Print Page | Close Window

Oorsese klubs warm op Pieter-Steph se spoor

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7287
Printed Date: 28-Jun-2024 at 2:26am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Oorsese klubs warm op Pieter-Steph se spoor
Posted By: Transvaal
Subject: Oorsese klubs warm op Pieter-Steph se spoor
Date Posted: 27-Jan-2019 at 7:16am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/oorsese-klubs-warm-op-pieter-steph-se-spoor-20190127%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/oorsese-klubs-warm-op-pieter-steph-se-spoor-20190127

Die Westelike Provinsie loop die gevaar om nog een van sy groot kanonne, Pieter-Steph du Toit, aan ’n oorsese klub af te staan.

Rapport kan bevestig die WP is in die laaste tyd amptelik verwittig van oorsese klubspanne se belangstelling in die Kaapse Springbok. Die naam van die klubs is egter nie bekend nie.

Du Toit het nog geen kontrak met enigeen gesluit nie, maar die amptelike prosesse om hom te werf, het reeds begin, wat beteken dat ook hy ná die Wêreldbeker-toernooi sy rugby oorsee kan speel.

Met verskeie van die Stormers se sterre wat die Kaap aan die einde van die jaar kan groet, wag ’n uitdagende seisoen in 2020 op die Stormers en sy rugbybase.

Steven Kitshoff (Sale Sharks), Eben Etzebeth (Toulon) en Siya Kolisi (Panasonic) se name word reeds aan spesifieke oorsese klubs gekoppel. ’n Speler soos Frans Malherbe is ewe gewild onder die oorsese klubspanne en sal moeilik in die Kaap gehou word.

’n Bron het aan Rapport gesê die Kaapse rugbybase beskou dit nou as ’n saak van dringendheid om binne die volgende week of twee met al die bogenoemde spelers en hul agente, asook ander wat nie vir 2020 gekontrakteer is nie, te vergader. Dis nie net die WP-rugbybase wat so vinnig moontlik duidelikheid oor spelers soos Du Toit-hulle se loopbane wil verkry nie, maar die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sal dit verkies dat al 31 spelers wat hy later vanjaar Japan toe neem, se onderhandelinge afgehandel is voordat van die Wêreldbeker-toernooi afskop.

Erasmus wil hê sy spelers se aandag moet net op dié toernooi gerig wees en nie op enige onderhandelinge nie.

Die 26-jarige Du Toit het verlede jaar die aandag van werwers wêreldwyd getrek met sy puik en bestendige spel vir die Bokke. Hy sal na verwagting so ’n goeie geldelike aanbod ontvang, dat nie eens ’n Bok-kontrak of wedstrydgeld dit vir hom die moeite werd sal maak om in Suid-Afrika aan te bly nie. Du Toit se veelsydigheid as ’n slot en flank verhoog sy markwaarde.

Suid-Afrikaanse slotte is oor die algemeen baie gewild by oorsese klubspanne. Nicolaas Janse van Rensburg, Paul Willemse (albei Montpellier), Franco Mostert, Gerbrandt Grobler (albei Gloucester), Jean Kleyn (Munster), Hendrik Roodt, Etienne Oosthuizen, Francois van der Merwe (almal Lyon), Reniel Hugo, Carl Wegner (albei Toyota Verblitz), Grant Hattingh (Kubota Spears), Flip van der Merwe, Jaco van Tonder (albei Clermont) en Juandré Kruger (Toulon) tel onder die bekende name. Slotte soos Ligtoring Landman en George Earle het ook in Wallis gespeel.



Replies:
Posted By: WitBoer
Date Posted: 27-Jan-2019 at 9:04am
Met al die dinge en die Treu en Piet Helium se dreigende aanstellings, dink ek die kanse is baie goed dat die Stormers dalk al van die jaar af laaste kan eindig in die SA konferensie en dat dit dan nie vir die nabye toekoms sal verander nie...

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net