The Lions next play the Dragons at Ellis Park in the Challenge Cup on 18 January 2025, kickoff is at 17:15 |
Rugby kry 'n nuwe vyfman-formaat |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39984 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 06-Feb-2019 at 11:55am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rugby-kry-nuwe-vyfman-formaat-20190205
’n Nuwe rugbyformaat, waar spanne uit slegs vyf spelers bestaan, gaan straks vanjaar die eerste keer op die proef gestel word nadat Wêreldrugby glo toestemming daarvoor gegee het. Dié nuwe formaat, wat Rugby X heet, gaan luidens ’n berig in The Times in Brittanje vanjaar in ’n toernooi in Londen aan die wêreld bekend gestel word. Wêreldrugby, die internasionale beheerliggaam van die sport, hoop dié nuwe formaat sal die spel se finansies verbeter en dit ook aanskouliker vir toeskouers maak – soos wat T20-krieket vir dié spel gedoen het. Vyf toernooie oor die wêreld heen word vir 2020 beplan, met die Britse uitsaaier ITV wat reeds in gesprekke is om die eerste byeenkoms, in Londen se 02-arena, aan te bied. Van die wêreld se voorste sewesspanne soos Engeland, Australië, Fidji, Wallis en Frankryk word as moontlike deelnemers genoem. Ben Ryan, wat Engeland en Fidji se sewesspanne gebrei het, het gehelp om die spel te ontwikkel, met wedstryde wat tien minute lank is en binnenshuis op sintetiese velde beslis word. Rugby X plaas ’n hoë premie op vinnige spel. Daar is nie ’n rustyd nie en spanne ruil ook nie kante nie. Spel word hervat van die verdedigende span se kant, nadat ’n drie gedruk is. Die drieman-skrums is onbetwis, met lynstane wat vervang word deur ’n gooi deur die plaasvervanger van die span wat besit geniet. |
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |