Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Andries los Leeus
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Pumas at Ellis Park in the Currie Cup on 10 August 2024, kickoff is at 15:00

Andries los Leeus

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39464
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Andries los Leeus
    Posted: 03-Mar-2019 at 11:06am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/andries-los-leeus-20190302

Andries Coetzee en RG Snyman tel onder die Springbokke wat volgende jaar saam met Duane Vermeulen en Willie le Roux klubrugby in Japan kan speel.

Die lys sal gou langer word met ander plaaslike Superrugby-spelers wat soos Snyman en Coetzee Japan as ’n opsie beskou.

Coetzee se naam word al van verlede jaar af met ’n skuif na Japan verbind. Allister Coetzee se Canon Eagles is een van die klubs wat hom wou hê. Dit is onwaarskynlik dat hy nou na Canon Eagles sal gaan, met ander klubs wat belangstelling in hom toon.

Nadat hy in 2017 die Bokke se eerstekeuse-heelagter was, het Coetzee in onguns verval op nasionale vlak. Op 28-jarige ouderdom maak sy beplande skuif na Japan sin, hoewel dit ’n yslike slag vir die Leeus is.

Die 24-jarige Snyman speel al van 2017 af vir die Japanse klubspan Honda Heat.

Hy is gelukkig daar en behoort in 2020 daarheen terug te keer. Die Engelse koerant The Rugby Paper het onlangs berig Harlequins stel in hom belang, maar dié klub is nie deel van sy toekomsplanne nie. Leicester Tigers se naam is ook al genoem as ’n klub wat hom oorweeg het.

Die dilemma waarmee die Bulle en die Leeus egter sit, is dat hul Japanse klubspelers nie volgende jaar vir Superrugby beskikbaar is nie.

Dit was tot nou vir Suid-Afrikaanse spelers nog moontlik om tydens die Curriebekerreeks in Japan te speel en betyds vir Superrugby terug te keer

Weens die Wêreldbekertoernooi is vanjaar se Japanse Topliga tot Januarie 2020 uitgestel. Dit duur tot Mei volgende jaar, wat beteken Japanse spelers sal die Superreeks misloop. Dít kan ook die geval in 2021 wees.

Die Bulle, Haaie en Leeus sal daarom groot belangstelling hê of spelers soos Jason Jenkins, Jannes Kirsten (albei Toyota Verblitz), Burger Odendaal (Kubota Spears), André Esterhuizen (Munakata Sanix Blues), Philip van der Walt (Canon Eagles), Ruan Combrinck (Kintetsu Liners), Lourens Erasmus (NTT Docomo Red Hurricanes) en Kwagga Smith (Yamaha Júbilo) volgende jaar na hul Japanse klubspanne terugkeer.

Selfs die Stormers sal duidelikheid by Siya Kolisi wil hê of hy slegs ’n sakebesoek by Panasonic Wild Knights afgelê het, en of hy planne het om volgende jaar vir hulle te speel.

Vermeulen-hulle het reeds vroeër hul Japanse planne bevestig.

Vermeulen het al vroeg in 2018 besluit hy gaan volgende jaar na Frans Ludeke se klubspan Kubota Spears terugkeer. Hy het die afgelope seisoen die eerste keer vir hulle gespeel.

Le Roux se kontrak verstryk vanjaar ná die Engelse Premierliga by Wasps, waarna hy ná die Wêreldbeker by Jake White se Toyota Verblitz sal agterbly.

Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39464
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 03-Mar-2019 at 11:08am
>>>Selfs die Stormers sal duidelikheid by Siya Kolisi wil hê of hy slegs ’n sakebesoek by Panasonic Wild Knights afgelê het, en of hy planne het om volgende jaar vir hulle te speel.

LOL!...'n sakebesoek nogal
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39464
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 03-Mar-2019 at 11:08am
Hy wou seker vir hom 'n Panasonic printer gaan koop in Japan?
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 2219
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 03-Mar-2019 at 11:31am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hy wou seker vir hom 'n Panasonic printer gaan koop in Japan?
LOL
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2681
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 03-Mar-2019 at 11:34am
Ons seisoen is nog nie moertoe nie, maar ek dink Swys moet nou, soos van die manne al hier genoem het, begin om die youngsters meer betrokke te kry.
Hy moet die spelers wat weggaan stelselmatig begin uitfasseer, en die jonges meer speeljans begin gee.
Die spelers wat waai moet ook openlik daaroor wees, sodat hy kan begin sucession planning doen. Dis al wat gaan maak dat ons weer groei.
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 03-Mar-2019 at 12:20pm
Andries is ver van goeie vorm, hy is op die oomblik nie rerig n reuse verlies nie...
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 2219
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 03-Mar-2019 at 12:57pm
Sal baie graag vir Combrinck op heelagter wil sien. Skosan en Tambwe kan mos regtervleuel speel. Moet ook sê, Dyanthi het geen vorm op die oomblik nie. En gee vir Simelane 'n kans op 13. Swys sal iets moet doen om bietjie byt in ons agterlyn in te bring. Dalk... 9 Dillon Smit, 10 Jantjies, 12 Vorster, 13 Simelane, 11 Skosan, 14 Tambwe, 15 Combrinck. Steeds heelwat ervaring en kan nie vrotter vaar as ons huidige agterlyn met die bal nie.
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 2219
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 03-Mar-2019 at 1:03pm
En dan natuurlik bietjie balans in die lostrio... Brink moet nou vinnig terugkom! Op slot gaan die ouens wat ons het maar net bietjie van 'n "hard egde" in hul spel moet inbring.
Back to Top
emiel1 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 30-Jan-2019
Status: Offline
Points: 521
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel1 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 03-Mar-2019 at 3:10pm
Besef dat hy nie baie gewild is op die forum nie, maar ek dink die span het Orie gister gemis (nie dat hulle noodwendig met hom sou wen nie). Hy was een van ons beter spelers in Argentinie en ook in laas jaar se finaal. 

Stem ook dat die lostrio balaans heeltemal verkeerd is. Die Bulle se kontraktering van goeie ervere "has beens" met internasionale toets ervaring is strate beter is as ons invoer van "never beens" soos Groom en Lewies. Ons is nou besig om spelers soos Franco Naude van die Bulle in te voer wat in drie jaar net een of twee keer die Bulls se begin span kon haal. Dit lyk of opkomende jong spelers soos Reynolds en Smit die voetspore van Marko Janse van Vuuren en Jaco van der Walt volg.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 04-Mar-2019 at 7:26am
Originally posted by emiel1 emiel1 wrote:

Besef dat hy nie baie gewild is op die forum nie, maar ek dink die span het Orie gister gemis (nie dat hulle noodwendig met hom sou wen nie). Hy was een van ons beter spelers in Argentinie en ook in laas jaar se finaal. 

Stem ook dat die lostrio balaans heeltemal verkeerd is. Die Bulle se kontraktering van goeie ervere "has beens" met internasionale toets ervaring is strate beter is as ons invoer van "never beens" soos Groom en Lewies. Ons is nou besig om spelers soos Franco Naude van die Bulle in te voer wat in drie jaar net een of twee keer die Bulls se begin span kon haal. Dit lyk of opkomende jong spelers soos Reynolds en Smit die voetspore van Marko Janse van Vuuren en Jaco van der Walt volg.

Duane was 'n kits kopie, hy gaan net 1 jaar vir hulle speel. En ek kan regtig nie onthou dat hy uitgestaan het in die wedstryd teen ons nie? Steeds BAIE over rated in my opinie! Schalk Brits was wel goed.

Ek stem dat Swys beter kan doen in terme van jong ouens inbring. Kyk, hy het al 'n klomp ouens caps gegee hierdie jaar, maar in die agterlyn veral kan hulle bietjie meer speeltyd kry
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2681
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 04-Mar-2019 at 7:59am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by emiel1 emiel1 wrote:

Besef dat hy nie baie gewild is op die forum nie, maar ek dink die span het Orie gister gemis (nie dat hulle noodwendig met hom sou wen nie). Hy was een van ons beter spelers in Argentinie en ook in laas jaar se finaal. 

Stem ook dat die lostrio balaans heeltemal verkeerd is. Die Bulle se kontraktering van goeie ervere "has beens" met internasionale toets ervaring is strate beter is as ons invoer van "never beens" soos Groom en Lewies. Ons is nou besig om spelers soos Franco Naude van die Bulle in te voer wat in drie jaar net een of twee keer die Bulls se begin span kon haal. Dit lyk of opkomende jong spelers soos Reynolds en Smit die voetspore van Marko Janse van Vuuren en Jaco van der Walt volg.

Duane was 'n kits kopie, hy gaan net 1 jaar vir hulle speel. En ek kan regtig nie onthou dat hy uitgestaan het in die wedstryd teen ons nie? Steeds BAIE over rated in my opinie! Schalk Brits was wel goed.

Ek stem dat Swys beter kan doen in terme van jong ouens inbring. Kyk, hy het al 'n klomp ouens caps gegee hierdie jaar, maar in die agterlyn veral kan hulle bietjie meer speeltyd kry
Duane was goed op defence en die ekstra leierskap wat hy na die partie toe bring maak n groot verskil. Hy was ook goed in die lynstane, en het telkens meer as een verdediger besig gehou.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.