Print Page | Close Window

Bulle kies Duane, Schalk in opdrafspan

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7324
Printed Date: 01-Jul-2024 at 1:49am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulle kies Duane, Schalk in opdrafspan
Posted By: Transvaal
Subject: Bulle kies Duane, Schalk in opdrafspan
Date Posted: 30-Jan-2019 at 1:59pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-kies-duane-schalk-in-opdrafspan-20190130%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-kies-duane-schalk-in-opdrafspan-20190130

Pote Human, hoofafrigter van die Bulle, het ’n duideliker prentjie geskets van sy planne vir vanjaar se Superreeks met die beginspan wat hy vir Sondag se opwarmstryd teen die Stormers in Kaapstad gekies het.

Daar is ’n groot gros Springbokke in die beginspan, wat die aanwinste Duane Vermeulen en Schalk Brits insluit.

Die Bok-slot Lood de Jager sal die span vir die eerste keer lei, nadat Human hom as die Bulle se nuwe kaptein aangewys het.

“Ek sou sê ons is so 60% met ons voorbereiding, maar ons sal Sondag weet of dit die geval is,” sê Human.

* Die slot Jason Jenkins woon die naweek ’n troue by en is nie oorweeg nie.

Bulle: Warrick Gelant, Jade Stighling, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Duncan Matthews, Handré Pollard, Ivan van Zyl, Duane Vermeulen, Jannes Kirsten, Paul Schoeman, Lood de Jager (k), Eli Snyman, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Ruan Nortjé, Ruan Steenkamp, Thembelani Bholi, Embrose Papier, Manie Libbok, Dylan Sage, Johnny Kotze, Divan Rossouw.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 30-Jan-2019 at 1:59pm
>>>“Ek sou sê ons is so 60% met ons voorbereiding,

Weet hy die kompetisie begin oor 2 weke?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 30-Jan-2019 at 2:00pm
Goeiste dis 'n snaakse stelling om te maak


Posted By: Zibbie
Date Posted: 30-Jan-2019 at 2:05pm
hy kry solank die verskoning reg vir as hulle verloorteen die stormers 


Posted By: Leeubok
Date Posted: 30-Jan-2019 at 2:22pm
Haha al die coaches sover probeer die wereld se verskonings maak nog voor die kompetisie begin het. Swys nouweer vertel vir almal watse jong span ons het en dat so baie spelers gladnie super rugby ervaring het nie.. 



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net