Print Page | Close Window

Match 7 - Stormers vs Lions

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: United Rugby Championship
Forum Description: United Rugby Championship
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=12199
Printed Date: 17-May-2025 at 9:57am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 7 - Stormers vs Lions
Posted By: Transvaal
Subject: Match 7 - Stormers vs Lions
Date Posted: 17-Dec-2024 at 12:00pm
Saturday 21 December 2024 in Cape Town, kickoff at 15:45

Referee: Christopher Allison (SARU, 2nd league game)

AR 1: AJ Jacobs (SARU)  

AR 2: Stephan Geldenhuys (SARU)

TMO: Marius van der Westhuizen (SARU)


Stormers: 15. Warrick Gelant, 14. Suleiman Hartzenberg, 13. Ruhan Nel, 12. Sacha Feinberg-Mngomezulu, 11. Leolin Zas, 10. Manie Libbok, 9. Herschel Jantjies, 8. Marcel Theunissen, 7. Ben-Jason Dixon, 6. Deon Fourie (c), 5. JD Schickerling, 4. Salmaan Moerat, 3. Frans Malherbe, 2. Joseph Dweba, 1. Ali Vermaak.
Replacements: 16. JJ Kotze, 17. Brok Harris, 18. Neethling Fouche, 19. Adre Smith, 20. Willie Engelbrecht, 21. Paul de Villiers, 22. Paul de Wet, 23. Jean-Luc du Plessis.

Lions: 15. Tapiwa Mafura, 14. Rabz Maxwane, 13. Ehrich Cronje, 12. Marius Louw (c), 11. Edwill van der Merwe, 10. Sam Francis, 9. Morne van den Berg, 8. Francke Horn, 7. WJ Steenkamp, 6. Jarod Cairns, 5. Ruan Delport, 4. Ruben Schoeman, 3. Asenathi Ntlabakanye, 2. PJ Botha, 1. Juan Schoeman.
Replacements: 16. Franco Marais, 17. Morgan Naude, 18. Conraad van Vuuren, 19. Darrien Landsberg, 20. Izan Esterhuizen, 21. JC Pretorius, 22. Sanele Nohamba, 23. Manny Rass.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Dec-2024 at 3:00pm
Chatting to Jaque Fourie and Juan Schoeman ahead of URC match vs Stormers
https://youtu.be/dwF82J_d0ls%20" rel="nofollow - https://youtu.be/dwF82J_d0ls


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Dec-2024 at 4:46pm
Christopher Allison aangewys as skeidsregter


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Dec-2024 at 11:24am
Span opgedateer in die eerste pos


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Dec-2024 at 11:49am
Stormers ook opgedateer, hulle het 'n sterk span gekies


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Dec-2024 at 12:51pm
Tyd om bietjie reklame vir LionsWorld te maak, ons het 'n Whatsapp groep waar ons hoofsaaklik Afrikaans praat, kom sluit by ons aan:
https://chat.whatsapp.com/I1vAGRT3mjkB5HaEegKWPi" rel="nofollow - https://chat.whatsapp.com/I1vAGRT3mjkB5HaEegKWPi


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Dec-2024 at 3:14pm
A late change for the Emirates Lions ahead of kick-off; Raynard Roets replaces Darrien Landsberg on the bench. Landsberg suffered a dislocated finger.


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 21-Dec-2024 at 3:45pm
Daar is baie gesé oor die Stormers se beserings, maar as ek so na ons span kyk het ons ook seker baie beserings. Dis ver van ons beste 23. Het nie veel hoop nie.

-------------
Up the Vaal!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 22-Dec-2024 at 3:29pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Daar is baie gesé oor die Stormers se beserings, maar as ek so na ons span kyk het ons ook seker baie beserings. Dis ver van ons beste 23. Het nie veel hoop nie.


Ekt baie snert gelees oor 19 beserings aan die Stormers se kant, maar hierdie was baie naby aan hul beste 23. Enigste spelers wat ek kan sien wat nog beseer is van hulle van hul A-span is seker Damian Willemse en Kitshoff wat moontlik in hul beste 23 sal wees.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 22-Dec-2024 at 3:33pm
Mag ek net vra wat doen Marius Louw nog in ons span, nevermind as kaptein? Sy talle mis tackles en knock-ons begin ons baie kos. Dan probeer hy baie gereeld ook te fancy wees met sy passes na ander spelers wat ook geknock word. As mens al hierdie dinge op tel teenoor dit wat hy positief doen, is dit oorweldigend 'n netto negatiewe balans. Ek wou baie van hom hou en wou hê hy moet perform, maar na al hierdie tyd verbeter dinge net glad nie vir hom met dieselfde foute week na week. Ons het stringe goeie senters wat eerder kan speel in sy plek, gee selfs 'n jong ou kans as dit moet...


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 22-Dec-2024 at 4:10pm
Tunalion stem saam met jou en dan verloor hy baie sy kop ook en kry dan n kaart so hy maak verseker baie foute wat natuurlik n negagiewe uitwerking op die span het


Posted By: emiel1
Date Posted: 22-Dec-2024 at 6:10pm
Ek verstaan dat jy nie jou beste speler noodwendig kaptein moet maak nie, maar waarom dan die swak skakel in jou span leier maak? Daar was 'n paar mooi terugvegpogings (veral laaste 20 min),  maar min planmatigheid op die aanval. Ons sukkel om mededingend in wegwedstryde te wees (kon nog nie eers 'n weg bonuspunt die seisoen kry nie), en soos ons tans speel gaan ons sukkel om 'n local derby (weg of tuis) te wen. 


Posted By: TunaLion
Date Posted: 22-Dec-2024 at 10:10pm
Ons sukkel geweldig op die aanval hierdie seisoen. Behalwe vir ons twee tuiswedstryde teen Edinburgh en Ulster het ons maar baie gesukkel op die aanval. Dit is in my opinie ons grootste swakpunt... ons lynstane is een van die redes vir dit, saam met geen kreatiwiteit op die aanval en baie hanteerfoute.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 23-Dec-2024 at 10:00am
Ons gaan nou weer begin in sirkes praat soos in die ou dae. Wie is verantwoordelik vir hierdie een-dimensionele, voorspelbare patroon? Wie hou aan spelers kies wie nie die mas opkom nie?

Ek weet van mense wie dink as dit nie vir ons afrigtingspan was nie, was ons nérens, want ons spelers is average. Ek dink nou weer meeste van ons spelers jol eintlik lekker, maar word in die steek gelaat deur swak afrigting en bestuur. 


-------------
Up the Vaal!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 24-Dec-2024 at 9:59am
Ek dink die meerderheid van ons spelers is baie beter as wat mense hulle krediet gee en dat 'n paar van ons afrigters redelik goed doen met die lae budget wat ons het in vergelyking met ander spanne.

Die probleem in my opinie is spankeuses. Daar is paar spelers wat ons keer op keer in die steek laat en ons dus heelwat kos, spelers soos Rabz, Marius Louw, Rass, ens.

Die feit dat ons lynstane ook net nie verbeter en ons erg in die steek laat het ons al baie games gekos > hier sal ek die blaam vir die lynstaan/voorspeler afrigter gee (wie okal dit is), want dit is al baie seisoene lank ons grootste probleem.

Nuwe massiewe probleem area wat ek opgetel het van die Munster game af is dat ons baie sukkel onder hoë balle, dit begin dalk 'n groter krisis word hier as met die lynstane en die ander spanne het dit begin optel.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 24-Dec-2024 at 10:06am
Persoonlik as ek in beheer was van die span sou ek Rassie se "battle stats" sisteem begin gebruik, waar spelers gejudge word op hoe gereeld hulle betrokke is in die game. Dit is die amount of "battles", time between "battles" en outcome of "battle" (positive/negative), time on ground/not on feet, ens. Dit gee spelers duidelike teikens om voor te mik wat maklik is om te verstaan, hoe en waar om te verbeter en ook dan dat hulle kan verstaan as hulle gedrop word.

Dit sal dan ook baie duidelik word watse spelers nie perform nie en wie 'n netto negatiewe impak op die game het... jammer Marius Louw en Rabz, want ek weet julle stats sou baie sleg wees onder hierdie sisteem.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 25-Dec-2024 at 11:29am
TunaLion stem volkome saam jou. Hulle moet n sisteem gebruik om ouens te evalueer want ons sien watse spelers jaag week in en week aan maar hulle bly in die span n speler wat vir my nogal verskriklik verbeter het met Rassie se sisteem is Pieter Steph hy is myle beter as wat hy so 5 jaar terug was selfs een van die beste spelers in die wereld die laaste paar jaar



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net