The Lions next play the Ospreys at Ellis Park in the URC on 17 May 2025, kickoff is at 17:15 |
Bokke se kontrakte vandag bespreek |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40293 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 03-Feb-2019 at 6:02am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bokke-se-kontrakte-vandag-bespreek-20190203
Rassie Erasmus, Suid-Afrikaanse Rugby-unie se direkteur van rugby én Springbok-breier, sal vandag met die uitvoerende hoofde van die land se vier Super-franchises beraadslaag oor die pad vorentoe met die daarstelling van ’n nuwe model waarvolgens spelers gekontrakteer sal word. Rapport se inligting is dat die vergadering tussen Erasmus en die uitvoerende hoofde van die Bulle, Haaie, Stormers en Leeus daarop gemik is om die uittog van nog topspelers te verhinder. Voortgesette Bok-kontrakte sal die grootste besprekingspunt op die vergadering wees. Die afgelope tyd is daar berig dat Saru wil afsien van die toekenning van Springbok-kontrakte en spelers se inkomste eerder met wedstrydgeld wil aanvul in ’n poging om hulle in die land te hou. Die franchises glo egter as daar nie Bok-kontrakte is nie, gaan dit onmoontlik wees om spelers in Suid-Afrika te hou. Rudolf Straeuli, die Leeus se uitvoerende hoof, is deur die franchises gevra om met ’n voorstel vorendag te kom oor ’n beperkte hoeveelheid Bok-kontrakte wat Saru en die franchises sal help om topspelers in die land te hou. “Sonder die Bok-kontrakte kan ons nie eens naby die bedrae kom wat die oorsese klubs spelers aanbied nie,” het een uitvoerende hoof aan Rapport gesê. Hy het ook die hoop uitgespreek dat hul voorstel vir die voortsetting van Bok-kontrakte iets positief sal oplewer sodat hy teen die einde iets sal hê om aan sy Springbok-spelers voor te lê. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |