The Lions next play the Stormers in Cape Town in the URC on 21 December 2024, kickoff is at 15:45 |
'My f*k, Marelize', hier is sy! |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 01-Mar-2019 at 12:16pm |
https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/my-fk-marelize-hier-is-sy-20190301
Marelize Horn (19), die Namibiese vrou wat met haar fiets op 'n rugbyveld in 'n doelpaal vasgery het, sê sy is 'n "ongeluksvoël" wat amper elke dag neerploeg. News24 het Marelize opgespoor. Sy sê haar ma, Heidi, sê amper elke liewe dag vir haar "my f*k, Marelize" omdat sy pal neerval. "Ek loop van goed af of ek loop teen goed vas." 'n Video van Marelize wat met haar fiets in 'n paal vasry, waarna die persoon dan die kamera laat sak en moedeloos sê: "My f*k, Marelize" het sedert Woensdag soos 'n veldbrand op sosiale media versprei. Marelize sê sy is geskok oor hoe gewild die video is. "Ek bly my ma bel om te vra of dit alles net 'n droom is." Marelize sê iemand het reeds 'n T-hemp met die woorde op gemaak. Sy het Saterdagoggend omstreeks 10:30 geoefen om fiets te ry by Affiespark in Windhoek. "Ek weet dit klink baie vreemd, maar ek leer uiteindelik op die ouderdom van 19 om fiets te ry." Sy en haar ma het gekies om op die sportveld te oefen omdat sy darem op gras sou val, as sy dan moes. "My ma het 'n video gemaak van my wat fietsry sodat ons uit my foute kan leer." Marelize sê sy het heerlik gery totdat sy naby die rugbypaal gekom het. "Ek wou regs draai, maar die fiets het heeltyd links gedraai. Ek het geen beheer oor die fiets gehad nie en toe bots ek teen die paal." Sy was glo oral gekneus, maar sal nie toelaat dat dit haar fietsry belemmer nie. Haar ma het glo nadat sy "My f*k, Marelize" gesê het, gevra of die fiets darem oukei is. Hulle het die fiets by iemand geleen en Heidi was bang daar is skade aan die fiets. Marelize sê sy leer hoe om fiets te ry omdat sy Nederland toe trek, waar sy as au pair gaan werk. |
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
|
Het gister die video gesien dis heng snaaks, meisie ry op 'n rugbyveld met 'n fiets, so lekker wye draai en dan reguit na die rugbypaal en kan hom net nie misry nie....LOL! Ek dink sy moet nog baie oefen voor sy in Amsterdam met 'n fiets probeer ry
En haar ma se kommentaar....my fok Marelize
|
|
valie
Koning Leeu Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
Post Options
Thanks(0)
|
Het dit ook gesien. Die tannie klink redelik moedeloos
|
|
TunaLion
Koning Leeu Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1819 |
Post Options
Thanks(0)
|
Nou weet julle waarmee moet ek werk op n daaglikse basis hier in Windhoek...
|
|
Go LIONS!!!!!
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |