The Lions next play Munster in Limerick, Ireland in the URC on 30 November 2024, kickoff is at 21:35 |
Orie bring dalk kuur vir Leeus se rolmaal-kopseer |
Post Reply |
Author | ||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39865 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 12-Mar-2019 at 2:09pm |
|
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/orie-bring-dalk-kuur-vir-leeus-se-rolmaal-kopseer-20190311
As Swys de Bruin-hulle vandeesweek weer ’n hoop veranderinge aan die Leeus se Superrugbyspan maak, sal dit beslis nie die skuld van die beseringspook wees nie. Die Leeus se spandokter, Rob Collins, het Maandag bevestig dat geen spelers die naweek teen die Jaguares vars skete opgedoen het nie. Boonop lyk dit asof die slot Marvin Orie volkome herstel het van sy liesbesering en Saterdag op die Rebels losgelaat sal word. Orie se terugkeer kan ’n welkome oplossing bied vir een van die Leeus se groot tekortkominge teen die Jaguares: hul verdediging teen rolmaalbewegings. Die Argentyne het drie drieë van rolmale af gedruk. “Ons móét beter doen om rolmale te stop,” het De Bruin ná Saterdag se stryd gesê. “Ons het met twee bloedjong slotte gespeel (Ruan Vermaak is 20 en Rhyno Herbst 22) en hoewel hulle goeie wedstryde beleef het, is daardie een van die dinge waaraan ons hierdie week moet werk.” Die flank Cyle Brink se seer knie sal hom minstens nog ’n week langs die kantlyn hou, wat moontlik ’n tweede hap aan die appel kan beteken vir die jong Vincent Tshituka. Hy was saam met Marnus Schoeman en Kwagga Smith in die lostrio en het ’n skouspelagtige Superrugby-debuut gehad. De Bruin het wel aangedui dat hy weer ’n paar veranderinge sal maak vir die stryd teen die Rebels, wat ná drie wedstryde steeds onoorwonne is en beloof om die Leeus behoorlik te toets. “Ons sal beslis spelers roteer,” het De Bruin gesê. “Daar was ’n paar goeie spelers, ’n paar Springbokke, wat nie in hierdie wedstryd kans gekry het nie en wat ons nie kan weggooi nie. “Maar die ouens weet, hulle moet nou hard druk om die trui te dra. Dis ’n gesonde situasie.” Dit sal nie verbaas indien ’n paar “ou hande” weer Saterdag kans kry om hul stempel af te druk nie. Hoewel die jong Turke Saterdag vir die eerste uur uitmuntend gespeel het, was koeler koppe nodig in die laaste kwart, toe die Jaguares vier keer agter die doellyn gaan kuier het. |
||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39865 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
>>Hy was saam met Marnus Schoeman en Kwagga Smith in die lostrio en het ’n skouspelagtige Superrugby-debuut gehad.
Yip hy was baie goed, het met energie gespeel en niks verkeerd gedoen nie. Weet nie of dit skouspelagtig was nie maar hy was een van die beter spelers op die veld en Swys het ook na die wedstryd gese dat hy vir hom eintlik die man van die wedstryd was
|
||
Goue Leeu
Koning Leeu Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Ek is nie 'n rolmaal expert nie, maar saterdag het ons elke keer wanneer die Jaguares begin dryf, drie of vier forwards gehad wat los teruggestaan het van die maul af en dan wanneer die Jaguares begin momentum kry, dan kom hulle in om te help. Maar dit was elke keer te laat en die momentum van die rolmaal was dan reeds te groot. Sal dit nie beter wees as al agt van die begin af soos een man indryf en die opponente probeer terug dryf nie? Voordat daar momentum is? Of ten minste die opponente se gesamentlike dryf-poging uitkanseleer met ons eie agtman poging tot die ref sê "use it"??
|
||
WitBoer
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2162 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Nee wat dan gaan ek my Superbru pick moet verander... Die enigste veranderings wat ek sou gemaak het was Orie in Herbst se plek en Combrinck op 15... As Swys nou weer vir Groom, Mapoe en Vorster terugbring het ek GEEN hoop vir ons nie.
|
||
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
||
Leeubok
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Ek het ook n paar keer op my tv gegil en skree dat die ouens moet inklim en dryf. Irriteer my grensloos as hul eers ingaan wanneer daar klaar momentum is, want dan is dit te laat en onmoontlik om te stop sonder om ten minste n strafskop af te staan
|
||
Leeubok
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Ek stem dat Swys nie nou al die ouens moet terugbring nie, maar ek dink ook hul verdien darem nie om heeltemal weggegooi te word nie. Dis 'n gesonde situasie wat ons tans het, hulle weet nou hul plekke is nie verseker nie en moet sokkies optrek
|
||
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |