Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Swys: Dit was só amper ’n honderdtal
  FAQ FAQ  Forum Search Search  Events Events  Register Register  Login Login


The Lions next play the Sharks at Ellis Park in the Currie Cup on 27 July 2025, kickoff is at 15:00

Swys: Dit was só amper ’n honderdtal

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 40317
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Swys: Dit was só amper ’n honderdtal
    Posted: 11-Mar-2019 at 5:43am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/swys-dit-was-so-amper-n-honderdtal-20190310

Dis soos ’n krieketspeler wat reeds ’n honderdtal in sy visier het, maar dan sy paaltjie in die negentigs verloor.

Dit was die vergelyking wat die Leeus se afrigter, Swys de Bruin, gebruik het om sy emosies oor die Leeus se Superrugby-sege Saterdag op Ellispark oor die Jaguares te verduidelik.

Die Johannesburgers was met 47-39 baas, maar het in die laaste 25 minute 26 onbeantwoorde punte gelek om ’n bonuspunt vir drieë deur hul vingers te laat glip.

Ná drie drieë in die eerste 10 minute ná rustyd het die Leeus met sewe drieë teenoor twee gespog en was die Argentyne se doodsvonnis geteken. Maar die besoekers het die teendeel bewys dat die lugdruk en hul lang vlug oor die Atlantiese Oseaan hul bene vol lood sou maak. Die laaste kwart van die wedstryd was hul beste.

“Ek is dankbaar vir die wen, maar ek is nie tevrede met die drieë wat ons aan die einde deurgelaat het nie. Die Jaguares het goed gespeel vir daardie drieë, maar ons moes wakkerder gewees het,” het De Bruin gesê.

“Vir ons gaan dit nie net oor wen of verloor nie en hoewel hierdie uitslag ’n groot las van ons skouers haal, kan ons nie wegpraat dat hierdie vir lank gelyk het na een van ons gróót dae, en dit uiteindelik nie so groot was nie.”

Waaroor De Bruin wel breëbors was, is dat sy vertroue in ’n groot groep jongelinge beloon is.

Die 20-jarige buitesenter Wandisile Simelane is welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys ná hy ’n drie gedruk, sewe verdedigers geklop en 121 meter met die bal gehardloop het.

Die flank Vincent Tshituka was ’n derduiwel op die aanval én die verdediging, Gianni Lombard het die Jaguares op hul tone gehou nadat hy in die tweede helfte opgestuur is en Nathan McBeth het sy span se oorheersing in die skrums help voortduur ná hy by Dylan Smith oorgeneem het.

“Jy weet, ons het ses o.21-spelers betrek en die moed wat hierdie outjies gewys het . . . Niemand het vooraf gevra hoekom ons hulle vertrou teen wat in eintlik maar ’n internasionale span is nie, maar die enigste manier hoe jy ’n ou regtig toets is teen werklike top-teenstand.

“Hulle het hulself bewys en nou het ons ’n gesonde situasie waar die ander spelers regtig hard sal moet druk om terug in die span te kom.

“McBeth was briljant aan die loskop-kant, Wandi was uitmuntend, Gianni het goed gevaar en Vincent was amper my Speler van die Wedstryd. Sy werketiek was só hoog.

“Maar ons moet ook nie van die senior spelers vergeet nie. Malcolm (Marx) het ’n ware kapteinsbeurt gespeel, Dylan, Kwagga (Smith), Ross (Cronjé) – almal het vir 60 minute gehou by ons plan en uitstekend gespeel.”

Die Leeus speel Saterdag gasheer vir die Rebels, wat ná drie wedstryde nog onoorwonne is en Australië se voorste span is. De Bruin is lugtig vir hulle.

“Hulle het ’n baie goeie ruggraat en is steeds onoorwonne, so ons sal nie teen hulle kan slaap nie. Ons sal baie foute moet regstel voor Saterdag,” het hy gesê.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.


StatCounter - Free Web Tracker and Counter