The Lions next play Montpellier in France in the Challenge Cup on 11 January 2025, kickoff is at 19:30 |
Beseerde Jean-Luc op pad terug na SA |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39968 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 05-Jan-2019 at 1:43pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/beseerde-jean-luc-op-pad-terug-na-sa-20190105
Jean-Luc du Preez, losvoorspeler van die Haaie, keer terug na Suid-Afrika met ’n besering wat hy opgedoen het in sy kort skof saam met die Engelse klubspan Sale Sharks. Du Preez (23), wat 12 wedstryde vir die Springbokke gespeel het, het in November ’n kontrak van drie maande met die Premierliga-klub gesluit. Hy het saam met sy ouer broer Robert ’n beduidende impak by Sale gehad en was van meet af in die beginspan ingesluit. Rugby365 berig Du Preez het sy span se sege Vrydag teen Saracens misgeloop weens ’n liesbesering wat hy in Sale se oorwinning met 30-15 teen Gloucester opgedoen het. Die besering beteken vir eers die einde van Du Preez se verblyf in Engeland. Die klub het die nuus van Du Preez se terugkeer op Twitter bevestig en dit laat blyk dat dit dalk nie die laaste keer is wat hy ’n Sale-trui oor sy kop trek nie. Sale het die Bok-skrumskakel Faf de Klerk se kontrak onlangs tot 2023 verleng. Die Haaie se Superrugby-veldtog begin op 16 Februarie teen die Sunwolves in Singapoer. |
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39968 |
Post Options
Thanks(0)
|
Nie goeie nuus vir die Haaie nie...
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |