The Lions next play the Sharks at Ellis Park in the Currie Cup on 27 July 2025, kickoff is at 15:00 |
Bulle span Cornal bo siek Johnny in |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40298 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 19-Feb-2019 at 10:11am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-span-cornal-bo-siek-johnny-in-20190219
Die byna vergete Springbok-vleuel Cornal Hendricks sal Saterdag vir die eerste keer sedert 2015 Superrugby speel wanneer die Bulle in Buenos Aires teen die Jaguares te staan kom. Pote Human, die Bulle-breier, het die 30-jarige Hendricks in sy beginspan gekies in Johnny Kotze se plek. Kotze, wat die afgelope Saterdag een van die Bulle se drieë teen die Stormers gedruk het, het breinvliesontsteking. Human sê hy het nie gehuiwer om Hendricks te kies nie. “Hy is baie ervare en is boonop honger om hom weer op die vlak te bewys.” Dit is die enigste verandering aan die span wat Saterdag oortuigend met die Stormers afgereken het. Die kuitbesering wat die haker Schalk Brits las gee, sal hom in alle waarskynlikheid nie uit die begingspan hou nie, maar Human is wel bekommerd oor sy kaptein, Lood de Jager se deelname. Die Springbok-slot sukkel met griep. Bulle-span: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Rosko Specman, Handré Pollard, Embrose Papier, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Ruan Steenkamp, Lood de Jager (k), Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Eli Snyman, Thembelani Bholi, Ivan van Zyl, Manie Libbok. Toer saam: André Warner, Johan Grobbelaar. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |