Print Page | Close Window

Brumbies 'aangeskakel' vir Leeus

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7743
Printed Date: 07-Jul-2024 at 3:06am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Brumbies 'aangeskakel' vir Leeus
Posted By: Transvaal
Subject: Brumbies 'aangeskakel' vir Leeus
Date Posted: 11-Apr-2019 at 5:27am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/brumbies-aangeskakel-vir-leeus-20190410" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/brumbies-aangeskakel-vir-leeus-20190410

Die Brumbies is op koers om van hul groot kanonne terug te verwelkom wanneer die Leeus in Canberra aankom vir Saterdag se Superrugby-kragmeting by die GIO-stadion.

Boaan daardie lys sterre is die Wallaby-staatmaker David Pocock, wat uiteindelik weer fiks is nadat hy die afgelope klompie weke weens ’n kuitbesering langs die kantlyn was.

Allan Alaalatoa (gewrig) is ook gereed om terug te keer.

Die Brumbies gaan gebuk onder beserings. Pocock, Alaalatoa, Toni Pulu, Henry Speight, Sam Carter en Rob Valetini, almal gereelde name in die beginspan, is genoop om ’n deel van die seisoen mis te loop.

Dit het die span se vermoë om kontinuïteit te handhaaf gekelder, terwyl Rugby Australië se versoek om ’n rotasiebeleid op sleutelspelers toe te pas, ook ’n impak het.

Die Brumbies kon vanjaar slegs in Canberra seëvier, met oorwinnings teen die Chiefs en die Waratahs. Hulle beklee tans die vierde plek op die Australiese Konferensie nadat hulle vyf nederlae gely het, slegs een minder as die Sunwolves wat onderaan die punteleer pronk.

Die Brumbies het verlede week in Christchurch vir 40 minute teen die Crusaders vasgebyt en was teen rustyd met 7-0 voor.

’n Bedrewe tweede helfte deur die tuisspan het egter verseker dat die Kiwi’s met 34-14 seëvier en ses drieë in die tweede 40 minute aanteken.

Tom Banks, heelagter van die Brumbies, sê ná ’n “taai” oorsig is die span oorgehaal in die aanloop tot die kragmeting teen die Leeus.

“Hulle is mal daaroor om die bal wyd te speel,” sê hy.

“Ons moet vir die duur van die wedstryd aangeskakel wees. Ons moet in daardie tydperk ná rustyd onsself ingrawe en die wedstryd sterk klaarmaak.

“Almal sien daarna uit om weer by die huis te speel, so ons is gereed om ons beste te lewer.

Dan McKellar, afrigter van die Brumbies, maak Donderdag sy span bekend.



Replies:
Posted By: rooibont
Date Posted: 11-Apr-2019 at 7:19am
HKGK my arme Lions !!



Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 11-Apr-2019 at 7:27am
Originally posted by rooibont rooibont wrote:

HKGK my arme Lions !!

Reken die manne sal hard inklim na die sharks vernedering en hard probeer, maar dis moeilik om 'n wen te sien. Die Lions het wel 'n neiging om so nou en dan die brumbies in canberra te verras.. selfs tydens die maer jare.


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 11-Apr-2019 at 7:31am
Mens kan hoop maar ek vir een gaan nie enige weddenskappe op die een aangaan nie...



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net