Print Page | Close Window

Match 28 - Highlanders vs Rebels

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8709
Printed Date: 29-Jun-2024 at 8:05am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 28 - Highlanders vs Rebels
Posted By: Transvaal
Subject: Match 28 - Highlanders vs Rebels
Date Posted: 25-Feb-2020 at 8:08am
Friday 28 February 2020 in Dunedin, kickoff at 08:05 SA Time

Referee: Paul Williams
AR1: James Doleman
AR2: James Munro
TMO: Chris Hart

Highlanders: 15 Michael Collins, 14 Josh McKay, 13 Rob Thompson, 12 Josh Ioane, 11 Jona Nareki, 10 Mitch Hunt, 9  Aaron Smith, 8 Marino Mikaele Tu'u, 7 James Lentjes (captain), 6 Teariki Ben-Nicholas, 5 Jack Whetton, 4 Jesse Parete, 3 Siate Tokolahi, 2 Ash Dixon, 1 Daniel Lienert-Brown
Replacements: 16 Liam Coltman, 17 Ayden Johnstone, 18 Jeff Thwaites, 19 Manaaki Selby-Rickit, 20 Dillon Hunt, 21 Kayne Hammington, 22 Teihorangi Walden, 23 Scott Gregory

Rebels: 15 Dane Haylett-Petty (captain), 14 Andrew Kellaway, 13 Tom English, 12 Bill Meakes, 11 Marika Koroibete, 10 Matt To’omua, 9 Ryan Louwrens, 8 Isi Naisarani, 7 Richard Hardwick, 6 Angus Cottrell, 5 Matt Philip, 4 Gideon Koegelenberg, 3 Jermaine Ainsley, 2 Anaru Rangi, 1 Matt Gibbon
Replacements: 16 Jordan Uelese, 17 Cameron Orr, 18 Cabous Eloff, 19 Ross Haylett-Petty, 20 Rob Leota, 21 Frank Lomani, 22 Michael Wells, 23 Andrew Deegan

LionsWorld Prediction: Landers met 14



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 26-Feb-2020 at 10:39am
Landers se span opgedateer in die eerste pos


Posted By: Transvaal
Date Posted: 26-Feb-2020 at 12:52pm
Rebels se span opgedateer in eerste pos


Posted By: Transvaal
Date Posted: 27-Feb-2020 at 7:34pm
LionsWorld Prediction: Landers met 14


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 7:17am
Skop oor so 45 minute af, ek dink nie die Landers behoort te sukkel nie, die Aussie spanne doen gewoonlik nie juis goed in NZ nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:12am
Landers staan 'n strafskop naby aan hulle doellyn af, Rebels gaan vir die lynstaan


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:13am
Hulle maul maar die Landers steel die bal as daar 'n ruck vorm en Landers skop uit op die kwartlyn


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:13am
68% besit vir die Rebels in die eerste 6 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:15am
Lynbreek van die Rebelle van daai lynstaan af en hulle druk, doelskop oor, 7-0 na 8 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:16am
Nog 'n Rebelle lynbreek na die afskop, Landers se verdediging nie so effektief nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:19am
Landers lyk so effens uit die veld geslaan met die Rebelle wat ernstig vir hulle kom in die eerste 10 minute, Rebelle het weer 'n strafskop binne trefafstand en hulle gaan weer vir die lyn


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:19am
En die keer werk die maul en hulle is 12-0 voor!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:20am
Landers het geen antwoord in die eerste 13 minute nie...dalk 'n upset op die kaarte


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:21am
Doelskop oor, 14-0 na 14 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:28am
Rebels druk hulle 3rde drie....verseker kom hier 'n upset


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:30am
Doelskop oor, 21-0 na 22 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:33am
Drie en doelskop Landers, 21-7 na 24 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:53am
Landers baie na aan 'n drie maar uitgeduik naby doellyn


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:54am
In die beweging het die Rebelle ook amper onderskep, en dit het die spasie vir die vleuel gegee want die onderskep was mis


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 8:58am
Drie en doelskop Landers net voor rustyd, so rustyd telling is 21-14 vir die Rebelle


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:19am
Landers het 'n strafskop reg voor die pale gehad, hulle kies die skrum en lyk of hulle gaan druk het, TMO ingeroep


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:20am
Hulle kyk na die aangee van die skrummie en vir my lyk dit vorentoe


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:20am
TMO stem saam dat dit vorentoe was, so rebels skrum 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:37am
Landers kry 'n overlap regs en druk


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:38am
En ek het vergeet dat die Rebels ook 'n onderskep drie na rustyd gedruk het. Doelskop van die Landers is mis, so die telling is 28-19  vir die Rebels na 64 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:40am
TMO kyk vir vuilspel, speler van die Rebels in die lug gespeel, geel kaart vir Landers se nommer 23


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:44am
Landers het 'n baie skopbare strafskop, met 9 punte agter sou ek se vat die punte?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:45am
Die Rebels se senter het ook nou 'n geel kaart gekry, en intussen vat die Landers die punte en telling is nou 28-22 na 68 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:52am
Steeds 28-22 met 6 minute speeltyd oor


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:53am
Rebels het amper gaan druk na hulle 'n up-and-under geskop het en die bal gevang het, maar slaan aan baie naby aan die Landers se doellyn


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:55am
Baie min tyd oor vir die Landers om hierdie een te red, 3 minute oor en hulle het 'n lynstaan op hulle 10 meter lyn


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:56am
Rebels is op die oomblik hulle eie grootste vyand, bly oortree


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:58am
TMO kyk nou weer vir 'n Rebels speler wat in die lug gespeel is, baie soos Kwagga se oorteding in die finaal 'n paar jaar terug


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 9:59am
Landers speler kry 'n geel kaart maar kon net sowel rooi gewees het


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 10:00am
so 1 minuut oor, maar ek dink dis neusie verby vir die Landers


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 10:01am
Rebels probeer die horlosie afspeel maar slaan aan en die Landers het weer die bal, maar dis in hulle eie helfte, en dan staan die Rebels weer 'n strafskop af, maar ons is ook in ekstra tyd


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 10:01am
So enige Landers fout nou en dis verby


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 10:02am
ugh...Rebels steel die ingooi by die lynstaan en skop uit, Rebels wen 28-22


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 10:05am
Klink of dit die eerste keer ooit is dat die Rebels wen in Dunedin


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2020 at 10:07am
So die Rebels is nou 9de op die log en 2de in die Aussie konferensie


Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 28-Feb-2020 at 10:14am
Lekker Rebels ,n goeie begin vir my superbru die naweek

-------------
Once a Lion always a lion



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net