Print Page | Close Window

Top-amptenaar by Bulle bedank

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7447
Printed Date: 28-Jun-2024 at 8:22am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Top-amptenaar by Bulle bedank
Posted By: Transvaal
Subject: Top-amptenaar by Bulle bedank
Date Posted: 12-Feb-2019 at 11:44am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/top-amptenaar-by-bulle-bedank-20190212%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/top-amptenaar-by-bulle-bedank-20190212

Die winde van verandering waai steeds by Loftus Versfeld met Xander Janse van Rensburg, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se hoëprestasiebestuurder, wat bedank het.

Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) en voorsitter van die Bulle-direksie, het bevestig Janse van Rensburg het sy bedanking ingedien.

Hy was onder meer verantwoordelik vir die kontraktering van spelers.

Die skielike bedanking – in die week wat die Bulle vir hulle eerste wedstryd in vanjaar se Superreeks voorberei – beteken dat daar ’n totale bewindsoorname by Loftus was die afgelope paar maande.

Willem Strauss het in Maart verlede jaar by Gert Wessels as president oorgeneem, terwyl John Mitchell, die hoofafrigter en hoof van rugby, later die seisoen bedank het om by Engeland se nasionale span aan te sluit.

Pote Human rig vanjaar die span af.

Barend van Graan, het verlede maand – ná 35 jaar se betrokkenheid by die Bulle – die tuig neergelê as uitvoerende hoof van die BBM en is sedertdien deur Alfons Meyer opgevolg.

Die BBM het aangedui hy sal later ’n verklaring oor Janse van Rensburg uitstuur.



Replies:
Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Feb-2019 at 11:48am
Damnit, dit is baie slegte nuus. Hy is mos een van die mense wat die spelers so ongelukkig gemaak het by die Bulle.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-Feb-2019 at 11:50am
Net so, eintlik die hoofrede soos ek verstaan


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-Feb-2019 at 7:38pm
Bakkies Botha op twitter: Nou dat Barend weg is is daar niemand om sy rug te cover nie ek het daai tyd op Toks en Tjops gese Barend en Xander hoort nie meer daar nie. Eind eindelik kan die Bulle nou net vorentoe kyk.Vroë verjaarsdag geskenk vir my om te hoor hy het sy kamele gepak


Posted By: WitBoer
Date Posted: 13-Feb-2019 at 6:44am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Bakkies Botha op twitter: Nou dat Barend weg is is daar niemand om sy rug te cover nie ek het daai tyd op Toks en Tjops gese Barend en Xander hoort nie meer daar nie. Eind eindelik kan die Bulle nou net vorentoe kyk.Vroë verjaarsdag geskenk vir my om te hoor hy het sy kamele gepak
Jo... Dit se baie dat 'n ou soos Bakkies sy mond oor Xander uitspoel... Klink of hy en Xander groot pelle moes gewees het...LOL


-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net