The Lions next play the Stormers in Cape Town in the URC on 21 December 2024, kickoff is at 15:45 |
Kings sê nee dankie vir Bok-vleuel |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39964 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 18-Apr-2019 at 3:02pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/kings-se-nee-dankie-vir-bok-vleuel-20190418
Die voormalige Springbok-vleuel Jamba Ulengo sal nie volgende seisoen vir die Southern Kings speel nie. Deon Davids, die Kings se hoofafrigter, sê die Oos-Kaapse franchise was nie tevrede met Ulengo se mediese toetse nie. Davids wou nie te veel besonderhede gee nie, maar sê die Kings het al te veel keer in die verlede hul vingers verbrand wanneer hulle spelers oor wie se fiksheid ’n vraagteken hang, gekontrakteer het. “Ons het al te veel spelers gehad wat weens beserings nie aan ’n behoorlike voorseisoense oefenkamp kon deelneem nie en wat dan min deur ons gebruik kon word,” sê Davids. Hy sê ook dis nie waar dat die Kings summier net ’n groot getal van hul spelers nie weer gaan kontrakteer nie. “Ons (hy en Robbi Kempson, die Kings se hoëprestasie-bestuurder) monitor die situasie fyn,” sê Davids. “Van die spelers kan steeds weer betrek word. Daar is verskeie dinge wat in ag geneem moet word.” In hierdie stadium is daar nog geen nuus vanuit Toulon, met wie die Kings onlangs ’n samewerkingsooreenkoms aangegaan het, van spelers wat aan die Oos-Kaapse franchise geleen kan word nie. Die onderhandelinge met die losskakel Demetri Catrakilis, wat in Engeland klubrugby speel, is ook nog hangende. * Verskeie spelers van die Kings se groep het Woensdag in ’n vriendskaplike wedstryd vir die Oostelike Provinsie-Olifante teen die SWD-Arende in Plettenbergbaai gespeel. Die Olifante was met 40-21 baas. Van die klubspelers wat glo vir die Olifante gespeel en uitgeblink het, sluit in die skrumskakel Richmond Gora en die senter Sherwin Slater. |
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |