Print Page | Close Window

Hemel, man! sê Swys oor 5de punt

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7625
Printed Date: 29-Jun-2024 at 6:47am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Hemel, man! sê Swys oor 5de punt
Posted By: Transvaal
Subject: Hemel, man! sê Swys oor 5de punt
Date Posted: 10-Mar-2019 at 7:10am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/hemel-man-se-swys-oor-5de-punt-20190309%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/hemel-man-se-swys-oor-5de-punt-20190309

Hemel, man!

Swys de Bruin het half verleë geglimlag nadá hy daardie twee woorde gistermiddag geuiter het, maar hy het nie nodig gehad om die frustrasie daarin te verduidelik nie

Sy Leeus-span het gistermiddag teen die Jaguares kop opgetel en hul brul teruggekry – maar oor die laaste 25 minute vier drieë afgestaan, wat hulle ’n kosbare bonuspunt gekos het.

’n Wedstryd wat op 47-13 gedreig het om ’n totale vernedering vir die besoekende Argentyne te wees, het geëindig met ’n wentelling van 47-38.

“Ek is baie opgewonde oor die jong spelers wat hul kans vandag so goed aangegryp en baie goeie rugby gespeel het. Maar jislaaik, ek is teleurgesteld dat ons nie die bonuspunt kon kry nie.

“Kyk, as jy vanoggend vir my gesê het ons gaan sewe drieë druk met hierdie groep teen ’n internasionale span – onthou, 22 van hul 23 is toetsspelers – sou ek dit gevat het. En ja, ek sal sekerlik môreoggend met ’n glimlag wakker word oor daai sewe drieë. Dis ook nie reg om net vas te kyk teen die negatiewe nie, ons het goed gevaar ná ’n baie moeilike week.

“Maar dis nou al die tweede keer dat ons punte deur ons vingers laat glip. Ons het dit teen die Stormers ook gedoen. Dis iets waaraan ons moet aandag gee,” het De Bruin gesê.

Malcolm Marx, die Leeus se kaptein, het gesê die span is tevrede dat hulle die treurmare van verlede week, toe die Bulle maalvleis van hulle gemaak het, kon besweer.

“Maar vir 20 minute het ons vas aan die slaap geraak en hulle toegelaat om terug te slaan. Ons het baie werk om dié week te doen – en ons moet beslis werk aan hoe ons die rolmale verdedig,” het hy gesê.

Die Jaguares het drie van hul ses drieë van rolmale af gedruk.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net