Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Pote nou in binnebaan om Bulle te brei
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Montpellier in France in the Challenge Cup on 11 January 2025, kickoff is at 19:30

Pote nou in binnebaan om Bulle te brei

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39968
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Pote nou in binnebaan om Bulle te brei
    Posted: 10-Dec-2018 at 8:20pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/pote-nou-in-binnebaan-om-bulle-te-brei-20181210

Die soektog na die regte man om die Bulle in aanstaande jaar se Superrugby-reeks te brei, is uiteindelik verby.

’n Aankondiging word Dinsdagoggend om 11:00 deur die Blou Bulle Maatskappy (BBM) gemaak en die verwagting is dat dit Pote Human te beurt gaan val.

Victor Matfield, wat die gunsteling was, het luidens ’n berig deur Rapport weens sy gesinverpligtinge en die langtermyn-sekuriteit wat hy as spesialis-ontleder by SuperSport het sy neus vir die pos opgetrek.

Volgens die berig sou daar gepoog word om Matfield te kry om van besluit te verander, maar gissinge in Suid-Afrikaanse rugby is dat hy uit die prentjie is.

Dis nou tensy die BBM sy geheim baie goed bewaar.

Deon Davids, die Southern Kings se afrigter, was die ander sterk kandidaat, maar is nie meer in die prentjie nie.

Met die aanstel van Human sal die Bulle die voordeel van kontinuïteit hê. Hy het die Blou Bulle in vanjaar se Curriebeker-reeks afgerig en hulle het die WP byna teen die verwagting in die halfeindronde op Nuweland geklop.

Die feit dat die Bulle glo nie hul verkose kandidaat kon kry om vir John Mitchell op te volg nie sal tog as ’n groot teleurstelling beskou word. Daar word groot beleggings gemaak om die franchise weer Suid-Afrika se toonaangewende span te maak en die afrigter sal uiteraard ’n deurslaggewende rol daarin moet speel.

Die Bulle het reeds spelers soos Duane Vermeulen, Schalk Brits en Rosko Specman vir aanstaande jaar se Superreeks gewerf. Daar is sprake dat daar nog aanwinste gaan wees. Selfs Willie le Roux, wat vir die Engelse klub Wasps speel, se naam het al as ’n moontlike aanwins opgeduik.

Wasps, wat finansiële probleme het en ook gefrustreerd is met Le Roux se gereelde internasionale verpligtinge, is glo gretig om die Springbok-heelagter van sy boeke af te kry.

Die Bulle gaan ook ’n aansienlike inspuiting intellektuele kapitaal kry met die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, en sy verdedigingsafrigter, Jacques Nienaber, wat glo met die span se voorbereiding vir aanstaande jaar se Superreeks gaan help.

Daarmee saam het Rapport berig dat die voormalige Blou Bul-speler en afrigter van die Westelike Provinsie, Alan Zondagh, die unie se direkteur van rugby gaan word.

Die BBM het ook die sakeman Alfons Meyer aangestel om vir Barend van Graan as sy uitvoerende hoof op te volg. Meyer is deur die sakereus Remgro gevra om hom vir die pos beskikbaar te stel. Remgro het ’n aandeel van 50% in die BBM. Zondagh het ook noue bande met Remgro.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39968
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Dec-2018 at 8:23pm
>>> is glo gretig om die Springbok-heelagter van sy boeke af te kry.

As hulle tevrede met hom was as speler sou hulle mos nie gretig wees om van hom ontslae te raak nie?
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1166
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Dec-2018 at 8:37pm
dink julle verduan en knock kock willie gaan all out gaan vir die bulle in n wereld beker jaar ? 
Back to Top
Tin View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Brits
Status: Offline
Points: 212
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Tin Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Dec-2018 at 8:14am
ek wonder as die joernaliste gaan en hul print al hul opskrifte van die verskillende stories oor die bloubul afrigters uit en sit dit langs mekaar of hy dan by homself wonder........''kan nie glo ek is betaal vir al die stront wat ek geskryf het nie''
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39968
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Dec-2018 at 8:22am
Op die einde van die dag dink ek Pote is dalk 'n beter afrigter as Matfield. Hy rig al lank af en het darem redelike sukses in die Varsity beker behaal
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 2004
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Dec-2018 at 10:29am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

>>> is glo gretig om die Springbok-heelagter van sy boeke af te kry.

As hulle tevrede met hom was as speler sou hulle mos nie gretig wees om van hom ontslae te raak nie?
You pay millions for the guy, and he misses a few games due to international commitments, it will make you wonder if he is worth the investment. It makes more sense to buy a couple of up and coming young players to increase depth than to invest too heavily in a marquee player.

Unfortunately we are going to continue to have this club vs country issue, until WR sets guidelines that are cast in stone. Which means that there should not be tests outside of the international windows, and that all leagues will have a break during those test windows. And clubs should also realise that if they contract international players, that they will have to miss some games due to commitments to their country.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 2004
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Dec-2018 at 10:31am
Pote Human may be the logical choice, but he is a good Currie Cup coach, not necessarily a SR coach. They will have continuity, but does he have the ability and the innovation to make the Bulls a force again?
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39968
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Dec-2018 at 10:52am
Okay so Pote Human is die Bulle se 2019 SR afrigter. Ek dink regtig dis 'n beter keuse vir die Bulle as Matfield
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39968
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Dec-2018 at 11:04am

https://www.sport24.co.za/Rugby/SuperRugby/confirmed-pote-human-to-coach-bulls-20181211


Pote Human was confirmed as head coach of the Bulls' Super Rugby team at a press conference in Pretoria on Tuesday.

The Pretoria-franchise also confirmed the appointment of Alan Zondagh as their director of rugby. Zondagh is a former Western Province and Eastern Province coach.

Human, who had taken charge of the Blue Bulls in this year's Currie Cup, will take over the vacancy left by New Zealander John Mitchell, who has joined England as their defence coach.

It's no secret that the Bulls were eager to appoint former Springbok lock Victor Matfield as head coach, but an agreement could not be reached between the two parties.

Southern Kings coach Deon Davids was also in the running but was not the preferred candidate.

Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39968
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Dec-2018 at 11:05am
>>>The Pretoria-franchise also confirmed the appointment of Alan Zondagh as their director of rugby. 

Op 'n stadium het hulle gese Zondagh gaan net tydelik uithelp...dalk met Pote Human as afrigter was daar toe genoeg geld om Zondagh permanent aan te stel
Back to Top
TunaLion View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Ellis Park
Status: Offline
Points: 1824
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Dec-2018 at 11:34am
Is nogsteeds n beter aanstelling as Mitchel, maar dit sê nie baie nie, want mens moet baie ver soek om swakker as Mitchel te vind.
Go LIONS!!!!!
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 2004
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Dec-2018 at 12:04pm
Finally. 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.104 seconds.