Print Page | Close Window

Wêreldrugby se liga-plan kry wind van voor oor ge

Printed From: Lionsworld
Category: General Rugby
Forum Name: World Rugby Issues
Forum Description: World Rugby Issues
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7364
Printed Date: 26-Jun-2024 at 3:54pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Wêreldrugby se liga-plan kry wind van voor oor ge
Posted By: Transvaal
Subject: Wêreldrugby se liga-plan kry wind van voor oor ge
Date Posted: 03-Feb-2019 at 5:59am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wereldrugby-se-liga-plan-kry-wind-van-voor-oor-geld-20190202%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wereldrugby-se-liga-plan-kry-wind-van-voor-oor-geld-20190202

Terwyl SA Rugby en sy Sanzaar-vennote ten gunste is van Wêreldrugby se voorstel vir ’n Wêreldliga met 12 spanne, het die Suidelike Halfrond se rugbymagte ’n aanbod verwerp om deel van die liga te word omdat hulle nie eenstemmigheid kon kry oor die verdeling van die inkomste nie.

Die toedeling van die TV-geld, met SA Rugby en sy Sanzaar-vennote wat ’n bedrag van 10 miljoen Britse pond per span per jaar op die tafel wou sien, het die gesprek oor die nuwe liga gesink omdat die aanbod van Wêreldrugby se kant veel kleiner was.

Die kompetisie is in beginsel goedgekeur met die Sesnasies en Rugbykampioenskap wat albei steeds sal plaasvind.

Punte wat in die kompetisies verdien word, sal tel vir die Wêreldliga, wat ook spanne soos Japan en Fidji sal insluit.

Volgens Rapport se bronne het die onderhandelinge positief verloop, maar alles is nog in die beginstadium.

Sanzaar se afgevaardigdes het Wêreldrugby goed laat verstaan dat hulle ’n beter geldelike bedeling wil hê.

Die beplande liga sou in 2022 begin met ’n eindstryd wat by ’n neutrale stadion gespeel sal word.

Die voorgestelde liga sal in twee ligas gedeel word. Die hoofliga sal uit die Sesnasies-spanne en dié van die Rugbykampioenskappe saam met Fidji en Japan bestaan, terwyl toetslande soos Amerika, Kanada, Samoa en Tonga asook moontlike spanne uit Suid-Amerika in ’n tweede liga sal speel.

“Dis ’n proses wat aan die gang is. Ons kan nie meer as dit sê nie,” het Mark Alexander, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se president, ná die vergadering aan Rapport gesê.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net