The Lions next play Montpellier in France in the Challenge Cup on 11 January 2025, kickoff is at 19:30 |
Stormers skok met bestuurspan |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39968 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 15-Dec-2018 at 10:13am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/skok-met-stormers-se-bestuurspan-20181214
Paul Treu en Paul Feeney van Nieu-Seeland is glo hul plek op die Stormers se afrigtingspan kwyt vir 2019 se Superrugby-reeks. Netwerk24 het betroubaar verneem dat die Westelike Provinsie se Curriebeker-afrigtingspan van John Dobson, Dawie Snyman, Norman Laker en Hanyani Shimange die Stormers se hoofafrigter, Robbie Fleck, gaan bystaan. Feeney en Treu gaan glo binne die unie herontplooi word. Fleck se kontrak verstryk in 2019 en die plan is blykbaar dat Dobson by hom oorneem met die oog op 2020 se Superreeks. Daar sal dus ’n opvolgplan in werking gestel word in aanstaande jaar se reeks. Die WP se rugbybase wil nie amptelik die aap uit die mou laat nie. “Daar sal veranderinge aan die bestuurspan wees en ons sal dit hopelik vroeg in die nuwe jaar aankondig,” was al wat die WP Rugbyunie se uitvoerende hoof. Paul Zacks, oor die kwessie wou sê. Verdeeldheid was in 2018 ’n groot probleem in die Stormers se afrigtingspan en Treu het so ver gegaan as om sy misnoeë oor beweerde marginalisering in ’n grieweskrif te verwoord. Die skeuring in die Stormers se bestuurspan het in Julie op die lappe gekom toe ’n woedende Treu uit ’n hersieningsvergadering van die Stormers se mislukte veldtog gestorm het. Hy het glo gesê dat hy “genoeg daarvan gehad het om sleg behandel te word” en dat hy dit “nie meer gaan vat nie”. Treu het nie om dieselfde vuur as Feeney gesit nie en het glo ook gevoel dat Fleck nie sy insette na waarde skat nie. Treu het nie om dieselfde vuur as Feeney gesit nie en het glo ook gevoel dat Fleck nie sy insette na waarde skat nie. Die WP het met ’n onafhanklike ondersoek begin en in November in ’n mediaverklaring gesê dat daar bevind is dat Treu se “beweringe oor onregverdige diskriminasie” nie gewig dra nie. Die WP het in die proses waardevolle lesse geleer – onder meer om nie oorvleuelende portefeuljes vir hulpafrigters te skep nie. In 2018 se Superreeks was Treu die “hulpafrigter vir gestruktureerde spel”. Sy pligte het ingesluit om die span tot die derde fase op die aanval af te rig en op verdediging van die eerstefasespel ná die vaste fasette. Feeney se taak was aanval en verdediging uit ongestruktureerde spel. Gewoonlik word die portefeuljes van aanval en verdediging afsonderlik aan hulpafrigters gegee. Die oorvleueling was volgens mense met binnekennis ’n groot probleem. Die Stormers het reeds met hul voorbereiding vir die nuwe seisoen begin, maar die uitval van 2018 maak dit onmoontlik dat Treu, Feeney en Fleck weer as ’n span saam sal kan werk. ’n Aankondiging van herontplooiings en skuiwe behoort gevolglik vroeg in Januarie gemaak te word. Fleck het intussen bevestig dat die WP die Leeus-speler Corné Fourie Kaap toe gelok het. Fourie is as loskopstut gekontrakteer en vul die leemte wat deur JC Janse van Rensburg se skuif na die Franse klub Grenoble gelaat is. Fourie is as loskopstut gekontrakteer en vul die leemte wat deur JC Janse van Rensburg se skuif na Grenoble gelaat is. Die Stormers sukkel ook nie soos verlede jaar met ’n gros beserings aan topspelers in die voorseisoen nie. Paul de Wet (skrumskakel), Johan du Toit (flank) en Ramone Samuels (haker) is op die krukkelys, maar nie een is die voorkeurspeler in sy posisie nie. |
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |