Print Page | Close Window

Beseringspook slaan reeds by Bulle toe

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7240
Printed Date: 01-Jul-2024 at 3:10am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Beseringspook slaan reeds by Bulle toe
Posted By: Transvaal
Subject: Beseringspook slaan reeds by Bulle toe
Date Posted: 19-Jan-2019 at 6:12am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/beseringspook-slaan-reeds-by-bulle-toe-20190118%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/beseringspook-slaan-reeds-by-bulle-toe-20190118

Die Bulle se Superrugby-veldtog het nog nie eens begin nie en die span se beseringslys raak reeds langer.

Daar is veral kommer oor hul diepte op haker met Edgar Marutlulle (haksening) en Jaco Visagie (enkel) wat die eerste paar wedstryde van die kompetisie sal misloop.

Die jongste ongeval is die vleuel Travis Ismaiel, wat Maandag weer ’n skoueroperasie moet ondergaan.

Dieselfde skouer is verlede jaar geopereer, maar dit was nie suksesvol nie.

Pote Human, hoofafrigter, sê hy voel jammer vir Ismaiel, wat verlede seisoen sy toetsdebuut teen Wallis in Washington gemaak het.

“Travis het hard gewerk en dit is ’n belangrike seisoen vir hom. Dit is ’n groot slag vir die span ook.”

Ismaiel kan later in die reeks in ’n stryd teen tyd wees om die nasionale breier, Rassie Erasmus, te oortuig hy moet ’n lid van die Bokke se Wêreldbeker-groep wees.

Travis het hard gewerk en dit is ’n belangrike seisoen vir hom. Dit is ’n groot slag vir die span ook.

Visagie, wat soos Ismaiel ’n hele paar Superrugby-seisoene se ervaring het, het vroeër die week ’n enkeloperasie ondergaan en sal minstens ses weke op die krukkelys wees.

Hy het die besering opgedoen toe hy vir die Engelse klub Gloucester gespeel het.

Die beserings aan Visagie en Marutlulle, wat self op die vroegste eers in Maart beskikbaar sal wees, beteken dat die Bok-aanwins Schalk Brits die gunsteling is om op 16 Februarie die nr. 2-trui te dra wanneer die Bulle hulle veldtog teen die Stormers begin.

Die belowende Johan Grobbelaar is in die binnebaan om die plaasvervanger-haker te wees, terwyl Corniel Els ook saam met die groep oefen.

Human sê intussen die Springbok-agtsteman Duane Vermeulen sal Maandag saam begin sweet, terwyl van die ander voorspelers soos RG Snyman, Jason Jenkins, Hendré Stassen en Hanro Liebenberg, wat nog in Japan en Frankryk speel, eers ná volgende Saterdag se losmaker teen die Leeus sal terugkeer.

“Dit is ontwrigtend dat so baie ouens in die pak nog nie saam met ons geoefen het nie, maar hulle almal speel op die oomblik en behoort skerp en fiks te wees.

“Ons is byna daagliks in kontak met die ouens wat nog oorsee is.”

Daar word verneem die Ulster-stut Wiehahn Herbst behoort binnekort beskikbaar gestel te word om by die Bulle aan te sluit.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net