Print Page | Close Window

Nyakane-hulle staal hulle vir skrumaanslag

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7435
Printed Date: 28-Jun-2024 at 7:18am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Nyakane-hulle staal hulle vir skrumaanslag
Posted By: Transvaal
Subject: Nyakane-hulle staal hulle vir skrumaanslag
Date Posted: 12-Feb-2019 at 8:14am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/nyakane-hulle-staal-hulle-vir-skrumaanslag-20190211%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/nyakane-hulle-staal-hulle-vir-skrumaanslag-20190211

Dit is so onafwendbaar soos beurtkrag: die Stormers sál die Bulle Saterdag op Loftus Versfeld in die skrums teiken wanneer die spanne in die Superreeks ontmoet.

Die Kaapse span het immers die luukse om in die tweede helfte die Springbok Frans Malherbe met nog ’n Bok-kragman, Wilco Louw, te vervang.

Aan die ander kant van die skrum het die Bulle-stut Trevor Nyakane self ’n moeilike afspraak met die rooi kop-yster Steven Kitshoff.

Vra jy Nyakane uit oor die vooruitsig, is hy heel filosofies.

“Rugby is vreemd. Die een dag het jy die oorhand in die skrums en die volgende is jy aan die ontvangkant.

“Ek weet nie of hulle dink dit is ons swakpunt nie. Ons sal maar moet sien wat hulle bring in die skrums.”

Die Bulle het vanjaar ’n nuwe skrumafrigter, Daan Human, en Nyakane is opgewonde oor die nuwe aanslag wat hy in werking stel.

“Daan is ’n goeie afrigter en ons het almal gesien hoe goed hy by die Cheetahs gevaar het.

“Hy het ’n paar nuwe goed ingebring waaraan ons nie gewoond was nie en ons werk daaraan.

“Ons almal geniet dit en moet aanpas by dit wat hy van ons verwag.”

Nyakane sê dit is nie net in die skrums waar die Bulle vanjaar meer bestendig moet wees nie.

“As jy die kompetisie wil wen, moet jy weekliks op jou beste wees. Dit geld in al die afdelings van ons spel.”

Nadat die Bulle twee naweke gelede in die losmaker teen die Stormers in Kaapstad verloor het, weet hulle Saterdag sal ’n steil bult wees met die besoekers se Springbokke wat dié keer in die beginspan sal wees.

“Foute het ons in daardie wedstryd duur te staan gekom.

As jy die kompetisie wil wen, moet jy weekliks op jou beste wees. Dit geld in al die afdelings van ons spel.”

“Ons weet dit is iets wat ons moet uitsorteer. Die Stormers is ’n span wat jou keer op keer gaan straf as jou dissipline nie goed is nie.”

Nyakane sal die seisoen met sterk vertonings in die Superreeks sy plek in die Springbokke se Wêreldbeker-groep moet oopspeel.

“Almal praat van die WB-toernooi, maar vir my gaan dit nou eers oor die Bulle.

“Die WB-toernooi kom later en as die Bulle goed vaar, is jou kans beter om gekies te word. Ek is nie nou daaroor bekommerd nie.”

* Die Bulle is intussen op hete kole oor die kuitbesering wat Schalk Brits Saterdag teen die Haaie in Ballito opgedoen het.

Herman Rossouw, die Bulle se spandokter, sê hulle sal later die week ’n besluit neem oor sy beskikbaarheid.

Die Bulle is reeds sonder Jaco Visagie (enkel) en Edgar Marutlulle (haksening), wat beteken dat die onervare Johan Grobbelaar en Corniel Els Saterdag die hakers sal wees, sou Brits ook nie kan speel nie.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-Feb-2019 at 8:15am
>>>Die Bulle is intussen op hete kole oor die kuitbesering wat Schalk Brits Saterdag teen die Haaie in Ballito opgedoen het.

Dit klink soos 'n gatslag, ek ken nie eintlik die 2 jong hakers nie (Grobbelaar en Els)


Posted By: Zibbie
Date Posted: 12-Feb-2019 at 9:01am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

>>>Die Bulle is intussen op hete kole oor die kuitbesering wat Schalk Brits Saterdag teen die Haaie in Ballito opgedoen het.

Dit klink soos 'n gatslag, ek ken nie eintlik die 2 jong hakers nie (Grobbelaar en Els)

verseker 2 bokke in the making . net n kwessie van tyd .. dalk n maand of 3 .  dit was voorspel 


Posted By: valie
Date Posted: 12-Feb-2019 at 12:26pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

>>>Die Bulle is intussen op hete kole oor die kuitbesering wat Schalk Brits Saterdag teen die Haaie in Ballito opgedoen het.

Dit klink soos 'n gatslag, ek ken nie eintlik die 2 jong hakers nie (Grobbelaar en Els)
Grobbelaar is goed. Ek ken egter nie vir Els nie.


Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Feb-2019 at 3:03pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

>>>Die Bulle is intussen op hete kole oor die kuitbesering wat Schalk Brits Saterdag teen die Haaie in Ballito opgedoen het.

Dit klink soos 'n gatslag, ek ken nie eintlik die 2 jong hakers nie (Grobbelaar en Els)


En dit is presies hoekom n mens nie iemand moet teken wat klaar reeds afgetree het nie.... Stormers kry seker nou baie lekker dat hulle besluit het om hom eerder nie te teken nie.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-Feb-2019 at 3:05pm
Ja hoe oud is hy nou weer? 38? Naby aan dubbel so oud soos sommige van die ander ouens in die squad


Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Feb-2019 at 3:07pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ja hoe oud is hy nou weer? 38? Naby aan dubbel so oud soos sommige van die ander ouens in die squad

Pretty much,ja. Dit is mos hoekom van die ouens hom mos oom noem.


-------------
Go LIONS!!!!!



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net