LionsWorld Forum : Fleck gaan nie sterre naweek waag
Subject: 7297
Posted: 28-Jan-2019 at 9:17am
Subject: 7297
Posted: 28-Jan-2019 at 9:12am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/fleck-gaan-nie-sterre-naweek-waag-20190127
Die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, gaan van sy sterre in watte toedraai vir Sondag se vriendskaplike rugbywedstryd teen die Bulle in die Kaapstad-stadion.
“Ons sal van die Springbokke wat op die jaareindtoer was inspan, maar die ouens wat baie rugby daar gespeel het kort nog twee weke se kondisionering,” het Fleck Saterdag ná sessies teen Valsbaai en ’n gekombineerde klubspan in Constantia gesê.
Dit beteken waarskynlik dat Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit, Frans Malherbe, Steven Kitshoff en Damian de Allende afwesig gaan wees.
Met die dat die Stormers en Bulle mekaar op 16 Februarie op Loftus in hul eerste Superrugby-wedstryd vanjaar pak, sal die Kapenaars waarskynlik ook hul taktiek voor daardie wedstryd wegsteek.
“Ek dink die Bulle gaan ook ’n sterk span kies. Dit gaan takties interessant wees omdat ons natuurlik nie te vroeg wil wys wat ons beplan nie,” het Fleck gesê.
Die afgelope Saterdag se rugby teen klubspanne was ’n goeie manier om in speeltoestande te slyp. Die Stormers het in die 40 minute teen ’n gekombineerde span sewe drieë gedruk sonder om pale toe te skop. Hulle het die sessie teen Valsbaai met 42-14 gewen.
Vir Fleck was die telbord egter nie die kwessie nie. Hy kon wel ’n paar spelers onder die loep neem en was beïndruk deur die oopkantflank Nama Xaba, wat etlike kere omkeerbesit afgedwing het.
Die senters Daniël du Plessis en Dan Kriel is ook vir goeie spel uitgesonder. Du Plessis het vier drieë aangeteken.
Natuurlik kan ’n mens nie veel daarin lees nie, maar die punt van dié kragmetings was vernaam om die Stormers se kondisionering op te skerp.
Daar was vroeër in die oggend vir die Kapenaars se voorste linie spelers met al die Bokke ’n taai kondisioneringsessie.
“Ons werk hard aan kondisionering. Die grootste positief uit ons spel was die werk by die afbreekpunte. Ons was aggressief en het besit daar gewen,” het Fleck gesê.
Die Bok-slot Eben Etzebeth was aanwesig, maar kon weens sy seer voet nie saam oefen nie. Dis onwaarskynlik dat hy fiks sal wees vir die wedstryd teen die Bulle.