Print Page | Close Window

Geld-geskil kan Swys laat trek

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7710
Printed Date: 07-Jul-2024 at 1:00am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Geld-geskil kan Swys laat trek
Posted By: Transvaal
Subject: Geld-geskil kan Swys laat trek
Date Posted: 31-Mar-2019 at 1:21pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/geld-geskil-kan-swys-laat-trek-20190330" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/geld-geskil-kan-swys-laat-trek-20190330

Koning Leeu van Ellispark, Swys de Bruin, se onderhandelinge met sy franchise beweeg al hoe nader aan ’n doodloopstraat.

Hy het die week nee gesê vir ’n aanbod om sy kontrak as hoofafrigter van die Leeus te verleng nadat onderhandelinge tussen die partye al ’n ruk lank sloer.

Dit het nou ’n punt bereik waar die franchise se senior afrigters bewus is dat De Bruin plaaslik en oorsee rondkyk vir ’n nuwe geleentheid.

Rapport verneem ’n kleinerige bedrag is die rede vir die geskil tussen die Leeus en die De Bruin-kamp.

’n Gevoel bestaan dat De Bruin ná al die jare nie werklik op Ellispark na waarde geskat word nie.

Soos by die ander franchises, moet die Leeus deesdae egter ook elke sent omdraai om finansieel volhoubaar te wees.

Verskeie spelers volg De Bruin-hulle se onderhandelinge met belangstelling. Dit kan ’n invloed hê op hul besluit om by die franchise te bly of nie.

Van die sterre wat nog nie hul kontrakte verleng het nie, is spelers soos Elton Jantjies, Lionel Mapoe, Malcolm Marx, Andries Coetzee en Ruan Combrinck.

Nie De Bruin of sy agent, James Adams, kon gister bereik word nie. Rudolf Straeuli, uitvoerende hoof van die Leeus, het nie op Rapport se navraag reageer nie.

De Bruin se voorganger, Johan Ackermann, is ook besig met onderhandelinge om sy kontrak met die Engelse klubspan Gloucester te verleng.

Stephen Vaughan, uitvoerende hoof van Gloucester, het aan www.gloucestershirelive.co.uk gesê dat hulle vir Ackermann beslis wil behou. Hy het dit ook beklemtoon dat hulle Ackermann nie sal verhinder om ’n internasionale span soos die Springbokke af te rig nie.

“Ons sal nooit in iemand se pad staan om ’n nasionale span af te rig nie. Ek wil dít nou benadruk. Ons het geen (sulke) klousules in kontrakte nie.

“Daar was dalk ’n morele kode toe Johan ingekom het. Dit sou ’n bietjie wees soos om ’n speler aan te sê hy mag nie vir sy land speel nie.

“Ons het uitdruklik aan Johan gesê as die oproep ooit sou kom om byvoorbeeld hoofafrigter van Suid-Afrika te word, ons nie in sy pad sal staan nie. Hy sal (die Bokke) met ons beste wense kan afrig.”



Replies:
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 31-Mar-2019 at 1:57pm
My spukulasie is dat hy eerder permanent by die Bokke betrokke wil wees of eerder oorsee wil gaan afrig. Beide gevalle het ek nie 'n probleem mee nie. Maar, "Rapport verneem ’n kleinerige bedrag is die rede vir die geskil tussen die Leeus en die De Bruin-kamp." dink ek is snert. Natuulik wil hy soveel moontlik verdien, met goeie reg, maar die Leeus kan ook net soveel bekostig. Die unie se bestuur is nie stupid nie, hul weet jy krap nie 'n goeie afrigter (soos Swys) agter elke bos uit nie. Hul sal doen wat hul kan om hom tegemoet te kom. As Toulon bv hom 3 keer meer aanbied as wat die Leeus kan bekostig sal die mos 'n "kleinerige bedrag" wees, maar steeds onrealisties. So spekuleer ek maar...


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Leeubok
Date Posted: 01-Apr-2019 at 7:14am
Dit is sleg om te hoor, maar ek dink ook hy gaan permanent by bokke betrek word. 

Ons weet al lankal ouens soos Jantjies en Mapoe speel dalk hul laaste seisoen vir ons, maar Marx?? Ek weet hy sal offers van reg oor die wereld kry aangesien hy die wereld se beste haker is, maar as ons hom moet verloor sal ek lank en hard huil... 


Posted By: valie
Date Posted: 01-Apr-2019 at 7:54am
Ons moet maar vrede maak daarmee dat ons na die WB n klomp senior spelers gaan verloor. Ek glo dat ons strukture wel van so aard is dat ons goeie jong spelers en goeie jong afrigters sal kan deurbring.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net