Print Page | Close Window

Simelane ‘soos spons’ op Leeus-oefenveld

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7345
Printed Date: 23-May-2025 at 2:04am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Simelane ‘soos spons’ op Leeus-oefenveld
Posted By: Transvaal
Subject: Simelane ‘soos spons’ op Leeus-oefenveld
Date Posted: 31-Jan-2019 at 6:35pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/simelane-soos-spons-op-leeus-oefenveld-20190131%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/simelane-soos-spons-op-leeus-oefenveld-20190131

Wandisile Simelane het so onlangs soos 2017 nog in die skoolbanke gesit. Nou klim hy die rugbyleer so vinnig dat sy skooldae aansienlik verder terug in die verlede voel.

Die 20-jarige het homself in 2018 op die internasionale verhoog luidkeels aangekondig toe hy die gesamentlike voorste driedrukker op die o.20-Wêreldkampioenskap was. Nou wink sy eerste proesel Superrugby – net drie jaar nadat hy in ’n SA Skole-trui gespeel het.

“My pad as professionele rugbyspeler verloop sover fantasties,” het hy Donderdag gesê by die Johannesburg-stadion, waar die Leeus besig is met hul voorbereiding vir die naweek se Superheld-Saterdag-kragmeting teen die Haaie in die Kaap.

“Dit voel onwerklik – verlede jaar was ek nog by die Junior Wêreldbeker en nou wag Superrugby vir die Leeus. Ek is bevoorreg en ek geniet elke oomblik daarvan.”

Simelane, wat aan die Jeppe High School for Boys in Johannesburg gematrikuleer het, sê dit doen hom goed om omring te wees met senior spelers.

“As ’n jong speler is ek hier om te leer by die ouer ouens soos Lionel Mapoe en Courtnall Skosan. Ek is tans soos ’n spons wat al die kennis probeer opsuig.

“Dit voel nie asof daar druk op my is nie. As ’n groep ondersteun ons almal mekaar en die ouer ouens gaan uit hul pad om ons gemaklik te laat voel. Ons bring gereeld tyd saam as ’n groep deur waar ons net met mekaar gesels en bordspeletjies speel, wat ook baie help.”

Aphiwe (Dyantyi) het nie net vir my en die hele span geïnspireer nie, maar ook ander mense oor die hele Suid-Afrika heen.

By die Leeus, benadruk hy, is daar geen tekort aan rolmodelle nie.

“(Die Leeu- en Bok-vleuel) Aphiwe (Dyantyi) het nie net vir my en die hele span geïnspireer nie, maar ook ander mense oor die hele Suid-Afrika heen. Hy motiveer die kinders wat hom sien rugby speel – wat hy in ’n enkele jaar bereik het, is merkwaardig,” sê Simelane.

Simelane het verlede naweek baie aandag getrek tydens die Leeus se nederlaag teen die Bulle in ’n opwarmingswedstryd by Loftus Versfeld. Hoewel sy span die knie moes buig, glo hy daar was heelwat om oor positief te wees.

“Ek is bly die eerste wedstryd en die senuwees wat daarmee gepaardgaan, is uit die pad uit. Hoewel ons verloor het, het ons steeds goed gevaar as ’n groep en ek was heel tevrede met my persoonlike vertoning.”

Simelane, wat skade op vleuel sowel as buitesenter kan maak, sê hy gee nie tans aan enige posisie voorkeur nie.

“Ek sal enige posisie speel. Solank ek net op die veld kan wees, is ek tevrede,” sê hy. “My doelwit vir die jaar is net om soveel as moontlik speeltyd te kry. Ek sal sien in watter posisie ek meer gemaklik voel hoe meer ek speel.”



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net