Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus verloor Kwagga, Vincent én Boeboes
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Sharks in Durban in the Currie Cup on 5 July 2024, kickoff is at 17:15

Leeus verloor Kwagga, Vincent én Boeboes

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39317
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus verloor Kwagga, Vincent én Boeboes
    Posted: 19-Mar-2019 at 9:15pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-verloor-kwagga-vincent-en-boeboes-20190319

Die Leeus het al wéér ’n lostrio-krisis, nadat hulle Dinsdag moes hoor nie Kwagga Smith óf Vincent Tshituka kan saamreis na Singapoer vir die naweek se wedstryd teen die Sunwolves nie.

Om die waarheid te sê gaan die duo vir ’n hele ruk nêrens heen saam met die span kan reis nie. Albei sal minstens ses weke op die kantlyn deurbring: Smith omdat hy ’n adduktor-sening tydens Saterdag se terugveg-sege teen die Rebels beseer het en Tshituka weens ’n skeur in ’n enkelligament.

Dis ’n yslike slag vir die Leeus, met Smith en Tshituka albei uitmuntend in die Johannesburgers se laaste twee wedstryde. Smith was Saterdag teen die Rebels ’n handvol op die aanval en die verdediging, terwyl Tshituka in net sy tweede wedstryd op Superrugby-vlak beïndruk het met goeie posisionele spel en ’n gewilligheid om die donkiewerk te doen.

“Vincent het nog las van harsingskudding ook, maar die besering wat hom vir ses weke gaan uithou is ’n graad 2-skeur aan ’n ligament in sy enkel,” het die Leeus se spandokter, Rob Collins, gesê.

Volgens Collins sal die flank Cyle Brink nog tot die Leeus se tuiswedstryd teen die Haaie in die eerste week van April buite aksie wees, en sal Warren Whiteley eers twee weke daarna gereed wees om te speel.

Die Leeus het ’n loslootjie voor die Haaie-stryd, wat beteken die Sunwolves-wedstryd is hul laaste sonder Brink.

Met soveel losvoorspelers beseer kan die deur na die Leeus-span moontlik nou weer oop swaai vir Hacjivah Dayimani, Robert Kruger of James Venter.

Dayimani het tot dusver die seisoen al die Leeus se nr. 7- en 8-truie gedra, Kruger het teen die Jaguares en Bulle van die bank af gekom en Venter het sy enigste 15 minute van die 2019-reeks voorverlede week teen die Jaguares gekry.

Dis ook nie net onder die losvoorspelers wat daardie week gemeet en pas moet word nie.

Andries Coetzee, wat ’n onmiddellike verskil gemaak het toe hy Saterdag teen die Rebels van die bank af die heelagter-posisie ingeneem het, sal weens ’n seer dyspier tuis bly.

Gelukkig het die jong Tyrone Green gewys die Leeus kan maar gerus op sy knoppie druk in Coetzee se afwesigheid. Die 20-jarige se beste oomblikke in sy Super-buiging Saterdag het weliswaar gekom toe hy in die tweede helfte op regtervleuel gaan staan het, maar hy is propvol rugby en kan op enige plek in die agterste driehoek waarde bied.

Coetzee sal na verwagting net hierdie week uit wees.

Die loskopstut Dylan Smith het ’n wangbeen gebreek en sal vir tussen 8 en 12 weke nie speel nie omdat hy ’n rekonstruktiewe prosedure moet ondergaan.

Daar was wel ook ’n bietjie goeie nuus vir die Leeus. Sylvian Mahuza sal weer die naweek kan speel en Jacobie Adriaanse het herstel van die harsingskudding wat hom buite aksie gehou het.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.