Print Page | Close Window

Franse klubs vry klaar na Kaapse breiers

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7476
Printed Date: 28-Jun-2024 at 3:46am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Franse klubs vry klaar na Kaapse breiers
Posted By: Transvaal
Subject: Franse klubs vry klaar na Kaapse breiers
Date Posted: 17-Feb-2019 at 2:18pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/franse-klubs-vry-klaar-na-kaapse-breiers-20190216" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/franse-klubs-vry-klaar-na-kaapse-breiers-20190216

 
Terwyl gepoog word om die vure van onmin in Kaapse rugby te blus, is sy afrigterskorps in die visier van oorsese klubs.

Drie van die Westelike Provinsie se voorste afrigters kan deur oorsese klubs opgeraap word, met twee Franse klubs wat die hardste na die Kaapse breiers vry.

Agente van die Franse Top14-klubs Racing92 en Montpellier het reeds kontak met John Dobson (spesialis-afrigter), Norman Laker en Dawie Snyman (albei hulpafrigters) se agente oor hul toekomsplanne gemaak. Na verneem word, is daar ook belangstelling van minstens een Suid-Afrikaanse franchise.

In ’n week waarin Zelt Marais, die WP-president, in ’n onderhoud met Rugby365 vure probeer doodslaan het oor die onmin wat in Kaapse rugby woed, het die WP onder meer ’n skeidingspakket aan Paul Treu aangebied.

Marais het in sy onderhoud met die rugbywebtuiste gesê die Kaap is steeds Hollands.

Treu, wat verlede jaar een van die Stormers se hulpafrigters was, het Woensdag met Paul Zacks, die WP se uitvoerende hoof, vergader. Marais het volgens Rapport se inligting daarop aangedring om die vergadering by te woon.

Twee opsies is vir die voormalige Blitsbok-breier gebied, waarvan die skeidingspakket een is.

Die ander opsie is dat hy herontplooi word en sy kontrak eerbiedig.

Die uitvoerende komitee van die WPRU (die amateurkant) meen Treu kan steeds ’n positiewe rol iewers in WP Rugby speel.

Geen amptelike verklaring is nog hieroor uitgereik nie.

Ontgogelde Stormers-spelers is wel by monde van MyPlayers ingelig dat nie Treu of Peter de Villiers volgende jaar die Stormers sal afrig nie.

Dit blyk dat daar vir eers ’n skietstilstand tussen die WP se amateurkant en sy sakevleuel is.

Dit volg nadat uitgewys is dat borgskappe, spelerskontrakte en selfs die unie se Superrugby-lisensie in gedrang sou kom as die sakevleuel ontbondel word.

Geen duidelikheid bestaan nog oor Gert Smal se toekoms as die WP se direkteur van rugby nie. Sy kontrak verstryk in Oktober, maar daar het volgens Rapport se inligting nog geen gesprekke tussen hom en sy werkgewer oor sy toekoms plaasgevind nie.

Die kanse lyk goed dat hy hom eerder by Jake White se Japanse klubspan Toyota Verblitz sal aansluit.

Zacks en Marais het nie op Rapport se versoeke om kommentaar gereageer nie.



Replies:
Posted By: Leeubok
Date Posted: 18-Feb-2019 at 7:21am
Snaaks dat niemand tou staan om Fleck in diens te neem??? 


Posted By: WitBoer
Date Posted: 18-Feb-2019 at 8:12am
Op 'n stadium toe die Stormers 21-3 agter was het die kamera vir so 'n oomblik op Fleck gefokus... Dit het regtig gelyk of hy wou huil... Ek voel half jammer vir die ou. Hy is in 'n baie moeilike posisie, veral met die politiek by die Stormers deesdae.

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Feb-2019 at 8:21am
Wel ek dink Fleck maak spankeuse foute, Josh Stander behoort sy nommer een Losskakel te wees, dan kies hy 2 ander spelers voor hom. Daai reserwe losskakel se angee was baie swak toe hy opgekom het, lyk amper soos iemand wat nog nooit 'n bal gepass het nie, en as jy so ou op 10 het gaan jou agterlyn daarna verseker niks regkry op aanval nie


Posted By: WitBoer
Date Posted: 18-Feb-2019 at 8:32am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Wel ek dink Fleck maak spankeuse foute, Josh Stander behoort sy nommer een Losskakel te wees, dan kies hy 2 ander spelers voor hom. Daai reserwe losskakel se angee was baie swak toe hy opgekom het, lyk amper soos iemand wat nog nooit 'n bal gepass het nie, en as jy so ou op 10 het gaan jou agterlyn daarna verseker niks regkry op aanval nie
Moet my nie verkeerd verstaan nie, Fleck het virseker 'n aandeel in die Stormers se swak vertonings.


-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net