Print Page | Close Window

Bulle klop Leeus in Super-litlosmaker

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7288
Printed Date: 01-Jul-2024 at 2:37am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulle klop Leeus in Super-litlosmaker
Posted By: Transvaal
Subject: Bulle klop Leeus in Super-litlosmaker
Date Posted: 27-Jan-2019 at 7:18am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-klop-leeus-in-super-litlosmaker-20190126%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-klop-leeus-in-super-litlosmaker-20190126

Losmakers dié tyd van die seisoen is gewoonlik nie veel van ’n maatstaf van wat in die Superrugbyreeks van ’n span te wagte kan wees nie en die ontmoeting tussen die Bulle en die Leeus op Loftus se B-veld, is geen uitsondering nie.

Dat die Bulle met 21-17 bo was in die opwarm-wedstryd, sal oor drie weke niks tel wanneer die kompetisie begin nie.

Albei afrigters, Pote Human en Swys de Bruin, sal gemengde gevoelens hê. Die Bulle het die eerste helfte oorheers en ná rustyd was die Leeus die beste span op die veld.

Die tuisspan was by die halfpadmerk in die eerste helfte reeds 21-0 voor met die Bulle se senterpaar, JT Jackson en Franco Naudé, wat albei vroeg oor die Leeus se doellyn is.

Hulle het daarna momentum en ritme verloor en kon nie weer punte aanteken nie.

Ruan Nortjé, die jong Bulle-slot, se geelkaart vir ’n reeks oortredings in die Leeus se kwartgebied, het die besoekers op die voorvoet geplaas kort voor rustyd.

Die tweede helfte het tipiese voorseisoense rugby opgelewer met hanteerfoute en omkeerbesit wat die hoofkenmerk was.

De Bruin sal opgewonde wees oor die vleuel Wandisile Simelane, wat duidelik propvol rugby is.

Ook ’n hele paar Bulle het hul aanspraak op ’n plek in die span ’n hupstoot gegee.

Die blits Rosko Specman, wat sy eerste drie in ’n Bulle-trui gedruk het nadat hy onderskep het, was lus vir hardloop en sal met sulke vertonings na aan die beginspan kom.

Manie Libbok het in die 10-trui ’n knap vertoning gelewer, terwyl die flank Ruan Steenkamp, wat die wenspan aangevoer het, soos gewoonlik ’n werkesel in die agttal was.

Met die Springbok Marco van Staden wat die begin van die Bulle se veldtog gaan misloop, het Human genoeg opsies met Steenkamp en Roelof Smit wat hy in die nr. 6-trui kan kies.

* Puntemakers:

Bulle 21 (21). Drieë: JT Jackson, Franco Naudé, Rosko Specman. Doelskoppe: Manie Libbok (3).

Leeus 17 (10). Drieë: Morné van der Berg, Stiaan Pienaar, James Venter. Doelskop: Jean-Luc Cilliers.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net