The Lions next play Munster in Limerick, Ireland in the URC on 30 November 2024, kickoff is at 21:35 |
Leeus se welpies moet brul op Loftus |
Post Reply |
Author | |
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39864 |
Post Options
Thanks(0)
Posted: 25-Jan-2019 at 5:25am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-se-welpies-moet-brul-op-loftus-20190124
Die Leeus pak die Bulle Saterdag op Loftus Versfeld in ’n slypwedstryd vir die Superrugby-reeks met ’n rits nuwelinge in hul geledere. Dit is veral tussen die voorspelers waar daar heelwat nuwe gesigte is. Trouens, die slot Rhyno Herbst is die enigste speler in die agttal wat verlede jaar gereeld deel van die Curriebeker-span was. Jan-Henning Campher, wat nog verlede seisoen by die Bulle was, kry beginkans as haker, terwyl nóg ’n eertydse Bul, die stut Frans van Wyk, een van die plaasvervangers is. Nathan McBeth, ’n Junior Springbok wat ook kwalifiseer om toetsrugby vir Skotland te speel, is die loskopstut. In die agterlyn is daar veel meer ervare spelers, met die heelagter Sylvian Mahuza, wat die span aanvoer. Van die opwindende jong spelers wat saam met hom is, is Madosh Tambwe, Manny Rass, Tyrone Green, Wandisile Simelane en Gianni Lombard. Tussen die plaasvervangers is daar enkele spelers met Curriebeker-ervaring, soos die losvoorspelers James Venter en Pikkie de Villiers, asook die haker Pieter Jansen en die voorryman Danie Mienie. Vir die afrigter, Swys de Bruin, bied die oefenwedstryd die kans om van die jong talent deur te kyk en te sien wie steek hand op om vanjaar Superrugby te kan speel. Die Leeus, wat die afgelope twee seisoene in die Superreeks se eindstryd verloor het, moet vanjaar sonder staatmakers soos Jaco Kriel, Franco Mostert, Ruan Dreyer, Jacques van Rooyen en Rohan Janse van Rensburg oor die weg kom. Gevolglik sal verskeie groentjies noodgedwonge by die diep kant van die Superreeks ingegooi word. Sylvian Mahuza (k), Madosh Tambwe, Manny Rass, Tyrone Green, Wandisile Simelane, Gianni Lombard, Krappie van den Berg, Darren-Lane Landsberg, Vincent Tsitsuka, MJ Pelser, Rhyno Herbst, Ruan Vermaak, Asewathi Ntlabekanye, Jan-Henning Campher, Nathan McBeth. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Danie Mienie, Frans van Wyk, PJ Steenkamp, Roelof Smith, James Venter, Pikkie de Villiers, Bradley Thain, Eddie Fouché, Jan-Louis la Grange, Stean Pienaar, Jeanluc Cilliers. |
|
ROOIHART
Jong Leeu Joined: 13-Apr-2016 Location: Johannesburg Status: Offline Points: 494 |
Post Options
Thanks(0)
|
3 seisoene in die finaal...hoekom sukkel die media so met dit.
|
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39864 |
Post Options
Thanks(0)
|
Ja hulle gee dit effens weg dat hulle vere vir ons voel
|
|
LeeuBrul
Koning Leeu Joined: 30-Mar-2016 Location: Boksburg Status: Offline Points: 2260 |
Post Options
Thanks(0)
|
Ja nee almal dink ons Gaan ook die mees onervare span ooit he en net n klomp groentjies inspan,meeste van die spelers gaan dalk op die bank wees en impak spelers wees,niemand sien ons span is eindelik Baie gesettle.....dis net die Bulle orals en dit klink of hulle klaar die beker gewen het.
|
|
Once a Lion always a lion
|
|
Scrubba
Pasgebore Leeu Joined: 26-Jun-2018 Location: Roodepoort Status: Offline Points: 64 |
Post Options
Thanks(0)
|
So Waar, net Bulle Bulle Bulle oorals Sien uit om te sien hoe die jong laaities speel, ons gaan nog n' paar spanne lelik verras hierdie jaar as hulle dink ons gaan maklik geklop word, mark my words!
|
|
Transvaal
Admin Group Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 39864 |
Post Options
Thanks(0)
|
Ek het vir die skrywer van die artikel 'n whatsapp gestuur en hom op sy fout gewys.
|
|
PaBz0r
Koning Leeu Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2757 |
Post Options
Thanks(0)
|
Ek sal daarvan hou as ons die jong ouens nou n goeie run gee, daai momentum vat en die CC weer bietjie wen en dan volgende jaar weer amok maak in Super Rugby.
|
|
Post Reply | |
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |