The Lions next play the Stormers in Cape Town in the URC on 21 December 2024, kickoff is at 15:45 |
Rassie: ‘Bokke kán kwota-teiken vanjaar haal’ |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 06-Mar-2019 at 5:56am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rassie-bokke-kan-kwota-teiken-vanjaar-haal-20190305
Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, meen vanjaar se transformasie-teiken van 50% gekleurde spelers in sy span is haalbaar sonder dat hy in ’n Wêreldbeker-jaar op gehalte hoef in te boet. “Ons het verlede jaar beter met transformasie gevaar. Daar is geleenthede vir nuwe spelers geskep en Aphiwe Dyantyi het ’n prys by Wêreldrugby gekry vir sy deurbraak-jaar, so daar is baie positiewe dinge, al het ons nie die teiken van 45% gehaal nie,” het Erasmus Dinsdag op ’n nuuskonferensie in Nuweland gesê. “Hierdie jaar is die persentasie 50% en ek dink ons moet duidelik wees dat dit ’n gemiddeld van 50% in die 23-tal oor die gang van die jaar is en nie vir elke toets individueel geld nie. “Ek dink met die blootstelling wat ons spelers verlede jaar gegee het, sal ons daarby kan uitkom. Dis waarom ons verlede jaar daardie ekstra wedstryd teen Wallis (in Washington) gehad en proefnemings gedoen het. Ons het dit gedoen met die wete dat ons ’n groter groep spelers gaan hê om uit te kies.” Ondanks die feit dat Suid-Afrika se Superrugby-spanne nie tans aan die kwota-teiken van 50% voldoen nie, meen Erasmus transformasie is wel besig om daar gestalte te vind. Hy het spesifiek verwys na die deurbraak wat Aphelele Fassi op heelagter by die Haaie maak en dat die Leeus danksy hul diepte selfs al vir Dyantyi op die plaasvervangersbank kon kies. “Daar is soveel positiewe dinge wat gebeur. Ja, ek dink dit kan uitdagend raak as daar beserings is (aan gekleurde spelers), maar ek dink met die groep spelers tot ons beskikking kan ons die teiken bereik,” sê Erasmus. Hy sê ook hy is “70 tot 80%” seker van die groep wat hy vir vanjaar se WB-toernooi wil kies. Die rasteiken beteken ook nie dat daar minstens 16 gekleurde spelers in sy groep van 31 hoef te wees nie. Ja, ek dink dit kan uitdagend raak as daar beserings is (aan gekleurde spelers), maar ek dink met die groep spelers tot ons beskikking kan ons die teiken bereik. “Dit kan 12, 13 of selfs 17 wees afhangend van spelers se spelpeil. Ons het die gemiddeld van 50% oor die gang van die jaar in gedagte,” sê hy. Ondanks daardie vereiste beplan Erasmus om sy sterkste moontlike spanne vir die toetse in die Rugbykampioenskap te kies. Die Bokke skop af met ’n toets teen Australië op Ellispark en speel daarna in Nieu-Seeland en Argentinië. Daarna volg ’n vriendskaplike toets teen Argentinië voordat die Bokke hul laaste toets voor die WB-toernooi teen Japan speel. “Ons wil bitter graag die Rugbykampioenskap wen, so sal ons spanne met daardie doelwit kies,” sê Erasmus. “Soos sake staan, sien ons daardie eerste wedstryd teen Australië as geweldig belangrik. Die een in Wellington (teen die All Blacks) is ook belangrik en kan ons stemming op pad Japan toe bepaal. Die toets teen Argentinië kan dalk bepaal of ons die Rugbykampioenskap gaan wen.” Die vriendskaplike toets teen die Poemas is die enigste een voor die WB-toernooi waar Erasmus glo hy sy kaarte kan skommel. Erasmus sal ’n span uit die groep van 31 vir die WB-toernooi kies vir die toets teen Japan in Kumagaya. “Teen daardie tyd is ons reeds op pad WB-toernooi toe. Ons gaan waarskynlik ons beste span teen Japan kies omdat ons twee weke later ons eerste groepwedstryd teen die All Blacks speel. Dit sal ’n kleedrepetisie vir die wedstryd teen die All Blacks wees,” sê hy. |
|
Leeubok
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
Post Options
Thanks(0)
|
"Ondanks daardie vereiste beplan Erasmus om sy sterkste moontlike spanne vir die toetse in die Rugbykampioenskap te kies."
Daai maak mos nie sin nie. As jy die helfde van jou span kies op grond van velkleur kan dit onmoontlik mos nie jou sterkste span wees nie
|
|
WitBoer
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2162 |
Post Options
Thanks(0)
|
Presies, hy kon nie laasjaar eers 45% haal nie, hoe kan hy nou reken hy gaan 50% haal en nogsteeds sy sterkste span kies... Maak inelkgeval nie vir my saak nie... Kies 100% swart, ek ondersteun al van 2008 af nie meer die Bokke nie, hierdie jaar sal ek maar die Iere ondersteun, hulle het laasjaar goed gelyk maar sukkel bietjie sover die jaar. Sal lekker wees as Ierland die Wereldbeker vat.
|
|
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
|
As hy in die vriendskaplike wedstryd teen die Pumas 23 kwotas kies, hoef hy in die ander 3 toetse net 23 uit 69 te kies, en dis 50%
|
|
TunaLion
Koning Leeu Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1819 |
Post Options
Thanks(0)
|
Ek kan nie glo dit is al 2019 en ons praat nogsteeds van kwota's en transformasie nie. Dit is belaglik in my opinie.
Edited by TunaLion - 06-Mar-2019 at 8:21am |
|
Go LIONS!!!!!
|
|
Leeubok
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
Post Options
Thanks(0)
|
Wel, het julle ouens gelees wat aan die gang is in skole sport? Het nou 2dae terug gelees dat met skole atletiek mag net die eerste 2 op meriete gekies word, no 3 moet 'n kwota wees. Daar is 'n post van 'n ma wie se kind 3de gekom het met een of ander resies. Nou mag daai kind nie SA's toe gaan soos wat hy verdien nie, die kwota wat 6de gekom het moet gaan. Hoe verduidelik jy dit aan daai kind?
|
|
AK
Ervare Leeu Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 867 |
Post Options
Thanks(0)
|
Maklik om dit te verduidelik. Ons moet nie meer doeke omdraai nie. Dit is rasisties... so eenvoudig soos dit. Destyds onder apartheid was wit mense die rasiste (regtelik so). Maar as ons geteiken word vir ons ras moet ons dit noem vir wat dit is...
|
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
|
Presies AK, dis rassisties, geen ander woord daarvoor nie
|
|
Leeubok
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
Post Options
Thanks(0)
|
En die ding is, dit lei tot meer haat tussen wit en swart. Daai kind wat nou uitval omdat hy wit is gaan nou natuurlik kwaad wees oor die hele saak en die swart kind blameer. Ek wonder nou maar net of die swart kind gelukkig is om 6de te kom en bo no3-5 gekies te word? En of sy ouers nou met trots rondloop en vertel hulle kind gaan SA's toe?
|
|
WitBoer
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2162 |
Post Options
Thanks(0)
|
Natuurlik is hulle trots, onthou, jy mag nie se hy is 'n kwota nie, dit tas hulle menswaardigheid aan en hulle kry so 'n groot "chip" op sy skouer dat hy jare later 'n tantrum op "live" tv gooi... Rudi Page, Oupa Mohoje ens. is volwaardige Springbokke wat dit verdien het omdat hulle pas en oupas deur 'n onregverdige sisteem agter gehou is...
|
|
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |