Print Page | Close Window

Cyle terug om Leeus-lostrio te stu

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7718
Printed Date: 07-Jul-2024 at 1:02am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Cyle terug om Leeus-lostrio te stu
Posted By: Transvaal
Subject: Cyle terug om Leeus-lostrio te stu
Date Posted: 01-Apr-2019 at 7:46pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/cyle-terug-om-leeus-lostrio-te-stu-20190401" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/cyle-terug-om-leeus-lostrio-te-stu-20190401

Is die batterye herlaai of die momentum verbreek?

Dit is die vraag wat die Leeus Vrydagaand moet beantwoord wanneer hulle die Haaie op Ellispark in Johannesburg in die Superrugbyreeks die stryd aansê.

’n Loslootjie kan óf op ’n baie geleë tyd sy opwagting maak, óf dit kan die lastigheid van ’n irriterende klippie in die skoen wees.

Die Leeus het juis hul laaste drie wedstryde gewen deur die Jaguares en Rebels op Ellispark te klop en daarna in Tokio met die Sunwolves af te reken. Daarom was die loslootjie die afgelope naweek dalk nie presies wat hulle sou wou hê nie.

Swys de Bruin se span sou juis kennis geneem het van hoe die Bulle ná hul reeks goeie vertonings vroeg in die seisoen teen die Chiefs met die broek op die knieë betrap is. Die Chiefs-loesing het gekom die week nadat hulle ook vanuit ’n wedstryd-oogpunt moes leeglê.

Teen die Haaie sal die tuisspan wil aangaan waar hulle in Singapoer opgehou het. Die een voordeel van die loslootjie was dalk net dat hulle kon herstel ná die reis Japan toe.

’n Tikkie goeie nuus vir die Leeus kan ook wees dat die flank Cyle Brink herstel het van ’n langtermyn-besering wat veroorsaak het dat hy nog nie hierdie seisoen in aksie was nie.

Die Leeus moes juis tot dusver hierdie seisoen heelwat rondval met hul lostrio-kombinasies, en Brink, wat teen die einde van verlede seisoen toe hy voor sy besering goed op dreef was, sal met sy terugkeer ekstra stukrag kan verleen.

Die agtsteman en kaptein, Warren Whiteley, is egter nog beseer en sal nie oorweeg kan word nie.

Teen die Sunwolves is spelers uit posisie gespeel om meer spierkrag aan die lostrio te verleen en sou Brink wel oorweeg kan word vir die Haaie-stryd, sal dit ’n groot hupstoot in daardie verband wees.

Met die besoekers uit Durban, wat met Daniël du Preez aan die spits en Jacques Vermeulen kort op sy hakke baie spiere in hul lostrio het, sal die Leeus mooi moet besin oor hoe hul lostrio gaan lyk.

Met Brink beskikbaar sal De Bruin en sy besluitnemers ’n goeie balans tussen die draers van nommers ses tot agt kan handhaaf.



Replies:
Posted By: Leeubok
Date Posted: 02-Apr-2019 at 7:19am
Goeie nuus dat Brink reg sal wees! Maar hy het so lanklaas rugby gespeel, ek wonder of dit nie bietjie te veel van hom verwag om die wedstryd te begin?


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 02-Apr-2019 at 7:35am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Goeie nuus dat Brink reg sal wees! Maar hy het so lanklaas rugby gespeel, ek wonder of dit nie bietjie te veel van hom verwag om die wedstryd te begin?
Met al die losvoorspeler-beserings weet ek nie of daar 'n keuse is nie. 



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net