LionsWorld Forum : WP slaan vure dood oor Treu
Subject: 7315
Posted: 30-Jan-2019 at 10:25am
Subject: 7315
Posted: 30-Jan-2019 at 9:54am
If Dobson becomes the next Stormers, coach then the may become a force again.
Subject: 7315
Posted: 29-Jan-2019 at 7:02pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wp-slaan-vure-dood-oor-treu-20190129
Die Westelike Provinsie Rugbyunie se ringkoppe het Dinsdag nogmaals oortyd gewerk om vure dood te slaan oor die jongste gerugte oor die afrigter Paul Treu.
Luidens berigte vroeër in die week het spelers Sondag vergader en is hulle bereid om te staak indien die WP nie van Treu ontslae raak nie. Daar is ook berig dat die WP sy hoofborg, DHL, sal kwyt wees indien hy nie vir Treu die trekpas gee nie. Albei gerugte is onwaar.
DHL het dit in ’n verklaring aan Netwerk24 ontken, terwyl Gert Smal, die WP se direkteur van rugby, sê dat hy niks oor ’n moontlike staking gehoor het nie.
As die spelers van plan was om te staak, het hulle dit Dinsdag beslis goed weggesteek, want daar was ’n deeglike oefensessie in Bellville se hitte.
Oor die gerugte dat hy hom moontlik kan onttrek, het DHL by monde van Megan Roper, sy hoof van bemarking vir Afrika suid van die Sahara, die volgende gesê: “DHL is ’n toegewyde borg en vennoot van die WP en Stormers. Ons bly in gesprek en hou aan om die WP te ondersteun om ’n platform vir sukses te skep. Alle spanbestuur- en spelerkwessies val binne die mandaat van WP Rugby.”
Die drama oor Treu het sy oorsprong in ’n voorval in 2018 waar hy ná die Stormers se mislukte Superrugby-veldtog uit ’n vergadering met Smal en Robbie Fleck, die afrigter, gestap het. Smal het die vergadering aangevra om te hoor waarom Treu nie ’n hersieningsvergadering wou bywoon nie.
Treu meen daar was diskriminasie teenoor hom op die Stormers se bestuurspan en het selfs ’n verslag daaroor saamgestel. ’n Onafhanklike ondersoeker, die regsfirma Bowmans, kon egter geen bewyse vind dat daar teen hom gediskrimineer is nie.
Desondanks die ontkennings heers daar ’n onplesierige atmosfeer in die WP en het die Treu-kwessie tot verdeeldheid aanleiding gegee.
Die WP het enkele weke voor die Superrugby-reeks begin nog nie eers ’n bestuurspan vir die Stormers aangekondig nie, omdat daar nie uitsluitsel oor Treu se posisie is nie. Hy was in 2018 ’n hulpafrigter.
Daar word nou gepraat oor ’n moontlike rol as tegniese ontleder vir Treu en oor die naweek is daar selfs berig dat hy vir Smal se pos oorweeg word.
’n Hardnekkige gerug dat Peter de Villiers, voormalige Bok-afrigter, oorweeg word om vir Fleck in 2020 op te volg, het ook weer sy kop uitgesteek.
Die WP se senior leierskorps – Zelt Marais, president, Moneeb Levy, adjunkpresident, Paul Zacks, uitvoerende hoof, en dr. Johan van der Merwe, voorsitter van die direksie, – het gevolglik Maandag met spelers vergader om die netelige kwessies te bespreek.
“Almal het saamgestem dat dringende stappe gedoen moet word om onsekerheid uit die weg te ruim oor toekomstige afrigting- en spanbestuur-strukture,” lui ’n verklaring deur die WP.
“In pas met goeie korporatiewe bestuur is WP Rugby met gesprekvoering en strategiese beplanning besig om die optimale strukture vir 2020 en daarna te vestig. Dit word gedoen om spelers te kan behou en ook gehaltespelers in die toekoms WP toe te lok. Baie spelers se kontrakte verstryk aan die einde van 2019.”
Fleck se kontrak as Stormers-afrigter verstryk ook vanjaar. John Dobson, die WP se hoofafrigter, is die gunsteling om hom op te volg.