The Lions next play the Bulls at Ellis Park in the URC on 25 January 2025, kickoff is at 14:45 |
Ackers kap na Leeus oor Sous |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Online Points: 40025 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 02-Dec-2018 at 6:56pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/ackers-kap-na-leeus-oor-sous-20181202
Gloucester het die eerste ronde teen die Leeus gewen, maar dis nog nie die einde van die geveg oor Franco Mostert se toekoms nie. In ’n verrassende ontwikkeling in die kontraktwis oor Mostert is die Springbok-slot toegelaat om gister sy buiging vir Johan Ackermann se Engelse klubspan in ’n Premierliga-kragmeting met Worcester Warriors te maak. Maar die Leeus en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) oorweeg dit volgens Rapport se inligting “sterk” om Wêreldrugby te versoek om sy besluit te heroorweeg. Dit nadat Wêreldrugby die week bevind het Mostert het geen reël in sy onderhandelinge met sy Engelse klubspan oortree nie. Gloucester en Mostert, wat deur die RFU (Engelse Rugbyunie) ondersteun word, het dus nie soos gebruiklik die Leeus of Saru se klaringsertifikate benodig voordat hy gister kon speel nie. Die Leeus maak beswaar teen sy skuif na Gloucester omdat die Engelse klub glo strydig met Wêreldrugby se reëls met hom onderhandel en as hul speler aangekondig het, voordat sy kontrak met die Johannesburgse span verstryk het. Die Leeus het ook ’n oordragsfooi van Gloucester vereis voordat hulle bereid was om Mostert vry te stel. Die toutrekkery oor Mostert het egter Vrydag ’n onverwagse wending geneem toe Ackermann sy naam in sy 23-tal vir gister se wedstryd uitgelees het. Ackermann het ook sy voormalige span se optrede bevraagteken én sy verbasing daaroor uitgespreek. “Ek is verbaas dat hulle nie geveg het vir spelers soos Jaco Kriel, Ruan Dreyer, Faf de Klerk of van die ander spelers wat hulle die laaste twee seisoene verlaat het nie,” het Ackermann aan Gloucestershire Live gesê. “Ek is nog meer verbaas omdat ek gedink het elke speler en elke persoon het ’n vrye wil om te kies waar hy wil gaan. Stephen Vaughan, Gloucester se uitvoerende hoof, het aan Gloucestershire Live gesê hulle wou net verseker dat Mostert weer werk en betaal word. “Dit is nie veel ingewikkelder as dit nie,” het Vaughan gesê. ’n Ingeligte het aan Rapport gesê dié besluit deur Wêreldrugby kan verreikende gevolge inhou. Veral die agente het groot belangstelling in die saak aangesien daar voor die amptelike 120 dae van die verstryking van Mostert se kontrak met hom onderhandel is. |
|
Vaal Leeu 3
Ervare Leeu Joined: 04-Mar-2017 Location: Sasolburg Status: Offline Points: 647 |
Post Options
Thanks(0)
|
Hierdie raak nou effens onsmaaklik...
|
|
Goue Leeu
Koning Leeu Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
Post Options
Thanks(0)
|
Ummmmmm... Ackerman. Jaco Kriel, Dreyer, Faf, ens. is binne die reëls gekontrakteer deur oorsese klubs! Wat verstaan jy nie??
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |