Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus sal moet slyp aan verdediging
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Sharks in Durban in the Currie Cup on 5 July 2024, kickoff is at 17:15

Leeus sal moet slyp aan verdediging

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39317
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus sal moet slyp aan verdediging
    Posted: 15-Apr-2019 at 5:31am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-sal-moet-slyp-aan-verdediging-20190414

Die Leeus sal moet leer om te keer.

Hul vrot verdediging was Saterdag weer die rede hoekom hulle streepsuiker gekry het teen die Brumbies in Canberra in hul eerste toerwedstryd in Australasië.

Die Brumbies het vyf drieë gedruk in hul sege van 31-20 en daar wag nog baie krokodiltrane op die Leeus as hulle nie vinnig plan maak om hul verdediging met rasse skrede te verbeter nie.

In Leeuland word daar geroem en baie klem gelê daarop dat hulle ’n span is wat drieë kan druk en weet waar die doellyn is.

Die statistieke word gereeld onder jou neus gedruk oor hoeveel drieë hulle druk.

Wel, hulle het net soveel drieë afgestaan (29) as wat hulle al hierdie seisoen gedruk het.

Die 29 keer dat hulle agter hul eie doelpale gestaan het, is op drie na die meeste in die hele reeks en ook verreweg die meeste in die Suid-Afrikaanse konferensie, waar hulle nou laaste is.

Swys de Bruin, die hoofafrigter, het ná Saterdag erken die foute op die verdediging is die groot probleem.

“Ons sal dit moet regmaak, want daar was heeltemal te veel sagte oomblikke wat ons duur te staan gekom het,” het hy gesê.

Dit is egter ’n rympie wat hy nou al herhaaldelik oor die afgelope jaar en ’n half moes opsê.

Hoekom is daar min verbetering wat die verdediging betref?

Dit is werklik ’n aanklag en vingerwysing na veral die verdedigingsafrigter, Joey Mongalo, maar ook na die res van die afrigters wat leiding moet vat en toesien dat dinge gebeur.

Dit is al asof daar met sagte handskoene gevat word aan hierdie probleem, en ’n mens kan net wonder wat die rede daarvoor is.

Veral op die regtervleuel, waar Ruan Combrinck gespeel het, was die Leeus se verdediging uiters power en kon die Brumbies deurdraf na hartelus.

Met hul tweede drie deur Toni Pulu het Combrinck op onverantwoordelike wyse ’n baie onwaarskynlike onderskep probeer en was totaal en al uit posisie om te kon keer.

De Bruin sê hierdie nederlaag laat ’n bitter smaak in die mond, “maar môre sal die son weer skyn”.

“Ons kan nie in ons dop kruip nie en sal hard moet werk om die foute reg te maak.

“Met hierdie jong groep moet jy leer om te kruip voordat jy kan loop. Daar was verskeie goeie aanvalle, maar ons kon net nie afrond nie.”

“Dit gaan nie net oor wen of verloor nie, maar om goeie, gehalterugby te speel,” meen hy.

Malcolm Marx, die kaptein en die enigste speler wat tevrede kon voel met sy spel en wat aan die voorpunt van alles was, reken dit is nog te vroeg om paniekerig te raak en dat daar bemoedigende tekens was.

Wel, met die Chiefs en die Crusaders wat nou in Nieu-Seeland wag, sal die Leeus ernstig moet besin en daar sal ’n skielike ommekeer in die verdediging moet kom, anders wag daar groot moeilikheid.

Puntemakers:

Brumbies 31 (19): Drieë: Lachlan McCaffrey, Toni Pulu, Tivita Kuridrani, Tom Banks, Tom Wright. Doelskoppe: Christian Lealifano (3).

Leeus 20 (8): Drieë: Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Sylvian Mahuza. Doelskop: Jantjies. Strafdoel: Jantjies.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Apr-2019 at 7:14am
Goeie artikel. Ons as ondersteuners kla nou al hoe lank oor die verdediging maar Swys wil mos net driee druk.. 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.