Print Page | Close Window

‘Bulle moet wys hulle is nie net papiertiere’

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7461
Printed Date: 28-Jun-2024 at 7:29am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: ‘Bulle moet wys hulle is nie net papiertiere’
Posted By: Transvaal
Subject: ‘Bulle moet wys hulle is nie net papiertiere’
Date Posted: 13-Feb-2019 at 7:22pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-moet-wys-hulle-is-nie-net-papiertiere-20190213%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-moet-wys-hulle-is-nie-net-papiertiere-20190213

Die beginspan wat Pote Human gekies het vir Saterdag se grote teen die Stormers in die Superrugby-reeks, weerspieël die nuwe era wat aangebreek het by Loftus Versfeld.

Net drie spelers in die vyftiental was in Julie verlede jaar in die span toe die kortstondige John Mitchell-bewind in dieselfde kompetisie teen die Leeus ten einde geloop het – Jesse Kriel, Warrick Gelant en Hanro Liebenberg.

Gelant en Liebenberg het boonop daardie dag in ander posisies gespeel.

Human het Donderdag gesê sy span is na aan sy “droomspan”, wat dié seisoen sukses kan behaal in die reeks.

Maar hy is al te lank betrokke by rugby om die pels te verkoop nog voordat die beer geskiet is.

“Daar is amper tien Springbokke in die beginspan en dit is ’n goeie posisie om in te wees, maar die spelers moet steeds die wil hê om te wen en dit op die veld kan uitvoer.

“Jy is so goed soos jou poging op die dag.”

Human het die Blitsbok Rosko Specman op regtervleuel gekies, maar daar was nie plek vir die Springbok-vleuel Cornal Hendricks in die 23-tal nie.

“Rosko het my verlede naweek (teen die Haaie in Ballito) baie beïndruk en hy het gewys hy wíl speel. Hy het al die vaardighede en ek dink hy kan ’n waardevolle speler wees.

“Cornal is ongelukkig om nie die span te haal nie. Ek dink hy het nog ’n bietjie tyd nodig.

Daar is amper tien Springbokke in die beginspan en dit is ’n goeie posisie om in te wees, maar die spelers moet steeds die wil hê om te wen en dit op die veld kan uitvoer.

“Hy het vier jaar laas gespeel, maar hy sal sy kans kry.”

Op skrumskakel word Embrose Papier bo sy Bok-spanmaat Ivan van Zyl in die opdrafspan verkies.

Human voorspel groot dinge vir Papier vanjaar.

“Emmy het in die voorseisoen gewys hy is op dreef en hy lyk regtig goed.

“Ons gaan nie ’n vaste spelpatroon op hom afdwing nie.

“Ek weet hoe ’n spesiale rugbyspeler hy is en gaan hom nie voorskryf nie.”

’n Span met Gelant, Specman, Kriel, Papier en Handré Pollard se aanvallende deugde in die agterlyn is nie te versmaai nie.

Human is beskeie oor dié rojale slaankrag.

“Ja, as ons hulle besit en ruimte kan gee, sal dit goed gaan.

“Dit is een ding om dit te sê en ’n ander om dit te doen.”

Daar is ook vanjaar baie diepte in die groep.

Human het op Liebenberg, wat die laaste ruk vir Stade Français in Frankryk gespeel het, as nr. 7-flank besluit.

“Ek kon netsowel vir Paul Schoeman, Tim Agaba, Jannes Kirsten of Thembelani Bholi in dié posisie gekies het.

“Hanro is ’n goeie leier en kan Lood bystaan in die rol. “Hy is ook ’n bykomende opsie in die lynstane.”

Die ervare Bok-haker Schalk Brits het van sy kuitbesering herstel en is saam met Corniel Els die hakers in die 23-tal.

Warrick Gelant, Johnny Kotze, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Rosko Specman, Handré Pollard, Embrose Papier, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Ruan Steenkamp, Lood de Jager (k), Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Eli Snyman, Thembelani Bholi, Ivan van Zyl, Manie Libbok, Dylan Sage.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net