The Lions next play the Stormers in Cape Town in the URC on 21 December 2024, kickoff is at 15:45 |
Match 8 - Lions vs Pumas |
Post Reply |
Author | ||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 24-Apr-2023 at 9:24am |
|
Friday 28 April 2023 at Ellis Park, Kickoff at 17:00
Referee: AM Jacobs AR1: Local AR2: Local TMO: Archie Sehlako Lions: 15. Andries Coetzee, 14. Prince Nkabinde, 13. Manuel Rass, 12. Rynhardt Jonker, 11. Rabz Maxwane, 10. Gianni Lombard, 9. Morne vd Berg, 8. Francke Horn, 7. Travis Gordon, 6. JC Pretorius, 5. Darrien Landsberg, 4. Ruben Schoeman, 3. Ruan Dreyer, 2. Jaco Visagie (c), 1. Rhynardt Rijnsburger. Replacements: 16. Morne Brandon, 17. Kayden Kiewit, 18. Ruan Smith, 19. Raynard Roets, 20. Ruhan Straeuli, 21. Nico Steyn, 22. Vaughen Isaacs, 23. Stean Pienaar. Pumas: 15. Devon Williams, 14. Jade Stighling, 13. Stefan Coetzee, 12. Ali Mgijima, 11. Lundi Msenge, 10. Tinus de Beer, 9. Giovan Snyman, 8. Ruwald van der Merwe, 7. Andre Fouche, 6. Jaco Labuschagne, 5. Shane Kirkwood (c), 4. Malembe Mpofu, 3. Njabulo Gumede, 2. Corne Fourie, 1. Cameron Dawson. Replacements: 16. PJ Jacobs, 17. Etienne Janeke, 18. Simon Raw, 19. Jeandre Leonard, 20. Franna Kleinhans, 21. Chriswill September, 22. Brandon Thomson, 23. Andrew Kota
Edited by Transvaal - 28-Apr-2023 at 8:51am |
||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Mens kan nooit raai hoe hierdie ouens dink nie maar ek sou die span laai met URC spelers
|
||
monster
Ervare Leeu Joined: 05-Apr-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 681 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Stem maar dit wil voorkom asof die manne wat die besluite neem op Ellispark altyd anders en beter weet en dan sit ons altyd met rooi gesigte
|
||
Attie Karate
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Status: Offline Points: 1518 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Ek glo natuurlik kies jou beste span, want ons wil die CC wen. As hul nie ons beste span kies nie, dan is dit duidelik dat ons nie die CC wil wen nie en dan kan ons sommer nou al ontrek en nie meer deelneem nie. Edited by Attie Karate - 24-Apr-2023 at 11:07am |
||
Up the Vaal!
|
||
emiel1
Ervare Leeu Joined: 30-Jan-2019 Status: Offline Points: 532 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Sien dinge ietwat anders. D's nou 'n paar seisoene wat ons nie opgang maak in URC nie. Ons het te veel spelers wat nie impak maak in groot wedstryde en in groot oomblike nie, maar teen gemiddelde spanne skaflik vertoon. Om aan te hou om met hierdie einste spelers te ploeg bring ons nerens nie. Wenne in die CB broodnodige sal help met self-vertroue, maar dit moet gepaard gaan met antwoorde kry vir probleem areas soos verstandhouding tussen hakers en slotte, gebrek aan vaardighede en taktiese besluitneming, veral in die 10, 12 en 15 kanaal, geen baljagters wat opposisie se bal stadig maak nie, en sagte omkeebesit agv swak balvaardighede ens. |
||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Ek verstaan dan nie heeltemal wat jy wil he hulle moet doen nie. In my opinie is meeste van die spelers wat vir ons in die Curriebeker speel nie goed genoeg om aan te bly by ons nie, hulle is so swak dat hulle nerens in die Curriebeker kom nie, en geen hoop het om die ste up te maak na URC nie
|
||
emiel1
Ervare Leeu Joined: 30-Jan-2019 Status: Offline Points: 532 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Die standaard en diepte van ons spelerskorps is 'n probleem, maar dit is 'n probleem wat afrigters soos Ackerman gehad het en afrigters in kleiner unies ook het (Mens moet in ag neem dat die standaard van ons CB afrigting, sowel as spankeuses, baie swak is). Goeie afrigters en administrateurs vind oplossings en antwoorde vir hierdie tipe probleme, hulle ploeter nie voort jaar na jaar sonder enige strategiese visie nie. Ons kontraktering en benutting van spelerskorps in die unie is ook 'n groot probleem. 'n Voorbeeld is die talentvolle Tukkie baljagter Stephan Smit wat nie ons CB die jaar kon haal nie, maar in in die Griekwas CB span in stap, en ander talentvolle jong losvoorspelers soos Mark Snyman en junior Bok Izan Esterhuizen wat geignoreer word, dit terwyl gemiddelde ploeteraars soos Strauli, Sengweni, en ander jaar na jaar gekies word. Ons het dieselfde probleem in ons middeveld. Daar is 'n handvol jong spelers wat met blootstelling 'n goeie kaans het om impak maak op hoer vlak (JC Pretorius, Renzo du Plessis, Nico Steyn plus twee of drie ander). Maar plaas dan hierdie jong manne onder bekwame afrigting en tussen kwakiteit ouer spelers wat impak kan maak onder die jonger manne. |
||
Leeubok
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Off topic, maar die gesprek laat my nou wonder. Wat is dan die grootste enkele "bestanddeel" van 'n suksesvolle span? In my opinie is dit 'n goeie afrigter wat die regte spelers recruit wat by sy gameplan gaan pas. Kyk maar na die sharks wat met 'n springbokspan speel (as jy nie-huidige bokke bytel) en maar dieselfde aantal wenne kon kry. Wereldklas span, average afrigters. By die bulls wil ek amper meer se dis andersom, wereld klas afrigter en avg spelers. Maar hy het self al daai spelers aangekoop as ek dit nie mis het nie, so dalk is ou Jake nie meer die afrigter wat hy eens was nie? Hoe bly die Stormers so konsekwent goed? Lykmy Dobson is 'n baie underrated coach, en hul het het 'n goeie mix van bokke en jong talent. Ons nouweer het uiters swak hoof afrigters en hoogtens gemiddelde spelers. Dis nie 'n wen resep nie
|
||
PaBz0r
Koning Leeu Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2759 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Hy het hulle aangekoop voor en net na COVID, ek dink nie sy langtermyn planne het mooi uitgewerk nie want van daai kern spelers is in tussen weg en die wat nou eintlik nie meer die mas opkom nie sit nog met kontrakte. Ek dink baie van daai ouens se kontrakte is seker amper op, dan gaan hy weer koop en weer great lyk..
Speel tot hulle spelers se sterkpunte ook wat hulle nog beter laat lyk. |
||
gertjie0000
Koning Leeu Joined: 13-Mar-2017 Status: Offline Points: 1048 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
En ek dink hulle speler ontwikkeling is baie goed kyk maar hoe min spelers hulle inkoop teenoor spanne soos die Bulls en Sharks hulle gebruik meestal hulle jong spelers wat deurkom maar ek dink dan moet jy die regte ouens in die regte poste he om te help met die hele proses
|
||
Lion1986
Welpie Joined: 20-Jul-2021 Status: Offline Points: 150 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Dis maar n paar goed. Dit begin met die Hoofagrigter.
Daar is n ou gesegde in die NFL. Players win games and coaches lose games. Die Lions se hoofafrigter blameer spelers. n Goeie sisteem is die begin van n goeie resep vir wen. As die spelers verstaan waar hul moet wees op aanval en verdediging, dan kan jy klaar begin met iets. Spelers kies hulself nie. PJ Botha kies homself nie elke week nie. Ek weet nie hoe hy onlangs speel nie want ek het ophou Lions rugby kyk. Ek gaan nie terwyl Cash coach is nie. My Saterdae is vele beter. N goeie coach kan average spelers goed laat lyk. Ackerman is n goeie voorbeeld. N goeie coach ontwikkel spelers ook. Dan kom die ding in waar daar n goeie coach is, maar hy het sy motivering verloor. Jake White se bulls is maar baie swakker nadat hy uit die hospitaal uitgekom het. Hy het selfs gesê dat sy priotiteite moes verander. Partykeer is daar ook net n kultuur verskil tussen spelers en coaches. Al die goeie coaches kan tog die beste uit hul spelers kry. Leinster se sisteem is belaglik goed. Jy kan die b span senter speel en hy weet ook presies wat hy moet doen. |
||
Attie Karate
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Status: Offline Points: 1518 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Geen span kan net spelers links en regs koop om ñ spesifieke plan te speel nie. So dit is die afrigter se werk om te verseker dat ñ plan gevolg word wat pas by jou span se sterkpunte.
Ek glo steeds ñ redelike konserwatiewe spelpatroon rondom goeie balretensie is die beste. Skop vir posisie uit jou eie kwartgebied, skop hoog tussen kwartgebied en halflyn. Enige besit in opposisie se helfde moet gehou word met kort fases en eers wyd gaan na so 3, 4 fases. Balretensie was juis een van ons grootste uitdagings die seisoen. So ook die onvermoë om opposisie se bal te vertraag.
|
||
Up the Vaal!
|
||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Span opgedateer, mengsel van URC en CB
|
||
Puttertjie
Pasgebore Leeu Joined: 03-Apr-2016 Location: Sydney, NSW Status: Offline Points: 89 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Wat de ### maak Ruhan Streauli nog in enige span? Ek is oortuig enige van Sangweni of Renzo du Plessis kan baie meer vir die span beteken.
|
||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
21-3 vir ons rustyd, lyk of ons URC spelers gewoond is aan 'n baie vinniger tempo. Landsberg en Lombard is vol foute en tot dusver die pumas se beste spelers
|
||
Attie Karate
Koning Leeu Joined: 31-Mar-2016 Status: Offline Points: 1518 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Ons verdediging was puik vanaand. Het die Pumas in baie hanteerfoute in gedwing wat hul tempo heeltemal gebreek het. Verdediging teen hul mauls was letterlik 100% effektief. Verder het Pumas ons heeltemal onderskat met paar vreemde spankeuses. Weet nie of dit agv beserings was nie.
Met bal in hand was ons maar weereens baie verbeeldingloos en voorspelbaar. Gelukkig het ons pak gedomineer.
|
||
Up the Vaal!
|
||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
26-10 wen vir ons, nie juis ons beste 2de helfte nie
|
||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Een dingh wat my verbaas is al die websites en selfs die kommentators wat gereken het die Pumas is die gunstelinge, met ons URC spelers as ons vertloor het kon ons maar toemaak
|
||
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Ons was wel op 'n 5 wedstryd losing streak teen die Pumas
|
||
emiel1
Ervare Leeu Joined: 30-Jan-2019 Status: Offline Points: 532 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
Pretorius , van der Berg en Horn het goed gelyk met bal in hand, maar Prertorius was uitstaande om teenstanders se bal stadig te maak. Vaste vyf was solied. Behalwe vir Krappie, het ons maar agterlangs gesukkel en planloos gelyk toe ons goeie voorvoetbal gekry het. Dir is dalk tyd dat Andries Coetzee sy toks ophang.
Edited by emiel1 - 28-Apr-2023 at 8:01pm |
||
valie
Koning Leeu Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
Post Options
Thanks(0)
|
|
[QUOTE=emiel1]Pretorius , van der Berg en Horn het goed gelyk met bal in hand, maar Prertorius was uitstaande om teenstanders se bal stadig te maak. Vaste vyf was solied. Behalwe vir Krappie, het ons maar agterlangs gesukkel en planloos gelyk toe ons goeie voorvoetbal gekry het. Dir is dalk tyd dat Andries Coetzee sy toks ophang.
Ek moet sê: vir my was Reihard Jonker ook goed op die aanval, sowel as die verdediging.
|
||
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |