Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Champions Cup & Challenge Cup
Forum Description: Champions Cup & Challenge Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=11655 Printed Date: 07-Jan-2025 at 5:13am Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com
Topic: Match 3 - Stade Francais vs LionsPosted By: Transvaal
Subject: Match 3 - Stade Francais vs Lions
Date Posted: 07-Jan-2023 at 6:59am
Saturday 14 January 2023 in Paris, Kickoff at 2pm
Referee: Adam Jones AR1: Tom Spurrier AR2: Simon rees TMO: Maurizio Vancini
Stade Francais: 15. Kylan Hamdaoui, 14. Nadir Megdoud, 13. Theo Dachary, 12. Alex Arrate, 11. Stephane Ahmed, 10. Joris Segonds, 9. James Hall, 8. Ryan Chapuis, 7. Mathieu Hirigoyen, 6. Julien Ory, 5. Sitaleki Timani, 4. Nathan Huguen, 3. Vincent Koch, 2. Lucas Peyresblanques, 1. Moses Alo-Emile.
Replacements: 16. Laurent Panis, 17. Vasil Kakovin, 18. Paul Alo-Emile, 19. Marcos Kremer, 20. Martin Scelzo, 21. Paolo Odogwu, 22. Arthur Coville, 23. Peniasi Dakuwaqa.
Lions: 15. Andries Coetzee, 14. Quan Horn, 13. Henco van Wyk, 12. Marius Louw (c), 11. Edwill van der Merwe, 10. Gianni Lombard, 9. Morne van den Berg, 8. Emmanuel Tshituka, 7. Emile van Heerden, 6. Jaco Kriel, 5. Darrien Landsberg, 4. Willem Alberts, 3. Asenathi Ntlabakanye, 2. PJ Botha, 1. JP Smith.
Replacements: 16. Michael van Vuuren, 17. Rhynardt Rijnsburger, 18. Ruan Smith, 19. JC Pretorius, 20. Sibusiso Sangweni, 21. Ruhan Straeuli, 22. Andre Warner, 23. Manuel Rass.
Replies: Posted By: PaBz0r
Date Posted: 07-Jan-2023 at 8:25am
Die volgende pakslae.
Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Jan-2023 at 9:05am
PaBz0r wrote:
Die volgende pakslae.
Dit maak nie saak teen wie ons speel nie, elke nwk is n pakslae
Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jan-2023 at 6:44pm
Jordan Hendrikse en Henco van Wyk kry more scans om te sien hoe ernstig hulle beserings is
Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Jan-2023 at 2:32pm
Adam Jones van Wallis aangewys as skeidsregter.
Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Jan-2023 at 2:34pm
Asenathi Ntlabakanye is die Leeus se voorste verdediger in die Cup met 19 duikslae, gevolg deur Ruan Venter met 18 en Emmanuel Tshituka met 13
Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Jan-2023 at 4:07pm
Chatting to Ricardo Loubscher and Asenathi Ntlabakanye on 10 January 2023
Posted By: TunaLion
Date Posted: 10-Jan-2023 at 9:54pm
Transvaal wrote:
Jordan Hendrikse en Henco van Wyk kry more scans om te sien hoe ernstig hulle beserings is
Enige nuus oor die beserings en hoe lank hulle gaan uit wees?
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Jan-2023 at 5:32am
klink my hulle kan dalk speel en word Donderdag weer na gekyk om te besluit. Maar dit was in die video wat ek gister gepost het so jy is uitgevang dat jy nie gekyk het nie
Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Jan-2023 at 8:59am
Transvaal wrote:
klink my hulle kan dalk speel en word Donderdag weer na gekyk om te besluit. Maar dit was in die video wat ek gister gepost het so jy is uitgevang dat jy nie gekyk het nie
Baie dankie vir die info! Skies, ek kyk en like gewoonlik jou video's op YouTube, maar nie veel tyd gehad gister nie.
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Jan-2023 at 10:58am
Sopas hierdie raakgelees:
Their latest 33-3 loss to Munster in the Vodacom United Rugby
Championship match in Cork meant that Ivan van Rooyen’s side has
conceded a massive 101 points in three games, scoring just 21 as a
response.
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: Leeubok
Date Posted: 11-Jan-2023 at 12:38pm
TunaLion wrote:
Sopas hierdie raakgelees:
Their latest 33-3 loss to Munster in the Vodacom United Rugby
Championship match in Cork meant that Ivan van Rooyen’s side has
conceded a massive 101 points in three games, scoring just 21 as a
response.
Ek het noudie dag al genoem dat Sean Everitte gepos is na een pakslae. Ons kry elke nwk pakslae maar lykmy die Leeus is tevrede daarmee
Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Jan-2023 at 1:16pm
Leeubok wrote:
TunaLion wrote:
Sopas hierdie raakgelees:
Their latest 33-3 loss to Munster in the Vodacom United Rugby
Championship match in Cork meant that Ivan van Rooyen’s side has
conceded a massive 101 points in three games, scoring just 21 as a
response.
Ek het noudie dag al genoem dat Sean Everitte gepos is na een pakslae. Ons kry elke nwk pakslae maar lykmy die Leeus is tevrede daarmee
En hy is al so 4 seisoene of wat in beheer. Basies net so lank soos Ackermann in beheer was. En met Ackers was ons op die brink van collapse en relegeer uit SR toe hy aangestel was.
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Jan-2023 at 1:46pm
Hy is 30 Oktober 2019 aangestel as hoofafrigter, so seker nou 3 jaar en 2 maande in charge, maar ek dink die probleem is seker covid wat geslaan het 5 maande na sy aanstelling, ek dink nie ons besef hoe seer dit die unie finansieel geslaan het nie
Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Jan-2023 at 11:43pm
Transvaal wrote:
Hy is 30 Oktober 2019 aangestel as hoofafrigter, so seker nou 3 jaar en 2 maande in charge, maar ek dink die probleem is seker covid wat geslaan het 5 maande na sy aanstelling, ek dink nie ons besef hoe seer dit die unie finansieel geslaan het nie
Ackers kan seker stry dat die relegasie en die hordes spelers wat gewaai het ons net so erg (dalk erger) getref het in 2012 en 2013. Geen Borge, geen kompetisie om in te speel, ens.
Ja COVID was bad, maar dit voel of selfs die Cheetahs ons tans sal n go gee, as ook die Pumas en Griquas. So ek dink nie dat kan as die absolute verskoning gebruik word vir ons swak vertonings.
WP is nogsteeds onder administrasie en hulle doen verre gaande beter as ons. Hulle afrigting is myle beter as ons s'n. As ons iemand soos n Dobson gehad het, sou ons nie in so posisie gewees het nie. Punt klaar.
Onthou, selfs in die SR kompetie voor COVID was ons erg besig om pak te kry. As dit nie vir COVID was nie, sou ons n paar keer pakslae gekry het in 2020 (meer as wat ons reeds tot dusver gekry het daardie seisoen).
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: monster
Date Posted: 12-Jan-2023 at 7:29am
Nee ek stem Cash is nie vir my die antwoord nie maar ek moet by sê Dobson het ook maar n hele paar jaar rond geploeter by die WP Stormers voor dinge vir hom begin click het die laaste 2 seisoene
Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Jan-2023 at 11:21am
monster wrote:
Nee ek stem Cash is nie vir my die antwoord nie maar ek moet by sê Dobson het ook maar n hele paar jaar rond geploeter by die WP Stormers voor dinge vir hom begin click het die laaste 2 seisoene
Dit mag waar wees, maar vergelyk die span wat hy ge-erf het teenoor die een wat Cash ge-erf het. Dan neem in ag hulle is onder administrasie vir meeste van die tyd wat hy daar afrig as hoof afrigter. Hy is ook eers as hul SR afrigter in 2019 aangestel en nooit laaste in die Currie Cup gekom nie (sorry né, Cash) die vergelyking lyk glad nie goed as ek so aanhou.
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Jan-2023 at 11:23am
En dit gaan hier nie oor Dobson nie, maar om te highlight die verskil tussen n competent coach en n nie so competent ene op die vlak. Baie ander unies en spanne het ook hordes verskonings, maar niemand van hulle gebruik dit as n kruk om op te lê. En nie een van hulle sit met die sukkel vertonings soos ons tans beleef die laaste paar jaar. Hel, WP en die Bulle het ook klomp jong spelers, so selfs dit is nie n verskoning nie.
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 12-Jan-2023 at 1:12pm
Matthew Proudfoot gaan nou Maties afrig. Dat 'n universiteit 'n wereldklas afrigter kan bekostig en nie die GLRU nie wys jou in watter benarde finansiele toestand die unie is. En dan is die stadion nog leeg ook.
------------- Up the Vaal!
Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Jan-2023 at 5:41pm
Attie Karate wrote:
Matthew Proudfoot gaan nou Maties afrig. Dat 'n universiteit 'n wereldklas afrigter kan bekostig en nie die GLRU nie wys jou in watter benarde finansiele toestand die unie is. En dan is die stadion nog leeg ook.
Lol, jy neem aan dit is net oor finansies. Ek dink dit is eerder dat die besluitnemers daar bo in die Unie op hul hande sit en net lekker pay cheque trek in plaas van om iets te doen aan die stand van sake.
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: J J
Date Posted: 13-Jan-2023 at 8:37am
@Tuna Lion, jy is heeltemal reg met jou stelling. Ek persoonlik as CEO sal iets gedoen het as my maatskappy so sukkel. Niemand sal geld wil spandeer om na n getjommel te wil gaan kyk nie, sal eerder hulle geld op n ander plek spandeer.
Die gevaar tekens is al hier vir n paar jaar en wanneer gaan ons ag slaan op die tekens. Dit sal n baie slegte dag wees as een van die oudste rugby unies sy deure sluit en soos dinge nou daar uitsien is dit n realiteit om nie te ignoreer nie.
Posted By: Leeubok
Date Posted: 13-Jan-2023 at 8:40am
Wat het geword van Brendan Venter? Ek dink as die unie regtig probeer sal hulle iewers 'n competent coach kan uitkrap.
Posted By: monster
Date Posted: 13-Jan-2023 at 10:51am
Brent Janse van Rensburg
Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Jan-2023 at 2:10pm
Span opgedateer in die eerste pos
Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Jan-2023 at 2:36pm
Nog noit van hierdie ou gehoor nie
Rhynardt Rijnsburger
11 February 2001
Cape Town
Tighthead prop
188
118
BCom Financial Accounting
Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Jan-2023 at 2:39pm
Lyk of hy laas jaar vir Maties in die Varsity beker gespeel het
Posted By: Lion1986
Date Posted: 13-Jan-2023 at 2:43pm
Hopelik speel hy goed. Kan nogsteeds nie glo dat Strauli daar is bo van die goeie jong spelers nie
Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Jan-2023 at 2:49pm
Lyk my net 5 spelers wat teen ons op Ellispark begin het, is weer in die beginspan vir Stade Francais. Vincent Koch begin ook teen ons. Dink hulle het dalk 'n sterker span gekies
Posted By: Lion1986
Date Posted: 13-Jan-2023 at 2:54pm
Ja hul het basies hul b span teen ons gespeel. Hierdie gaan moeilik wees
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 13-Jan-2023 at 3:48pm
Lion1986 wrote:
Ja hul het basies hul b span teen ons gespeel. Hierdie gaan moeilik wees
Ons maak elke game wat ons speel elk geval moeilik
Die span lyk meer soos die ene wat ek laas week wou sien..in die URC wat wel iets beteken..
Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Jan-2023 at 4:01pm
Ek weet nie hoe lyk die weer daar nie maar Morne van Den Berg was swak in die nat weer laas week, sy diens aan die agterlyn was SWAK. Landsberg beindruk my glad nie op slot nie, en Alberts se beste dae lyk ongelukkig ook asof dit verby is
Posted By: TunaLion
Date Posted: 13-Jan-2023 at 4:26pm
Ek dink hier sal hulle hul "beste" span speel, in hierdie kompetisie lyk my is dit maar algemeen in die eerste rondte dat ouens hul B-spanne vir die weg wegstryde stuur en dan hul beste span tuis speel.
Krappies en Hendrikse was maar albei swak laas week, dan begin Willem Alberts minder en minder impak te maak in games, so ek stem nogal saam met jou, Transvaal.
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Jan-2023 at 4:36pm
Hendrikse het nie sy fiksheidstoets geslaag nie, so Lombard begin op 10. Stade Francais se span opgedateer in die eerste pos
Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Jan-2023 at 10:51pm
Scarlets 10-3 voor teen die Cheetahs rustyd
Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Jan-2023 at 11:54pm
Scarlets wen 20-17
Posted By: emiel1
Date Posted: 14-Jan-2023 at 9:20am
Ons pak sukkel sonder Schoeman en Nothnagel om vinnige dominerende voorvoetbal te verskaf. Ons lostrio is ook maar ongebalansserd. Daar is goeie rede om krities te wees oor on agterspel, maar met die stadige statiese bal wat ons mee verlede naweek in die nat moes speel, sou geen agterlyn iets kon uitrig nie. Ons Kan maar net hoop dat daar verbetering is.
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 14-Jan-2023 at 3:34pm
Gianni maak nou erg foute, voor dit was ons beter.
Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Jan-2023 at 3:42pm
Ons 9 10 en 12 het almal vergeet hoe om 'n bal te vang...
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: Lion1986
Date Posted: 14-Jan-2023 at 3:48pm
Morne van den Berg sukkel altyd in die reën. Wonder of ons ooit met nat balle oefen?
Lynstane lyk darem beter as altyd
Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Jan-2023 at 3:49pm
Lombard het daar vir 5 minute heeltemal die kluts kwyt geraak. 7-0 rustyd vir ons, lyk belowend, maar Stade Francais het ook nog glad nie eintlik rugby gespeel nie
Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Jan-2023 at 3:52pm
Is dit nat toestande? Ek kan nie mooi uitmaak nie en my stream is in Frans?
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:00pm
Selfs op dstv is die uitsending baie sleg.
Ons kry baie van die calls, maar dit is nou n ander helfde met die wind..
Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:03pm
Ons mis vir Nohamba vrek baie.... Krappies het paar beenkop oomblikke en sy diens is power
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:04pm
Nes ek dit skryf, het hy nog so oomblik... eish
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:23pm
Ons gee nou vir hulle die game.
Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:23pm
Pretty much :(
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:27pm
Wow, ons is uiters swak hierdie helfte!!
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:33pm
Ja ons sak lekker uit nou en twee skoppe gemis so ons moes op 13 gewees het jy kab bie skoppe mis op die stage nie
Posted By: Lion1986
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:35pm
Ons en die ref is ewe swak
Posted By: Lion1986
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:39pm
Krappies speel verkriik dom. Maar Warner is nie regtig n opsie nie
Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:41pm
gertjie0000 wrote:
Ja ons sak lekker uit nou en twee skoppe gemis so ons moes op 13 gewees het jy kab bie skoppe mis op die stage nie
Wel hulle het 5 punte gemis, so mens kan nie die verloor regti daarop blameer nie
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:43pm
Mens kry nogal respek vir Nohamba hy is briljant op die nat velde al die ander 9's sukkel van ons
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:49pm
Tune lion ek se nie ons sou die game wen nie maar dit help met momentum ek dink 13-0 halftyd sou baie beter gewees het as 7-0 halftyd
Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Jan-2023 at 4:52pm
3 geel kaarte het ons duur gekos
Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Jan-2023 at 5:03pm
gertjie0000 wrote:
Tune lion ek se nie ons sou die game wen nie maar dit help met momentum ek dink 13-0 halftyd sou baie beter gewees het as 7-0 halftyd
Sou beter gewees het as ons n bal kon vang, nie 3 geel kaarte gekry het nie, slim rugby gespeel het, ens ens.
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 14-Jan-2023 at 5:10pm
TunaLion wrote:
Ons 9 10 en 12 het almal vergeet hoe om 'n bal te vang...
Ons basiese vaardighede is absokuut skokkend vir die vlak... week na week na week!!! Nie regtigwaar....
Posted By: emiel1
Date Posted: 14-Jan-2023 at 5:10pm
Voorspelers het in eerste helfde in die algemeen goed vertoon. Mens verwag dat hantering onder druk in die toestande 'n probleem Sal wees, maar wanneer daar ongeforseerde hanteerfoute ook gemaak word (Louw. Lombaard), dan moet mens jou afvra oor professionele vaardigheidsvlakke. Discipline in die tweede helfde was ook 'n probleem
Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Jan-2023 at 6:19pm
Ek sien die lugredery het ons truie verloor, dis waarom hulle in die opwarmingstruie gespeel het
Posted By: Lion1986
Date Posted: 14-Jan-2023 at 7:12pm
Dalk het ons 9 en 10 die truie vir mekaar gepass en iewers laat val
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 14-Jan-2023 at 8:03pm
Lion1986 wrote:
Dalk het ons 9 en 10 die truie vir mekaar gepass en iewers laat val
Eina…
Posted By: valie
Date Posted: 15-Jan-2023 at 12:15pm
Paar goed wat redelik goed was:
1 Lynstane
2 Mauls
3 Skrums
4 Verdediging, hoewel ons lynspoed baie sal moet verbeter.
Bg is alles die werk van die afrigters.
Paar goed wat dringend aandag kort:
1 Hantering
2 Dissipline
Bg is alles spelers se verantwoordelikheid
Posted By: monster
Date Posted: 15-Jan-2023 at 5:25pm
Ek dink dit begin tyd raak dat Nico Steyn sy kans op 9 kry
Posted By: Leeubok
Date Posted: 16-Jan-2023 at 8:12am
valie wrote:
Paar goed wat redelik goed was:
1 Lynstane
2 Mauls
3 Skrums
4 Verdediging, hoewel ons lynspoed baie sal moet verbeter.
Bg is alles die werk van die afrigters.
Paar goed wat dringend aandag kort:
1 Hantering
2 Dissipline
Bg is alles spelers se verantwoordelikheid
En dit is die hoof afrigter se verantwoordelikheid om spelers te kies wat bogenoemde kan doen. Op die einde van die dag is die span se resultate sy verantwoordelikheid. Dis nou die hoeveelste week in 'n ry wat ons nie net verloor nie, maar ordentlik pakslae kry. Wanneer gaan die unie iets daaromtrent doen?
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 16-Jan-2023 at 9:02am
Ek dink ook ons moet kies watse kompetisie n ou wil goed indoen want ek dink dis beter om n jong span in die chalange cup te gebruik en ons beste span in die urc want ons het nie naastenby die diepte vir twee kompetisies nie ek dink ons sien dirlt nouben ek dink ook n ander probleem is spanne annaliseer ons te maklk want kyk hoe goed doen ons eerste helfte dan slaan hulle ons tweede helfte op ons swak punte so maw ons word te maklin ge annaliseer ons het nie n plan b nie net my opinie
Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Jan-2023 at 9:50am
As ons baie sleg in die volgende wedstryd teen die Dragons doen, sal ons waarskynlik nie kwalifiseer vir die uitklop rondtes van die Challenge Cup nie, en dan kan ons fokus op die URC
Posted By: Leeubok
Date Posted: 16-Jan-2023 at 10:32am
Ons het virseker nie die diepte van die sharks of bulls wat 'n kompeterende B-span op die veld kan stuur nie. Maar om eerlik te wees, ons A-span is nie eers kompeterend nie, so wat help dit om op 1 kompetisie te fokus? Gaan ons nou 'n O/19 span stuur om nog verder te verloor in die Challenge Cup, en dan hou ons A-span aan om met 30+ punte te verloor in die URC?
Ek weet elke post wat ek deesdae hier skryf is negatief. Maar hel, dis moeilik om iets positief te se wanneer ons elke nwk pakslae kry en die unie gaan voort asof alles fine is.
Posted By: monster
Date Posted: 16-Jan-2023 at 11:09am
Transvaal wrote:
As ons baie sleg in die volgende wedstryd teen die Dragons doen, sal ons waarskynlik nie kwalifiseer vir die uitklop rondtes van die Challenge Cup nie, en dan kan ons fokus op die URC
Volgens my het ons reeds gekwalifiseer vd uitspeel rondtes (99%)
Top 6 spanne kwalifiseer van 8
- Bayonne val reeds uit
- Verloorder tussen Cheetahs en Paloise is die ander span wat gaan uit val
As Cheetahs en Paloise gelyk op speel met bonus punte is dit natuurlik n ander storie
Posted By: TunaLion
Date Posted: 16-Jan-2023 at 11:45am
monster wrote:
Transvaal wrote:
As ons baie sleg in die volgende wedstryd teen die Dragons doen, sal ons waarskynlik nie kwalifiseer vir die uitklop rondtes van die Challenge Cup nie, en dan kan ons fokus op die URC
Volgens my het ons reeds gekwalifiseer vd uitspeel rondtes (99%)
Top 6 spanne kwalifiseer van 8
- Bayonne val reeds uit
- Verloorder tussen Cheetahs en Paloise is die ander span wat gaan uit val
As Cheetahs en Paloise gelyk op speel met bonus punte is dit natuurlik n ander storie
Ekt sopas dieselfde ook besef, so hopelik is daar nie 'n gelykop of 'n verloor vir Pau/Cheetahs met 2 bonuspunte nie
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: TunaLion
Date Posted: 16-Jan-2023 at 11:52am
Leeubok wrote:
Ons het virseker nie die diepte van die sharks of bulls wat 'n kompeterende B-span op die veld kan stuur nie. Maar om eerlik te wees, ons A-span is nie eers kompeterend nie, so wat help dit om op 1 kompetisie te fokus? Gaan ons nou 'n O/19 span stuur om nog verder te verloor in die Challenge Cup, en dan hou ons A-span aan om met 30+ punte te verloor in die URC?
Ek weet elke post wat ek deesdae hier skryf is negatief. Maar hel, dis moeilik om iets positief te se wanneer ons elke nwk pakslae kry en die unie gaan voort asof alles fine is.
Die sad ding is ons het in die begin van hierdie seisoen bewys ons het die spelers, ek voel baie sterk die probleem lê by die afrigting, dit sluit in motivation/confidence management (mens kan sien van die ouens het confidence verloor, Krappies, Lombard om 'n paar te noem), analise vir komende games, spankeuses, basiese afrigting, taktiek, aanvalspatrone, ens ens.
Dit is baie baie duidelik van die bogenoemde word nie ordentlik gedoen nie, dus hoekom ek sê selfs spanne soos die Cheetahs, Pumas en Griquas sal ons 'n "go" gee. Goeie spelers is soos 35% van die wen resep, die res (65% dalk meer) is afhangend van die afrigters. Dit is bewys in 2018 deur Rassie met die Bokke toe hy onmiddelik 'n verskil gemaak het, dit is bewys in 2004 deur Jake White by die Bokke, by die Leeus met Ackerman en veral toe hy toe weg is weer by ons, ens ens.
------------- Go LIONS!!!!!
Posted By: TunaLion
Date Posted: 16-Jan-2023 at 11:54am
Kitch Christie in 1995 met die Bokke wat die paar jaar voor dit (van 1992 maar swak gelyk het en 'n long shot vir die WC van 1995 is), daar is telkemale voorbeelde.