Print Page | Close Window

Dit gaan drieë in Durban reën, voorspel Am

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7415
Printed Date: 01-Jul-2024 at 10:19am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Dit gaan drieë in Durban reën, voorspel Am
Posted By: Transvaal
Subject: Dit gaan drieë in Durban reën, voorspel Am
Date Posted: 07-Feb-2019 at 12:08pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/dit-gaan-driee-in-durban-reen-voorspel-am-20190207%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/dit-gaan-driee-in-durban-reen-voorspel-am-20190207

Om ’n krag in die Superrugby-reeks te wees, moet ’n span drieë kan druk.

Daarom is die werk wat David Williams, die Durbaniete se nuwe aanvalsafrigter, verrig baie belangrik, sê Lukhanyo Am, die Haaie se Springbok-senter.

Am is op buitesenter by die beginspan ingesluit vir die Haaie se laaste opwarmwedstryd Saterdag teen die Bulle by die Ashton-kollege in Ballito.

“In die seisoen sal ons verskillende spanne trotseer wat ons op verskillende maniere op die aanval en verdediging gaan uitdaag,” sê Am.

“David daag ons uit om vinnig te leer en aan te pas. Hy werk hard aan ons struktuur (op die aanval) en die styl wat ons wil speel in die toernooi.”

Beteken dít die Haaie gaan meer drieë druk?

“Beslis,” sê Am.

“Sonder drieë gaan jy nie baie wedstryde wen nie.”

Am het Sondag ook die nr. 13-trui in die Haaie se losmaker teen die Leeus in Kaapstad gedra. Ná ’n lang tyd langs die kantlyn weens ’n besering, was dit vir hom lekker om terug op die veld te wees. Selfs al het die Haaie dié stryd met 19-14 verloor.

“Ek was tevrede met hoe sake vir my verloop het. Ek was vir vier maande lank buite aksie, maar my selfvertroue was goed.”

Hy het benadruk dat dit geweldig belangrik is om in die voorseisoen teen sterk spanne soos die Leeus en die Bulle te speel.

Saterdag sal hy weer, soos Sondag teen die Leeus, ’n middelveld-kombinasie met Marius Louw vorm.

Curwin Bosch is weer met die nr. 10-trui toevertrou en sal ’n skakelpaar met Louis Schreuder, die kaptein, vorm.

Die agterste driehoek van Makazole Mapimpi, Sbu Nkosi en Aphelele Fassi is ’n baie opwindende een.

Robert du Preez, die Haaie se breier, het ’n swaargewig-voorry gekies. Beast Mtawarira is terug ná ’n besering en sal saam met die haker Akker van der Merwe en die vaskopstut Coenie Oosthuizen sak.

Ruan Botha en Hyron Andrews is die slotte, terwyl die lostrio uit Dan du Preez, Tyler Paul en Jacques Vermeulen bestaan.

Die Haaie se afrigter het vandeesweek gesê hy wil sy sterkste moontlike span vir dié losmaker kies. Hy het ’n paar staatmakers op die plaasvervangersbank ingesluit.

Robert du Preez jr. is een van drie Bokke op die groot bank van 18 plaasvervangers.

Die senter André Esterhuizen en vleuel Lwazi Mvovo sal ook later in die wedstryd losgelaat word.

* Die Haaie-span: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, Marius Louw, Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Louis Schreuder, Dan du Preez, Tyler Paul, Jacques Vermeulen, Ruan Botha, Hyron Andrews, Coenie Oosthuizen, Akker van der Merwe, Beast Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Juan Schoeman, Fezo Mbatha, Khutha Mchunu, Ruben van Heerden, Gideon Koegelenberg, Wian Vosloo, Luke Stringer, Phepsi Buthelezi, Cameron Wright, Robert du Preez, Lwazi Mvovo, André Esterhuizen, Jeremy Ward, Leolin Zas, Courtney Winnaar, Kerron van Vuuren, Grant Williams, Rhyno Smith.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net