11. Makazole Mapimpi, 10. Curwin Bosch, 9. Grant Williams, 8. Phepsi Buthelezi (c), 7. Jeandre Labuschagne, 6. Sikhumbuzo Notshe, 5. Hyron Andrews, 4. Vincent Tshituka, 3. Carlu Sadie, 2. Dan Jooste, 1. Thomas du Toit.
Replacements: 16. Kerron van Vuuren, 17. Dian Bleuler, 18. Hanro Jacobs, 19. Gerbrandt Grobler, 20. Siya Kolisi, 21. Jaden Hendrikse, 22. Lionel Cronje, 23. Ben Tapuai

Lions: 15. Andries Coetzee, 14. Edwill van der Merwe, 13. Rynhardt Jonker, 12. Marius Louw, 11. Quan Horn, 10. Jordan Hendrikse, 9. Sanele Nohamba, 8. Ruan Venter, 7. Darrien Landsberg, 6. Emmanuel Tshituka, 5. Reinhard Nothnagel (c), 4. Willem Alberts, 3. Asenathi Ntlabakanye, 2. PJ Botha, 1. JP Smith.
Replacements: 16. Jaco Visagie, 17. Sti Sithole, 18. Ruan Smith, 19. Pieter Jansen van Vuren, 20. Jaco Kriel, 21. Andre Warner, 22. Gianni Lombard, 23. Stean Pienaar.



Replies:
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 19-Dec-2022 at 8:35am
Weet nie of ek dit gemis het nie, maar weet ons al hoe lank Dreyer uit gaan wees? Ons skrums was maar onder druk teen Stade Francais.


Posted By: TunaLion
Date Posted: 19-Dec-2022 at 11:44am
Ons moet ten minste 2 van ons wedstryde wen teen SA spanne as ons regtig enige ambisie het om top 8 te eindig. Laas seisoen het ons die een wedstryd weg teen die Stormers gewen, maar reeds nou teen die Bulle en Stormers tuis verloor so ons het net 1 tuis wedstryd teen die Sharks oor.

'n Wen in hierdie weg wedstryd sal ons vreeslik baie help, maar dit gaan baie baie moeilik wees.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 19-Dec-2022 at 12:18pm
Die Sharks sal ook seker weer hul beste span speel. Dink Powell gaan hul Bokke in die grond in speel na die fiasko teen Cardiff.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Dec-2022 at 12:39pm
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Weet nie of ek dit gemis het nie, maar weet ons al hoe lank Dreyer uit gaan wees? Ons skrums was maar onder druk teen Stade Francais.

Ek het gevra by Vrydag se wedstryd, maar hulle het nie die antwoord gehad nie. Maar ek vermoed 'n ruk, soos 6 tot 8 weke. Ek dink egter dit was op loskop waar ons teen Stade Francais gesukkel het, JP Smith het 'n hele paar keer geval in die skrums, en dit was vreemd want gewoonlik is hy 'n yster


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Dec-2022 at 1:12pm
Hulle het nou gese dis Ruan Dreyer se hamstring en hy gaan die Leeus se toerwedstryde mis. Henco van Wyk gaan net 1 wedstryd mis en behoort dus weer volgende naweek teen die Stormers te speel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Dec-2022 at 2:13pm
Chatting to Albert van den Berg, Emmanuel Tshituka and JC Pretorius
https://youtu.be/O2cfYBz_Rjc" rel="nofollow - https://youtu.be/O2cfYBz_Rjc


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 20-Dec-2022 at 5:08pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hulle het nou gese dis Ruan Dreyer se hamstring en hy gaan die Leeus se toerwedstryde mis. Henco van Wyk gaan net 1 wedstryd mis en behoort dus weer volgende naweek teen die Stormers te speel
Dankie, het gesien beide Ruan en Francke gaan vir ten minste 8 weke uit wees. Baie bly oor Henco.


Posted By: TunaLion
Date Posted: 20-Dec-2022 at 7:04pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Chatting to Albert van den Berg, Emmanuel Tshituka and JC Pretorius
https://youtu.be/O2cfYBz_Rjc" rel="nofollow - https://youtu.be/O2cfYBz_Rjc


Baie dankie! JC lyk na 'n heel aangename en humble ou. Dink hy kan 'n groot aanwins vir ons wees.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 20-Dec-2022 at 9:08pm
Ek sien Jake vry nou na Marx dalk moet ons een van hulle hakkerd probeer opraap hulle het twee goeie jong hakkers, Schalk Erasmus wat weg is by die bulls is familie van my baas en Jake het glo vir hom gese hy is nie in sy volgende twee jare planne nie toe soek hy en toe kom die Japan geleentheid op as ek so lees wat Jake praat hy wil vir hom n span kan koop wat hy wil he nou moan hy as ouens oorsee weer gaan speel ek het al gewonder wat van spanne soos die leeus wat nie geld het soos hy om rond te gooi op springbok spelers nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Dec-2022 at 10:43am
Span opgedateer in die eerste pos


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Dec-2022 at 10:45am
Dis 5 veranderings aan die begin XV


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 21-Dec-2022 at 11:01am
Kannie wag om te sien wie die Sharks gaan kies nie.. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Dec-2022 at 11:42am
Ek sal verkies dat hulle hul sterkste span kies sodat ons kan sien waar ons staan


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 21-Dec-2022 at 9:06pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek sal verkies dat hulle hul sterkste span kies sodat ons kan sien waar ons staan

Sal verbaas wees as hulle doen, maar ek stem saam.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Dec-2022 at 8:26am
Aimee Barrett-Theron aangewys as skeidsregter


Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Dec-2022 at 11:05am
15. Boeta Chamberlain, 14. Werner Kok, 13. Lukhanyo Am, 12. Rohan Janse van Rensburg, 11. Makazole Mapimpi, 10. Curwin Bosch, 9. Grant Williams, 8. Phepsi Buthelezi (c), 7. Jeandre Labuschagne, 6. Sikhumbuzo Notshe, 5. Hyron Andrews, 4. Vincent Tshituka, 3. Carlu Sadie, 2. Dan Jooste, 1. Thomas du Toit.
Replacements: 16. Kerron van Vuuren, 17. Dian Bleuler, 18. Hanro Jacobs, 19. Gerbrandt Grobler, 20. Siya Kolisi, 21. Jaden Hendrikse, 22. Lionel Cronje, 23. Ben Tapuai


Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Dec-2022 at 11:08am
So ek mis vir Eben Etzebeth maar verder lyk dit asof al hulle Bokke speel?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Dec-2022 at 11:10am
En Bongi...wys seker hoe hoog ek hom rate...LOL!


Posted By: valie
Date Posted: 22-Dec-2022 at 1:46pm
Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

Ek sien Jake vry nou na Marx dalk moet ons een van hulle hakkerd probeer opraap hulle het twee goeie jong hakkers, Schalk Erasmus wat weg is by die bulls is familie van my baas en Jake het glo vir hom gese hy is nie in sy volgende twee jare planne nie toe soek hy en toe kom die Japan geleentheid op as ek so lees wat Jake praat hy wil vir hom n span kan koop wat hy wil he nou moan hy as ouens oorsee weer gaan speel ek het al gewonder wat van spanne soos die leeus wat nie geld het soos hy om rond te gooi op springbok spelers nie
As Marx wel soontoe gaan, moet ons probeer om vir Johann Grobbelaar te kry. Hy is vir my beter as Jan Hendrik Wessels.



Posted By: gertjie0000
Date Posted: 22-Dec-2022 at 2:33pm
Ek stem Valie en Marx sal moontlik soontoe gaan want hulle rol in die geld nie ao erg soos die Sharks nie maar hukke het ook baie geld beskikbaar dink ek


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 22-Dec-2022 at 6:35pm
As ons maar net vir Marx, Sous en Kwagga by ons huidige groep kon voeg... dink ons sal baie vinnig weer 'n top 4 span wees. Moet sê.. Dit sal bitter teleurstellend wees aw enige van daai drie die kans het om terug te kom Leeus toe en kies om eerder bulls, sharks of stormers toe te gaan.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Dec-2022 at 5:53pm
Sjo ons is eintlik glad nie in die wedstryd nie, en mens kan nie 40 minute verdedig en dink jy gaan wen nie. En die dom strafskoppe wat ons afstaan...ons kry geen momentum nie, en ek dink ons was in die 40 minute 2 keer in die Sharks se 22


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 23-Dec-2022 at 5:56pm
Nerves.. hoop ons skrik wakker, ons is gelukkig dat ons nie verder agter is nie. Wat het met PJ gebeur? Daai laaste lynstaan was n goeie tyd om iets te kon doen…


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 23-Dec-2022 at 6:59pm
Hendrickse begin my erg iriteer hy speel rerig baie swak die laaste twee weke skop al die balle weg


Posted By: valie
Date Posted: 23-Dec-2022 at 7:03pm
Mens kan seker se dat geld jou verder bring as talent, maar hierdie is n donker dag vir Leeu rugby. Swak verdediging, swak besluitneming en swak uitvoering. Ek dink ons moet  ons maar regmaak vir nog n loesing volgende naweek. Die klomp beserings help ook nie juis nie.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Dec-2022 at 7:04pm
105 tackles teen 35 in die eerste helfte, in die 2de helfte het dit seker getel...en jammer maar Van Vuren is seker die oneffektiefste baldraer wat ek in 'n baie lang tyd gesien het, en dom foute van ons, soos boeboes wat so lank vat om te skop en dan afgestorm word


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Dec-2022 at 7:14pm
Op die dag moet mens maar net seker erken hulle was heeltemal te goed vir ons, en die 3 beserings gaan nie help vir volgende naweek nie, ons het nie regtig diepte nie en dit gaan ons seermaak


Posted By: Leeubok
Date Posted: 23-Dec-2022 at 7:27pm
So ons kry pakslae teen n span wat noudie dag pakslae gekry het, en hul coach het toe bedank. So dink jul cash gaan nou ook bedank?

En hierdie was nie eers die sharks se beste span nie.




Posted By: emiel1
Date Posted: 23-Dec-2022 at 7:55pm
Ons was verbasend kompeterend in die skrums en was gelukkig om met net 8 punte agter te loop halftyd, grootliks omdat die voorspelers oorspronklik die Sharks op die doelyn weerhou het om te druk. Agterlangs, was ons maar planloos op aanval en verdediging, veral met die skakels en die middeveld. Dink tot dusver was dit ons pak wat ons gedra het , so ons ons gaan sukkel sonder spelers soos Dreyer, Sithole en Nothnagel. En ja , ek wonder ook wat op aarde maak iemand soo Janse van Vuuren en Warner op die vlak. 


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 23-Dec-2022 at 11:08pm
Grant Williams made a mockery of our defense, he was fantastic tonight. 


Posted By: Leeubok
Date Posted: 24-Dec-2022 at 6:10am
Originally posted by Red_Machine Red_Machine wrote:

Grant Williams made a mockery of our defense, he was fantastic tonight. 

Rohan janse van Rensburg too. Our midfield battled to stop him


Posted By: Lion1986
Date Posted: 24-Dec-2022 at 10:47am
Eendag sal ons weer n hoofagrigter hê.
Vir nou, sit ons maar met Cash.

Ons maak herhaaldelik dieselfde foute.
Hakers en slotte bly maar n probleem, so dalk moet ander mense kanse kry. Ek glo ons kan wel met die huidige spelers iets reg kry met n behoorlike hoofagrigter.

Mis die dae van Ackermann


Posted By: Lion1986
Date Posted: 24-Dec-2022 at 10:56am
Ek so ook met Xamlashe op 13 begin het. Jonker is n fullback in my oë.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Dec-2022 at 11:00am
Jonker was ongelukkig een van die swak skakels, maar daar was baie, nie net hy nie


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 24-Dec-2022 at 12:36pm
Boeboes het seker een van sy swakste games gehad, kon net nie n voet reg sit nie. Quan word gemors op vleuel, Marius en Edwill staan kop en skouers bo die ander uit. Jammerte oor Jonker, het baie van hom verwag. 


Posted By: emiel1
Date Posted: 24-Dec-2022 at 1:58pm
Jonker is 'n balvaardige speler, maar het seker 'n seisoen laas gespeel, en om hom te vra om met die intrapslag in 'n sukkelende span teen twee internasional senters hand op te steek is bietjie baie gevra.

Met die uitsondering van Henco van Wyk, lyk ons maar op die aanval planloos in die middeveld die seisoen. Wat het van Burger Odendaal geword ? Ek sal dit ernstig oorweeg om iemand soos Stean Pienaar of JC Pretorius in die middeveld in te span.


Posted By: TunaLion
Date Posted: 24-Dec-2022 at 2:43pm
Ek dink julle is almal bietjie hard op die span. Hulle het trots verdedig in die 1ste helfte en dit het sy tol gevat in die 2de helfte. Somige spelers het ook maar n af game of so gehad. Maar ons het die potensiaal. Selfs Ackers het n paar jaar nodig gehad om sy jong spelers te vorm in n wenspan en op daardie stadium was die ander SA spanne nowhere wat baie gehelp het. Hierdie hulpafrigters is maar nog net n jaar met die span en dit voel of ons vordering maak, dit is net n mental block teen die SA spanne. Kyk na die log, dinge lyk nog redelik goed op die stadium en ons is seker die span met die kleinste begroting van al 16 en een van die jongste spanne. Selfs Ackers se span het nou en dan af dae gehad. Wees geduldig ouens.

Dink net, dit was basies die Leeus span teen n sogenaamde Bok span in amper elke posisie en ons het op hul tuisveld gespeel. So dit kon baie erger.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: valie
Date Posted: 24-Dec-2022 at 3:39pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Ek dink julle is almal bietjie hard op die span. Hulle het trots verdedig in die 1ste helfte en dit het sy tol gevat in die 2de helfte. Somige spelers het ook maar n af game of so gehad. Maar ons het die potensiaal. Selfs Ackers het n paar jaar nodig gehad om sy jong spelers te vorm in n wenspan en op daardie stadium was die ander SA spanne nowhere wat baie gehelp het. Hierdie hulpafrigters is maar nog net n jaar met die span en dit voel of ons vordering maak, dit is net n mental block teen die SA spanne. Kyk na die log, dinge lyk nog redelik goed op die stadium en ons is seker die span met die kleinste begroting van al 16 en een van die jongste spanne. Selfs Ackers se span het nou en dan af dae gehad. Wees geduldig ouens.

Dink net, dit was basies die Leeus span teen n sogenaamde Bok span in amper elke posisie en ons het op hul tuisveld gespeel. So dit kon baie erger.
Ek stem saam.


Posted By: monster
Date Posted: 24-Dec-2022 at 4:02pm
Ek moet sê een ou wat my verbaas is 

Ntlabakanye, hy skrum elke game beter en vir so groot ou is hy nogal beweeglik



Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Dec-2022 at 4:33pm
yip hy staan sy man in die skrums



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net